DIY "AIRCON" vir jou fiets. Werk soos 'n droom

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

VroetelvarK

Pack Dog
Joined
Nov 10, 2009
Messages
61
Reaction score
0
Bike
BMW R1150GS
Op'n lekker warm dag kan 'n man begin warm kry op jou fiets daar in die son.
Ek het hierdie outjie as 'n eksperiment op my 1150GSA ingebou en kan vir julle vertel dit werk
regtig baie lekker.
Die idee is om jou arms (baadjie) en bene (broek) nat te spuit sommer so terwyl jy ry.
Dit behels 'n houer vir die water, 'n windscreen washer pompie, en 'n paar windscreen nozzles.
Ek het die pompie sommer op die toeter gekoppel (tydelik). Nou het ek'n watertoeter....op my scooter.

Die pyp kan sowat 3 liter vat. Dit hou vir sowat 30 km's. Ek wil 'n groter pyp bou wat soos die uitlaatpyp lyk.
Mooi stainless steel of chrome. Dit moet niks minder as 12 liter water kan hou.

Die pompie sit daar onder op daai swart pyp se punt. Die pomp se uitlaat is na die handlebars ge-route.
Gebruik besproeings of vistemk pyp. Kry die pomp sommer by die scrapyard.

24102010_003.jpg


Hierdie nozzles spuit 'n goeie klompie water op 'n slag. Almal is dubbel nozzles. As jy hulle reg
align, spuit jy net op kou arms, knie en bobene. Terwyl jy ry kom daar geen water op jou gesig of visor nie.
Tensy jy dit natuurlik daar wil he.
24102010_005.jpg


24102010_004.jpg


24102010_002.jpg


Ps. Hierdie fiets is in mark...https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=58418.0
 
Top