Geelkaart virre broodwinner

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,051
Reaction score
61
Bike
BMW F650GS / Dakar
    Die laaste paar weke het dit maar dik gegaan hier by my.(werk vir myself) Op die besluit ek om vandag n slag vir Cutting Torch uit te neem vir n trippie.Toe sy met die oggendkoffie instap,gee ek haar 3 roete-opsies vir die dag.Baie dankie,maar sy is bang haar seer skouer pak op en beduiwel my dag.OK,dan los ons dit maar.O nee,jy gaan op jou eie ,want as jy hier bly,loop die masjiene kort voor lank weer.Ry na Veldbrand se plek,eet iets en koop sommer vir ons n slag kaas op Ladismith.Dit klink vir my soos n GEELKAART en ek is die broodwinner.Kyk,dis nie maklik om n man te wees nie.Dis 150 km. oor rowwe terrein,in wind en weer ,maar nou-ja,n geelkaart is n geelkaart.
    Ek het al my flikker aangesit vir die Ouberpad,toe besluit ek daarteen en hou die teerpad na Barrydale.Koffie by die Country Pumpkin.Ontmoet daar gawe egpaar wat van Middelburg oppad is Vredenburg toe na hul dogter op n bielie van n bike.
 

Attachments

  • Topklas.jpg
    Topklas.jpg
    188.9 KB
  • Egpaar.jpg
    Egpaar.jpg
    156.4 KB
    Intussen stop daar n ander biker met sy seuntjie agterop.Hulle eet ietsie en ons begin gesels.Die wild dog wereld is klein.Dis BLIKNERS.Hy besluit om saam te ry tot by Veldbrand.Ek ry vooruit en sal by die Plathuis -afdraai wag,want sien die ou Funduro het so ietwat van n headstart nodig op die V-Strom.Ek kry kans om n foto of 2 te neem.By Veldbrand aangekom,verneem ek dadelik of ek al n bier kan geniet op sy nuwe lisensie.Jammer my ou maat,neem maar liewer vir jou paar vars appelkose en los my bier.Kyk, Veldbrand is streng en hys groot.Dis toe maar appelkose en n burger vir my.Blikners vat koffie en toe val hy en kleinman (baie oulike knapie) in die pad terug Swellendam toe.
 

Attachments

  • Waarheen.jpg
    Waarheen.jpg
    152.4 KB
  • Grumpy.jpg
    Grumpy.jpg
    206.3 KB
  • Myne Joune.jpg
    Myne Joune.jpg
    78.3 KB
Lekker man Bokveld, maar daai soort burger en appelkose? Klink soos 'n seker resep vir spuitpoep.
 
    Na my verpligte kaasaankope,val ek in die pad Vanwyksdorp toe,maar n liederlike suidewind demp my entosiasme en ek besluit om terug te swaai op die Laingsburgpad en maar via Ouberg terug te gaan na Montagu.Die weer begin mooi opsteek na die noord-weste en dit lyk of ek dalk n paar druppels gaan kry.Vat die Voorbaat pad om na Vanzylsdamme se kant toe.Die Buffelsrivier loop dieper as wat ek vermoed ek word lekker nat.My volgende stop is voor Kareevlak en ek neem n paar fotos terug na Ladismith se kant toe, waar die weer begin donker word.By Kareevlak maak ek n bietjie tyd op om die laaste herhinderinge van Makkadas vas te vang:Die laaikraal , platvorm ,dwarsleers,kool-as.....en net gedagtes van n tyd toe daar nog treine was.Ek dink weer terug aan die Sondagmiddag toe die stoker vir ons wors en eiers in die stookgraaf gebak het by hierdie einste siding.
 

Attachments

  • Touw.jpg
    Touw.jpg
    112.1 KB
  • Kareevlak.jpg
    Kareevlak.jpg
    107.5 KB
  • Koutjies.jpg
    Koutjies.jpg
    265.8 KB
  • Verlate.jpg
    Verlate.jpg
    87.6 KB
  • Wag.jpg
    Wag.jpg
    171.1 KB
    Die son begin sak ek ek stoot weer aan,want die huis is nog 50km. ver.Ek Sien ou Ronnie kry kompetisie,ou poffie kom bietjie uit na n bui reen en n boorman wat nie kanse vat nie.Toe sak ek Ouberg af en my geliefde vallei le daar onder aan die voet van die Langeberge.n Geelkaart op sy tyd,bring weer orde op die veld.Toe ek vanaand halfsewe by die huis stop ,was Veldbrand en Cutting Torch op die punt om n soekgeselskap uit te stuur.Ek verdwyn soms van die radar af.
 

Attachments

  • Kompetisie.jpg
    Kompetisie.jpg
    145.3 KB
  • Poffie.jpg
    Poffie.jpg
    238.7 KB
  • Boormasjien.jpg
    Boormasjien.jpg
    147.7 KB
  • Kulula.jpg
    Kulula.jpg
    190 KB
  • Ouberg.jpg
    Ouberg.jpg
    113.1 KB
Mooi fotos, behalwe die een met satan se kind. Dit is wanneer ek leer wheelie.

En nice bike ook. Myne ondergaan nou full commute en touring transformation.
 
Really nice RR of a scenic outing.  You certainly know your area very well! Thanks.
 
So 'n geelkaart-solo trip is darem net wat mens nodig het!

Wat maak Oom Kallie daar...... by daai sex shop?  :peepwall:
 
Smaak my jy bly op die rooi carpet!!!?
Was self Saterdag by die Veldties. Gawe plek en mense. :thumleft:
 
Baie nice  :drif:  :drif:
 
Mooi ry. Ek val dalk in vir 'n koppie koffie vlg Maandag  :thumleft:
 
jupiter said:
Mooi ry. Ek val dalk in vir 'n koppie koffie vlg Maandag  :thumleft:
Pasop vir sy hond met die oorspronklike naam van .........................................................Wit!!!!
 
Nice Ride report Oom Kallie  ;)  :thumleft:

Bliknêrs is 'n ou frint van my. Dis nogal nice dat julle mekaar daar raakgeloop het.
 
Lekker gekuier Kallie en dankie vir die ondersteuning. Nice trippie maar daai poffie sal my laat poefies....
Ja sorrie ek kan op die stadium net klippe verkoop in ruil vir biere maar die appelkose is darem vir die volgende paar weke mahala en soet. Daarna sal dit perskes en dan druiwe wees.
Ook goed om te ontmoet Blikners. Sien hopelik binnekost weer.
 
Nice Bokveld.
Daardie foto van die boormasjien het my nou vol herinneringe gesit - Dit was 2 jaar van my lewe wat ek gedoen het as jong man 8 'jumper drills' op skofte geloop daar waar die Venetia diamantmyn nou is.
 
    Dankie vir al die positiewe kommentaar.Dis altyd lekker vir my om die deel van die Klein-karoo met mense te deel.Dit gaan maar deesdae taai met skaapboerdery in die Montagu-karoo,want jakkals en rooikat baljaar op die omliggende wildplase. Bly vir my lekker om daar deur te ry,want dit bring soveel herhinderinge van my kinderdae terug.Net jammer n mens hoor nie meer Makkadas se fluit tussen die rantjies en klowe nie.
 

Attachments

  • Montagu-karoo.jpg
    Montagu-karoo.jpg
    170.1 KB
    Moenie bekommerd wees nie Blikners.Ek en jy en Kleinman gaan een aand binnekort ons tente op daai vlaktes staanmaak.
 
Top