Google Earth voorspel nie die weer op Limietberg nie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse my mede willehonne

Verskoning vir die fotografie, ons sê maar die lig was nie reg nie, so lees maar.

Weens werkverpligtinge en gelukkig ook verlofverpligtinge moes ek die afgelope naweek die beplanning vir die Uitsig Animal Rescue Farm se ontbytlopie begin vasmaak, en om laasjaar se roete bietjie te wysig was die plan.

Twee saterdae gelede gaan ry ek toe bietjie oor Du Toitskloofpas, en stop ek op die heel boonste draai. Dis toe dat  ek die paadjie wat daarbo uitkom (wat nog altyd my in my oor laat krap het)van bietjie nader kon aanskou. So 20 meter  van die uitkykpunt af was vier rastafariers besig om te beoefen dit wat hulle watookal doen met hoenderboudjies en groengoud, en ek vra toe vir hulle, “nou kjerels, waarheen lei hierdie paadjie jou….”
Hulle antwoord:  “tot daar onder in die teerpad, meneer, Hawekwa Road” en daar en dan besluit ek om hom die volgende week in te werk in my planne.

Ek gaan soek hom toe die week op op Google Earth (ek het mos nie map-source nie) en hy lyk toe heel aangenaam op die satelietfoto.

Nou al wat ek basies wou weet is hoe om op hom te kom, hoe sy toestand lyk, of ek oor niemand se grond sou ry nie, of niemand my met n geweer en boerboel sou agternasit nie, en of ek n groep van bykans 40 fietse kan begelei op met die berg op hierdie manier, sonder om my eie gat te sien.

So ek beplan toe n Saterdag rondrits, in en om die Paarl, en ek bekyk die weervoorspelling. Getroue golfweather.com het my mos nog nooit in die steek gelaat nie……..”8am: light chance of showers, 12pm: cool overcast…..” en so gaan dit aan. Mens is geneig om net daarna te kyk, en dis mos oraait, maar mens neem nie graag in ag dat dit vir n hele week katte en honde in die Kaap gereen het nie.
 
Volgende soek ek na n ry-partner vir die dag, want ek vat nie sommer vreemde enkel bospaadjies aan sonder bystand nie, so op kort kennisgewing, en met die reen wat val op die dak moes ek laasweek paar ouens vra of hulle nie lus is vir saamry nie.

Ek stuur toe ‘n e-pos uitnodiging aan drie trawante wat nie sommer nee sou sê nie, Garth Hewitt, aka Geel Kameel, Red Adventure (wat tans met ‘n Stormers kleure 1150GS ry) en Hayleyscomet.

Hayleyscomet was nog bietjie te heilig op daai nuwe steenkoolgrys 1200GSA scooter van hom, en het eintlik reeds gesinsverpligtinge gehad. Hy het ook die weer dopgehou, en dalk weens ervaring geweet waarvoor hy homself sou inlaat…….so hyt uitgebail, ek sou ook, as ek geweet het ek gaan daai pragtige nuwe fiets vuilmaak.

Red Adventure het weer die storie so gekyk en besluit die Kaap is nie koud en nat genoeg na sy sin om te gaan ry nie, toe vat hy eerder ‘n toergroep op Tankwa Karoo toe waar dit behoorlik koud en modderrig was. Charl, ek wag vir jou ride report oor die Tankwa!!

Dit laat dus vir my met Garth, wat altyd lus vir ry is en positief is, al praat hy dikwels oor sy goed geoefende duik-en-rol tegniek wat hy al ‘n paar keer moes toepas, veral in plassies modder, wat omring is met sand…….

Maar stiptelik om 09h00 Saterdagoggend staan die Geel Kameel by Joostenberg Engen vir my en wag, in die fyn motreen, dit sou ons nie afsit nie. Garth lig my toe in dat hy nognie regtig nat grondpad vantevore gery het nie, en ek verseker hom dat ons dit sou rustig vat.
 
Ek blaas toe my bande af, en sê toe, ek sal voor vat. En indien enige paadjie gevaarlik glad sou wees, kan ons mos altyd die paaie los wat ons ken, omdraai, en met die teerpad langs ry tot by die Nederburg pad en die roete gaan uitkyk.

Omdraai?

Dis nie ‘n woord wat ons Afrikaners ken nie. Ons is toegerus met ‘n ingeboude one-way GPS pyl wat altyd wil weet wat gaan aan anderkant die miershoop aan. Ons is soos Carel du Plessis en Nuweland se hoekvlag, gefokus.  Die Loftus Versveld voorvaders het nie na hulle vanaf Umtata af noord oor die Drakensberge in 1838 getrek het die wêreld vanaf Van Reenenspas bekyk en toe besluit, nee wat, se moer hiermee, ons gaan terug Transkei toe nie.

So ons draai toe af by Klipheuwelpad, en regs op Protea/Hoopenburg, en daarna links op Eenzaamheid. Plek-plek is dit maar snotterig en ek kan voel die nuwe Heidi wil-wil so afentoe links uitkom, maar ons vorder mooi tot later op die anonieme dwarspaadjie wat uitkom op Hoogstede Pad. Van hier af ry ons agter-Paarl, tot by Mcdonalds in die Paarl, want daai Breakfast Sausage Mcmuffin dingetjie in daai melerige scone geneuk is darem net vrek lekker. Hier het ons ook gekyk na hoekom ons eerder besluit het om nie die Sharks vs Crusaders game by die huis te kyk nie.

