Mof
Race Dog
Toe ek vandag by my bike kom, is sy battery totaal pap en as ek hom probeer jump gee hy 'n EWS! waarskuwing (immobiliser/sleutel kommunikasie probleem) en wil natuurlik nie swaai nie. Ek het al gehoor die GS'e kry 'n 'EWS-failure'. Kan dit agv die pap battery wees (wat op een of ander manier afgelei het)? Of kan 'n EWS probleem die battery pap maak? Verder wat doen ek nou?