Ek is nie 'n wolf nie ma...WWHHHHOOOOOOOO!!!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 17, 2011
Messages
7
Reaction score
0
Location
Hermanus
Bike
BMW F800GS
Hello aan al die HONDE

Ek is aangenaam verras met als wat ek al hier tee gekom het.....julle kom voor as 'n bakgat klomp en my stertjie waai ook.

Ek is redelik nuut aan die biking ding...amper nou 'n jaar na ek my eerste fiets gekoop het, 'n 650 "Dakartjie" soos da vi my aangedui is.
Het met die fietsie 'n lekke trip desember Tanzania toe en terug gedoen en toe 'n kursus of twee daarna by country trax gedoen, nadat ek nou net mooi gatvol vi die bike optel storie was :drif:

Da 'n paar lieflike mense ontmoet. Een van die aangenames is die uwe See Duiwel wat toe vi my uitgewys het dat die "dakartjie" nie my tiepe rystyl komplementeer nie en dat ek iets met meer poeier kort.  Na 'n kort oorweging en baie min aanmoediging het ek toe nou vi my die 800 aangeskaf :biggrin: (wat wee later uitgewys is as 'n 800tjie)

Genoeg poeier...ek dink so ja dankie, en vi my 'n wonderlike stap vorentoe!!!! 

Ek is baie bevoorreg om nou onlangs 'n fantastiese trip na Namibie te kon doen saam See Duiwel en kie. Dit is toe nou gedurende die saamtrek wat ek aan Wild Dogs bekend gestel is. As die manne gesels hoor ek net die brakke blaf en die katte tjank.....dis toe ek vi myself se..myself hier sal ons moet plan maak om saam stert te kan swaai!!!!!!

Nou ja..voor ek jul verder verveel....dis my storie hoe ek hie geland het......HELLO ALMAL
 
Top