Hier kon ek die vrou laat weet eks veilig, (vuil en gelukkig) en Garth kon sy bril skoonmaak en ‘n entsjie of twee deurwerk.

En toe is ons uit na Hawekwa Road.

Die eerste 50meter was van daai borriegeel, klei papperysel, maar ons kom daardeur en die eerste vier of so kilometer lei ons deur pragtige plase (met bordjies van Spertekens, Boerboelkoppe en Gewere langs die pad) totdat ons deur die mis en motreen deur ‘n hek kom wat sê: “Limietberg Fire Station”, en onmiddelik sien ek op die prentjies geen motorfietse wat ‘n rooi streep deur het nie.

Dit aanvaar ek as ‘n welkom. Die pad op tot hier was maar glibberig en ek stel voor ons ry eerder verder op, as af. Deur die bosboustasietjie bereik ons na ‘n paar los klippe ‘n vurk in die pad, en ek kies die regterkant, want ek onthou so iets vanaf Google, maar was ook nie seker nie (sorry Garth dat ek jou nou eers sê). Dit lei jou na die denneplantasie, waarin jy gaan zig-zag tot jy bo is. Google Earth gee my ook geen aanduiding van hoe steil dit is nie, en daar is ook geen Street View op sulke plekke nie.

En so klim ons, en klim ons, en ek konsentreer hard op die tegnieke wat ek so min oefenkans voor kry. Daai 1150 Adventure hou my egter aan die glimlag, want ek kan bekostig om stadig oor die klippe en modder te ry, daai Boxer klouter daai berg uit teen 1800revs, en die Remus pyp laat hom klink soos ‘n Lister, en solank as wat jy nie spin nie, gaan jy mos vorentoe.

Op van die skerp draaijties het ek stilgehou om vir Garth te wag, ek kon sien die man is nervous, maar hyt vasgebyt en ek wag nie lank vir hom nie, dan slaan daai oranje lig weer uit so deur die wolke. Op hierdie draaie was dit so glad van die dennenaalde en klei dat ek op die saal sit, met voete op die grond, en die agterwiel dans onder my (die naaste wat ek ooit aan ‘n burnout attempt sal kom).
 
So in die tweede helfte op teen die berg is dit tyd vir eerste rat ,en weereens, die 1150 GSA met die lae eerste rat luier die berg uit asof mens parkering soek tussen die Harleys voor Kalfies op ‘n saterdag, en toe bereik ons die einde van die bome en ons gaan hou stil voor die snotterigste plas modder wat ons nog sou teekom.

Hier het Garth geskimp om om te draai, maar toe ek die helmet afhaal toe hoor ek ‘n lorrie bykans bokant my kop……ons was nou letterlik baie naby aan Du Toitskloofpas, en dus, die einde van die roete.

Meteens trek die wolke ook weg, en kon ek die vyf treurige kiekies hieronder neem. 

Ons taak was egter nie verby nie, ons weet nou ons was op die regte pad, maar die enigste manier uit was om hom te voltooi. Ek het Kringe in ‘n Bos laas in matriek gelees, nou was nie die tyd vir eersterangse ervaring nie.

Ons stap toe so ‘n lang syfer 3 se afstand met die pad aan, en dit lyk rof, baie rof, plek-plek nat-Baviaanskloof-rof, ons werk lyne uit en besluit om die een laaste go te gee, laaste kilometer.

Hier het ek my handlebars harder vasgehou, en net aangehou met so 25meter voor my kyk. Slote, gate, modder, los klippe, steil bult, nee wat, die 1150 het nie 2000revs gesien nie, maar wel heen en weer gebokspring by tye.  Voor ek my kon kry was ek op die aftrekplekkie, en trek ek ‘n streep op die grond van lekkerkry. Nou moes Garth nog net uitkom.

Daai 10 sekondes het lank gevoel, maar met bewende knieë was hy ook bo. Ek dink sy sigarette was al aan die brand voor die bike afgeswitch was, en die man was ‘n bietjie gespanne, maar seker ook net verlig. Hy was onmiddelik op die foon na sy vrou, wie ook een van die dae ‘n aktiewe Wilddog forumlid sal wees.

Ons het ‘n nat Hawekwapad met die “motorhomes” gery, sonder enige insidente, sonder enige opleiding, net twee awesome bikes, en twee Afrikaners met “moer voort bravade”

Ons verdict op die pad? Hys sleg, ons gaan hom nie gebruik vir die hondelopie nie. Sorry.

Maar die oggend het lekkerder uitgedraai as selfs meeste lang naweekreise, en dit alles in ons agterplaas, minder as 50km van die huis af. 

Dankie BMW vir julle lekker bikes.

Dankie Garth vir die saamry, hoop jy sal my weer vertrou.

Dankie aan ons Hemelse Vader vir die natuurskoon wat ons soveel veiligheid kon geniet.

