Flatout met Lindsay en Robin deur die berge ( Robin's video now added )

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Na ’n holderstebolder begin van die jaar wat ook nog ’n verhuising ingesluit het, kry ek uiteindelik weer kans om te ry. Ek , Lindsay (my dogter) en Robin Brown wat altyd reg is vir ry vat toe ook sommer onmiddelik die pad.

Hier trek ek en Lindsay voor die huis weg.
 

Attachments

  • 20150307_073920.jpg
    20150307_073920.jpg
    238.4 KB
Ons wil so gou as moontlik in die "lekker wêreld" kom en ry met mening tot anderkant Slanghoek voordat ons stop.
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 011.JPG
    Naweek Rit 2015 011.JPG
    370.3 KB
  • Naweek Rit 2015 014.JPG
    Naweek Rit 2015 014.JPG
    303 KB
Oral is daar dele wat gebrand is en die land lyk ongekend droog. Buite Ceres, wat altyd groen is, lyk dit of jy in die Vrystaat of iewers anders is.
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 016.JPG
    Naweek Rit 2015 016.JPG
    206.5 KB
Na ’n lekker kuiertjie by die Padstal ry ons Katbakkies oor Sederberge toe. Die Tankwa Padstal lyk fantasties en die gasvryheid is natuurlik soos altyd onoortreflik. Wat ’n aanwins vir die samelewing.

By Mount Ceder se koelte bome rus ons 'n bietjie.
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 019.JPG
    Naweek Rit 2015 019.JPG
    470.4 KB
By ons slaapplek aan gekom kry ek en Lindsay ’n splinternuwe tent met nuwe beddens en matrasse . Het lanklaas vir tien uur geslaap, dis amper dubbel aan dit waar aan ek gewoond is.
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 020.JPG
    Naweek Rit 2015 020.JPG
    245.8 KB
Die aand eet ons lekker en word toe ook sommer nog op die koop toe getrakteer met musiek verskaf deur ’n blinde man wat ook daar gekuier het.
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 030.JPG
    Naweek Rit 2015 030.JPG
    224.4 KB
  • Naweek Rit 2015 034.JPG
    Naweek Rit 2015 034.JPG
    111.1 KB
  • IMG-20150307-WA0010.jpg
    IMG-20150307-WA0010.jpg
    188.8 KB
  • IMG-20150307-WA0011.jpg
    IMG-20150307-WA0011.jpg
    222.6 KB
Gawe fotos, goed om julle te sien daar by Paarl de Ville  :thumleft:
 
’n Middeljarige man wat glad nie soos ’n motorfietsryer lyk nie het Vrydag met dié CX500 Sederberge toe gery. Ongelukkig het hy verdwaal, 01:00 die nag iewers geval en sy fiets se koppelaar beskadig en toe maar sommer daar in die veld oornag. Tien uur die oggend is hy eers gered.
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 024.JPG
    Naweek Rit 2015 024.JPG
    340.9 KB
Sondag oggend na ’n lekker ontbyt is ons toe met ’n ompad deur OP-Die-Berg Citrusdal toe. Loop toe twee heel verdwaasde Harley Davidson ryers raak wat probeer om Middelbergpas te ry. Hulle moes maar handdoek in gooi en omdraai. Hulle, man en vrou, is van Pietersburg en oppad Klawer toe. Wou die kortste pad ry en slaan toe sommer ’n super langpad los.........shame!

Paar foto's op dié pad.
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 046.JPG
    Naweek Rit 2015 046.JPG
    409.3 KB
  • Naweek Rit 2015 060.JPG
    Naweek Rit 2015 060.JPG
    355.4 KB
  • Naweek Rit 2015 052.JPG
    Naweek Rit 2015 052.JPG
    253.7 KB
  • Naweek Rit 2015 051.JPG
    Naweek Rit 2015 051.JPG
    221.9 KB
  • Naweek Rit 2015 047.JPG
    Naweek Rit 2015 047.JPG
    253.2 KB
1. Net voor Middelbergpas
2. Lindsay
3. My getroue ysterperd
4. Hangswewer bo-kant ons koppe
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 063.JPG
    Naweek Rit 2015 063.JPG
    326 KB
  • Naweek Rit 2015 069.JPG
    Naweek Rit 2015 069.JPG
    337.8 KB
  • Naweek Rit 2015 071.JPG
    Naweek Rit 2015 071.JPG
    353.1 KB
  • Naweek Rit 2015 074.JPG
    Naweek Rit 2015 074.JPG
    83.2 KB
Net buite Gouda is hulle besig om ’n groot Windlaaier aanleg te bou. Indrukwekkende groot goed wat vêr raak gesien kan word.
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 077.JPG
    Naweek Rit 2015 077.JPG
    251.7 KB
Hier na hang ons skuins in die wind en ry net om by die huis te kom. Net voor Paarl de Ville jaag ’n GS1200 my verby dat ek dink dis nou tyd om my forum naam na "Low Gear " te verander. Vergeet vir ’n oomblik van hom, om net ’n entjie verder deur die einste ryer gestop te word en ingenooi te word vir ’n drankie. Was nog nooit by dié plek nie en maak sommer onmiddelik gebruik van die geleentheid. Robin moet nog Simonstad toe en besluit om maar eerder verder te ry.
Wat ’n aangename verrassing was Paarl de Ville nie en toe loop ons ook nog vir Garfield en sy vriend daar raak, oppad terug vanaf Koedoeskloof.
Maar om terug te keer na my nuwe jaagduiwel van ’n vriend, hy en sy vroutjie is seker van die mees spontane en vriendelikste mense wat ek al ooit ontmoet het. Dankie julle twee, ek en Lindsay het dit verskriklik waardeer. Wens daar was meer mense soos julle.

Hier sit Lindsay by Pieter en Christel (Crazeec op forum)
 

Attachments

  • Naweek Rit 2015 079.JPG
    Naweek Rit 2015 079.JPG
    316.4 KB
En nou is ek weer terug by die huis............  :crybaby2:

Tot daar weer iets is om te pos, veilig ry!   :thumleft:
 
Lekker Flatout, sommer so 'n naweek rit.  Kerels, maar ons land is nou kurkdroog, waaragtig  :eek:
 
Top