Groot Marico - Die Dorpie wat ek nie eers geweet het bestaan nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Herminator

Race Dog
Joined
Sep 19, 2012
Messages
618
Reaction score
0
Bike
Yamaha XT 660 Z
Omtrent so 2 weke terug het ek begin soek na iewers om op my eie te ry,
al my bike buddies is almal weg, ek wou nie te ver gaan net ingeval ek weer
my gat sien nie

Maar ek was prepared met Tubes en Tireweld en Telefoon nommers as daar moeilikheid
is maar soos dit mos gaan, as mens voorbery vir sulke goed dan gebeur hulle nie

Ek het die roete op die forum gekry, om in my nuwe tweedehandse gps gesit en daar gaan ons
Jammer oor die min foto's maar ek het meer gefokus op die ry as die kiekies neem

Die Roete wat ek gery het
Marico_zpsa6cab729.jpg


 
Daar was 2 redes hoekom ek hierdie trip wou alleen doen, 1 om my kop reg te kry en 2 om op my eie in my eie gemaksvlak
my bestuursvernif te toets en te verbeter

Ek is n "recovering drug-addict" wat vir meer as 10 jaar met dwelmverslawing gesukkel het, die details agter dit is n lang
storie vir n ander tyd, maar ek het weer begin twyfel in my nigterheid en vir die laaste 2 maande het ek harder probeer om
God in my lewe te laat werk, ek is op die oomblik 20 maande skoon.

Dis die rede agter die kop reg kry, Rede nommer 2 is van self sprekend, hoe meer skill hoe meer vetroue hoe lekkerder ry jy :)

Ek wou al die 26de ry maar toe reen dit, Toe ek 27nde wakker word reen dit weer, Ek sit toe en wonder of ek in die reen
moet uit, maar bike in die reen is nie my gunstelling ding nie, Gelukkig toe die 28nste skyn die son, en ek Pak my Motorfiets vir die trip

IMG_1212_zps9fc4b736.jpg


 
Nou dis maar die 2de keer wat ek my bike pak vir oornag, en julle sal later sien( Of die ou WD's sien al klaar dat ek
n foutjie gemaak het)

So dis Wimpy by Magaliesburg toe vir n R20 Breakfast en n Groot Glas coke( Die son het toe al mooi begin looi)
Ek skakel toe die GPS aan en begin die pad volg, N bietjie aan die begin gesukkel met die navigasie maar toe uiteindelik
verstaan en toe ly hy my na die eerste grond pad

IMG_1217_zps93ee17dc.jpg
 
Ek klim toe die Grond pad,
Staan op die pegs(Vir die mythical COG Lowering) en laat loop

Stadig eers, 40, toe 50, toe 60 to 70 toe 80 kphs ek begin smile want lyk my die lesse
wat hulle my by country traxx geleer het werk mooi

Ek stop toe vir n bietjie water, my Backpack met my water was vas gestrap met bungie aan die res van my luggage
Toe ek afklim toe sien ek, O donner my backpack is gone, ek back track toe seker vir n halfuur opsoek na die backpack
Ek se toe vir myself, nog 10 minute as ek hom nie sien dan is hy maar seker weg

So minuut of twee later toe sien ek hom daar op die Horison
IMG_1218_zps88d254e4.jpg


Toe is dit eers tyd vir die water breek
 
Telefoonnommers sou jou in elk geval nie baie gehelp het nie - daar is nie oral sein in daardie geweste nie!

Ek hou jou RR dop.... O ja, dit is ThysBasson se geweste daai, hy is so 20?Km van Marico af.
 
So toe leer ek my eerste ding toe daar in die middel van die dag
Moenie jou luggage horisontaal of dwars vas maak nie, lyk my die
bike wikkel heen en weer meer as op en af, Toe ek hierdie begryp
en toe weer vas strap met die slaapsak en tent parralel met die tassie.
Sorry geen fotos van die new and improved pak nie

Die GPS vat my toe tot by Derby, waar ek sous ingooi en sien dat ek skade het
IMG_1221_zpsd51e15d8.jpg


Lyk my die donnerse sak het die flikker afgemoer
Ek het die flikker toe probeer super glu en tape, maar hy het iewers met die gehop heeltemal
afgebreuk, Nou moet ek met n Janaury salaris n flikker koop  ::)
 
Ry toe tot in Koster spot n wimpy en daan order n toasted sandwich,
Toe stap n ander adventure biker daar in, die man het al die pad van Swakopmund Gery
met sy GS Adventure, gesels toe lekker met hom, en se ons totsiens en val toe weer in die pad

Ry toe van Koster af en volg die GPS maar donner, daai pad is in n kak toestand
jy moet n bakkie, 4x4 of tenminste n Dual sport het net om die pad te ry

Net voor die Turnoff na die volgende stuk grond pad sien ek hierdie graffiti

Ek lag toe en moes n foto neem
IMG_1223_zps7dad4f3b.jpg


Hier is n voorbeeld van n "ANC" Slaggat
IMG_1225_zps91127b59.jpg


Een van honderde van die selfde grote, Dog amper dit is die Groot Marico Dam :)
 
