Gou-gou...`n trippie deur die paradys!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

bosparra

Race Dog
Joined
May 5, 2011
Messages
648
Reaction score
0
Location
Barberton
Bike
BMW R1200GS Adventure
Donderdag-aand....weer die kroeg se skuld! Ek en Pieter beland saam, gatvol na `n moeilike dag, in Mario`s. `n Lekker rustige watergat vir die, not so young anymore...m.a.w, rustige musiek, vriendelike kroegmeisies, geen kaksoekende jong laaities nie en yskoue wat jy ookal drink. "Hoe lyk dit Pieta, ek is nie lus vir werk more nie?". Die man is duidelik in dieselfde bui as ek."Waarheen ry ons?" vra hy. Ek kan gou iets reel om nie Vrydag te werk nie, ongelukkig moet ek Saterdag-oggend vinnig ingaan winkel toe om iets met my landkoning te bespreek! Gaaf, ons settle vir`n dagtrippie.
 

Attachments

  • Barberton-20130222-00884.jpg
    Barberton-20130222-00884.jpg
    98.4 KB · Views: 275
Top