Nou ja, hier volg my fotografie…… nou gaan julle seker kliek op “New Replies”

 

Attachments

  • P1010068.JPG
    P1010068.JPG
    38.8 KB
  • P1010069.JPG
    P1010069.JPG
    83.6 KB
  • P1010070.JPG
    P1010070.JPG
    71 KB
  • P1010071.JPG
    P1010071.JPG
    82.6 KB
  • P1010072.JPG
    P1010072.JPG
    49.5 KB
Lekker  :thumleft: Daar is darem niks lekkerder as jy so 'n stukkie pad wat jou talente troef oorwin het nie.
 
Like jou skrywe Lem.
Wanneer kom jy die screen haal?
 
Hi Louis! Gooi hom broer!

in 'hindsight' moet ek se: dit was moerse fun....my bene bewe nou nog!

dankie vir die lekker trip en ewe goeie report.

Ry daai ding! :thumleft:
 
Ahhh Garth my Buddy ...welcome to the Forum and happy 1st POST

Brother Louis a great Ride Report boet.....must still vertaal some of them Clutchie Words  :thumleft:

Immmmm soooo Glad I didnt get my New baby dirty with you that day....HAHAHAHA Kidding

Thanks for the invite ....next time make sure its not on a day that the Sharks will be loosing....I did go out after and did manage some MUD.

C u guys soon.

Ps Breakfast was lekker
 

Attachments

  • IMG_5312.11.jpg
    IMG_5312.11.jpg
    158.6 KB
Klink lekker Lem :thumleft: .Ek en jy en Chris moet so draaitjie ry as jy weer die kant toe kom.Bring sommer vir Stofdonkie saam,dan maak ons 'n foursome!
 
Frannarossi said:
Klink lekker Lem :thumleft: .Ek en jy en Chris moet so draaitjie ry as jy weer die kant toe kom.Bring sommer vir Stofdonkie saam,dan maak ons 'n foursome!

klink reg met my, Francois. ons kannie hierdie bikes verkoop of laat staan nie, hulle is awesome.

sal laat weet of dit dalk voor jaareind sal gebeur, andersins, defnitief Desember. Ek het laasjaar soos n hond in n kennel gevoel toe ek in Stilbaai was, en my bike in Bellville.. dis verkeerd
 
Lekker Louis! Sonder die rygoed van ons sal ons ook nie sulke voorregte, om sulke "special" plekke te sien en te beleef, altyd he nie. Baie lekker RR
 
LEM, ek moes net weer hierdie RR met heimwee gaan lees het...
Mis jou op die stofpad. Mooi loop. :thumleft:
 
Dankie Garth

ja daai dag sal ek nooit vergeet nie.

Ons gaan beslis weer die stofpaaie platry, dalk gouer as later. Die tyd vlieg verby. Ek sit met meer roetes en trips uitgewerk in my kop wat net wag vir my om op te daag. 

Om dit te kon doen, is iets wat ek moes offer, sodat ek die lewe vandag kan hê wat ek en Anmar tans het. So ek weet dit sal weer vir my teruggegee word, van Bo af.
 
Lem said:
Dankie Garth

ja daai dag sal ek nooit vergeet nie.

Ons gaan beslis weer die stofpaaie platry, dalk gouer as later. Die tyd vlieg verby. Ek sit met meer roetes en trips uitgewerk in my kop wat net wag vir my om op te daag. 

Om dit te kon doen, is iets wat ek moes offer, sodat ek die lewe vandag kan hê wat ek en Anmar tans het. So ek weet dit sal weer vir my teruggegee word, van Bo af.

That's the spirit! :thumleft:
Hou die blink kant bo en ry daai ding! :ricky:
 
Kan julle daai roete gee op n google earth of iets. Ek wil dit probeer. Ek wil al lankal dit doen. Daar sal beslis lekker roetes wees deur daai plantasies tot by Toits kloof pas.
Ek het n idee waar dit is.
Het al self al n paar keer die hawekwas pad geneem en ook deur daai plantasies tot by die die perdeskoen in Wellington gery waar ek bly.

Het al by Bains ook van die pad af gery na die plantasies in sulke weer. Het my stert af geval op daai modder toe my wiele begin gly en ek briek. Daai boonste klei laag het nie baie water nodig om snotglad te wees nie!


 
Thanks Kaspaas, maar dit klink my jy ken daai wêreld beter as ek.

Daai dag was erg reneirg en mistig. Ek onthou as jy Hawekwa opry en by die brandweerstasie deur die hek gaan het ek regs gegaan van die huisies om. Daar was iewers weer n vurk in die pad, en ek dink ons het weer regs gegaan, opwaarts in die plantasie. Daarna was dit n geval van zigzag deur die rye, elke 200 meter of so se klim kom daar 'n pad van links of regs waarby jy aanlsuit, ons het elke keer net die een gevat wat opwaarts gaan. Toe ons deur die bome breek, het ons besef ons is nou letterlik onderkant Du Toitskloof.

dalk moet jy vir Geelkameel vra of sy sielkundige nie iets van die roete op rekord het nie?  :pot:
 
Top