Gou gou Om Lesotho... of iewers heen

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
13,374
Reaction score
2,363
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Die langnaweek het ons beplan om Vryburg toe te gaan na my suster op die plaas. Vrou en skoonma en pensioenvreter met bakkie en ek en Francois met die S10's
Ongelukkig het hulle ander verpligtinge die naweek so ons kan nie plaas toe nie.

Vanmiddag kom my seun Francois hier aan nadat hy die hele week in Zambia gewerk het.
So sit en praat ons oor 'n lekker koppie Sabie Valley Koffie.

Nou ja wat gaan ons daai naweek doen ?

Wel se ek, jy weet ek kon nie National Bash toe gaan met my motorfiets omdat ek my hand operasie gehad het, en nadat jy so lekker met jou XT500 daai berge gery het moet ek my beurt ook kry.

Daar en dan is die nodige TOESTEMMING van die baas verkry (kos my wel 'n vliegtuig kaartjie Australie toe na haar sussie volgend jaar Junie/Julie) maar die moeite werd as ons bietjie kan gaan ry.

Dus ons beplan Vrydag oggend vroeg Brakpan te verlaat met die VINNIGE Wit S10 voor en die stadige Blou S10 agterna.  Weer Joubert's pas en kyk of on Rhodes kan haal.
Dan so kuier kuier tot by Underberg.  Volgend oggend Sani OP en AF.
Dan daai Waterval by Mooirivier vir hom te gaan wys......miskien kan JohnW ons die ander pad ook wys.
Dan die tonnel pad tussen Ladysmith en Van Reenen en dan huistoe.

Kom NAWEEK !!!!!!!!!!!!!!!!!!!   :ricky: :ricky:
 
Top