Day 5 and 6 was spent by our folks at Jeffreys Bay.
Day 7 Jeffreys Bay to Oudthoorn
Van hier het ons geen verdere beplanning gehad nie. Ons sou maar net die pad gevat het soos ons elke dag gevoel het.
Die roete vir die dag het toe soos volg uitgedraai.
Jeffreys al langs die R102 tot by Stormsrivier, vandaar so kort entjie op die N2 dan weer op die roete oor die Bloukrans Rivier pas tot by Natures Valley waar ons monkey land en die voëlpark wou besoek. Van hier sou ons kyk hoe laat dit is en dan sien waar ons die aand sou slaap.
Die R102 aan die anderkant van Humansdorp.
Ons het gou ‘n toast tobie by Stormsrivier geëet, toe is dit verder na Bloukrans Rivier Pas.
Net voor die pas toe begin dit reën.
Toemaak tyd
Dele van die pas wat ons so deur die reën kon neem.
Bloukransrivier
Hiervandaan het dit meestal gereën. Nie veel kiekies kon geneem word nie. Toe ons in elk geval by Monkeyland uitkom, sien ons die belaglike pryse wat gevra word vir toegangs fooie. 'n U-turn was in orde en ons is verder met die N2 tot in George.
Pa en Kuiken
Ons was vroegerig in George en besluit om verder te ry tot by Oudtshoorn en sien of daar enige oornag plek is.
Aikona, almal is vol geboek maar ons hoor daar is dalk nog verblyf by Cango Mountain Resort, so 20km buite die dorp langs die Raubenheimer dam. Oppad soontoe sien ons die bordtjie.
Wat ‘n klein juweel. R380-00 per chalet wat vier slaap met jou eie badkamer, toilet en stort en DSTV nogals. En braai op dek, reg langs die Grobbelaars rivier. As jy stop kry elk een ‘n bier van jou keuse op die huis.
Die manne is nog in die begin stadium van die lekker plekkie. Hulle is besig met ‘n groot kampplek aan die oorkant van die rivier asook ‘n restaurant. Ek kan al sien hier kan ‘n lekker bash gehou word.
Die aand toe word daar lekker pot geëet.