Die volgende stuk grond pad het toe mooi begin raak
baie meer challenging met dips en draaie, dit het by konsentrasie geveg
so dit was nie tyd vir fotos neem nie

Hier is darrem 2 vir julle
IMG_1226_zpsacbb6680.jpg


Ok ek sien hierdie een het die new and improved pak tegniek in
IMG_1227_zps252aa901.jpg
 
Al wat ek weet is dat die ANC lekker grondpaaie maak :)
IMG_1228_zps52d8948c.jpg
 
Ry toe met die Grondpad en hy ry reguit in Groot Marico in

Stop toe by die Marico Moon en kry n lekker Gemmerbier
Ek is van kop tot tone nat gesweet, daai laaste stretch het my lekker moeg gemaak

IMG_1231_zps3ab41bc2.jpg


Nou die plan was om by die Marico Dam Kam terein te gaan kamp, Ek klim toe weer die bike en na n stukkie teer
is dit weer so 15k's van grond pad tot by die Dam, Teen hierdie tyd is ek lekker gemalkik met bree grond pad

Kom toe by die Dam aan, kom toe agter dat ek nie cash het nie, en dat daar nie kos daar is nie, as ek wil aandete he
moet ek terug gaan Marico toe

Ry toe weer by die Dorp in, terug op die 15k's grond pad, Gaan trek geld en ry weer deur wat ek verbeel my ek het n inligting
sentrum bord gesien, jy sien teen die tyd is n nie meer lus vir Tent opslaan nie, ek wil net shower en my twat suit uit trek

Hier ontmoet ek toe vir Santa, n baie vriendlike tannie, So praat toe met my en recommend die Djembe Backpackers,
Lyk my daai Tannie ken elke blyplek in die dorp, en jy moet maar net se wat jy soek en dan sal sy die regte blyplek vir jou aanbeveel

Ek kom toe by Djembe aan, Hulle wys my my kamer, baie smart (Geen kiekies) en vra of ek honger is
Ek se ja, hulle se toe cool hulle gaan nou begin braai

IMG_1240_zpsda167025.jpg


Na n awesome stort en lekker gesels met Louis en Jolene skep hulle toe vir my n bord kos wat op n Sondag
hier by ons gemaak word

Magie Vol Ogies Toe

 
Raak wakker toe ek die deur oopmaak wag hierdie bende skerminkels vir my
IMG_1235_zps72b0089f.jpg

Die groot een is die bende leier, die ander 2 vat hulle orders van hom af
As hy jou Tone probeer pik dan wil die Ander ook jou Tone pik

Kry toe koffie en beskuit en begin praat met so ander Mal Tannie en Nice oom van Newcastle af
Praat toe lekker en ek gaan explore toe Marico toe, Die plan was om na die ry terug te ry huis toe

 
Santa van Bart? Jy kan maar sê sy is die Goewerneur van Marico, of ten minste die Minister van Toerisme daar. Wat sy nie van Marico weet nie, moet nog gebeur!
 
Kom toe terug by Djembe aan, toe se Mal Tannie ons gaan swem
ek moet saam,
Dit was so donners warm dat ek toe saam Stem
Hulle vat my toe na Rooikrans swemplek toe

Jy stap so deur die bome dan sien jy dit
IMG_1241_zps7801ec3f.jpg


Nou ek is n Stads Japie through and through en ek kan nie onthou waneer ek laas in n rivier geswem het nie
IMG_1243_zpsb91a55e7.jpg
 
Na die swem gaan sit ek toe onder die bome, en dis toe ek weer saligheid
vir my siel voel

Die heeldag lank is ek omsingel met mense wat vriendlik en n rustigheid in hulle het
Besef toe daar dat die dinge waaroor ek worry klein is in vergeleiking wat ek ontvang het
vandat ek die here gevra het om my te help met my probleme

IMG_1244_zpsbc83bb22.jpg


Toe ek daar wegstap is ek weer ge-recharge, hulle is almal toe bly dat ek besluit
het om nog n aand te spandeer,  Dis toe lekker kuier om die vuur en stories en grappe
vertel en n maal word voorgesit wat  Vrydag aand sin soos n appetizer laat lyk

 
Mooi wêreld daai. Lekker om jou RR te lees.  :thumleft:
 
Toe ek wakker word toe voel ek my rug is nie kwaai nie (Vorige Val) ek
Kidney belt toe, Kry nog koffie en beskuit, Groet almal en vat die sissie pad huistoe

Ek dink nie ek het al sulke gasvryheid ervaar nie, almal met wie ek gepraat
het was vriendelik en besonders helpvol, Die rit was net wat ek nodig gehad het

Groot Marico was n baie aangename verassing


 
Herminator, dit was goed om jou RR te lees dankie. Groot Marico is 'n fantastiese plek. As jy weer daai kant toe wil ry laat weet, daar is BAIE om te sien.  :thumleft:
 
Lekker RR! Dankie  :thumleft: Ek voel ook lus vir 'n solo trippie een of ander tyd en dit klink na 'n lekker plek om te gaan.
 

Latest posts

Top