Gaan Bietjie Rondry - WC - Don 21 Maart - Brunch sien reply # 26

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
38,536
Reaction score
3,263
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1150GS
Die een oomblik beplan ek nog so lui lekker trip en vanoggend val al die dominoes in plek en ek koop 'n bike. Nou's ek oppad Kaap toe vlg naweek om hom te gaan haal, draai gooi by die WC Bash en dan huistoe kuier. Life's a BEEECH  :ricky:

Ek het lankal 'n lus om die naweek te ry... eers sou dit die Airhead Gathering wees, maar toe word ek uitgeskop(verstaan nie hoekom nie) Toe dink ek KZN of WC Bash. Maar ek is lus vir ry, nie sit en kuier nie.

BarryC vra my toe om hom 'n roete Wes te gee, en ek gee hom toe ou bekende paaie. Intussen noem iemand die Buff en ek was 20 jaar laas by een.

So kom die idee toe... net 'n lui lekker ry. Ek het losweg 'n bestemming, maar as ek nie daar uitkom nie is dit ook OK. Ons gaan net ry. So veel as moontlik grondpad.

Hier is die gedagte:

1. Don - 21/3 - PE - Baviaans - Uitspan
2. Vry - 22/3 - Uitspan - Ladismit - Koedoeskloof
3. Sat - 23/3 - Koedoeskloof - Mosselbaai - Buff
4. Son - 24/3 - Huistoe ?
5. Maan - 25/3 - ?

Ek het die 25ste ook afgevat ingeval ek lus het om nog te ry. As jy niks het om te doen nie, kom ry saam... heelpad of net vir 'n dag of twee. Ek sal seker op die ou XT wees so die plan is 'going nowhere slowly'.
 
Top