How we got "cheated" on Verneukpan

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Status
Not open for further replies.
Was ‘n emosionele lees...sterkte Zander...jy lyk na ‘n sterk en positiewe man.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dankie vir die skrywe Jaco en ja jy moet dit skrywe want dit help. Sterkte vir die pad vorentoe vir julle almal.
 
Dankie vir die deel, julle sal v hieraf vorentoe in my gebede wees.

Mag die Here homself in hierdie tyd aan julle openbaar, sodat julle sy liefde daagliks sal ervaar.
 
YOH.....ek volg Zander se herstel van die begin af op jou Whatsapp groep Jaco maar hier is baie goed wat jy nog nie voorheen gedeel het nie. Moet baie vat om dit te sit en skryf en die fotos by te sit en hoe julle gevoel het op daai staduim.

Gelukkig werk ek van die huis af want ek sit ook nou en tjank.

Sterkte vir julle en Zander en dankie dat jy die skryf en met ons deel.
 
What a soul wrenching story 😢 All of the best to you, your son & family.
 
Yoh... The bare emotion of this read is heart wrenching. There is a lot of dust in my office now  :'(

I cannot imagine what you must feel as a father in that situation nor what he must have gone through lying there for so long.....

God bless you all!!!
 
Shew! I read this through watery eyes, all the best to your son, a brave lad for sure and the best of wishes and strength to you and the family.
 
Baie dankie dat jy so onselfsugtig julle  kind se ongeluk met ons almal deel..

Soms is dit nodig om te weet dat daar so veel ander mense daar buite is wat julle pyn deel en wil help waar hulle kan.

Jou seun is 'n fantastiese  mens om te reageer soo hy het,en dit net nadat hy in 'n baie baie lewens gevaarlike ongeluk was.

Ek wens net die beste sorg en beterskap vir Zander toe en ek sal julle altyd in my gebede hou.

Ek wil graag hê jy moet vir Zander sê ek sê hy  is regtig 'n fenomenale persoon en 'n ware inspirasie vir my !!!! :thumleft:

Baie sterkte en groete aan Zander en die res van jou familie. :thumleft:

 
Ai. Die trane loop sterk. Baie sterkte vir jou, Zander, en die hele gesin. Julle is 'n baken van hoop en 'n inspirerende voorbeeld vir mense wat julle nie eers ken nie.

Sent from my SM-G780F using Tapatalk
 
WOW !!! Ek Volg nog heeltyd hoe dit met Zander gaan, maar om so te sien hoe die ongeluk gebeur het laat die hare rys.
 
En dankie Jaco dat jy gepost het. Dit moes pyn gevat het, maar as jy een lewe daardeur kan red deur ons twee keer te laat dink, is dit dit werd.
 
Zander, ek weet nie self hoe die uiteinde van hierdie vir jou lyk nie, maar ek wil vir jou die volgende sê: Where human reality and possibility ends is where God's kingdom starts operating...  Al voel dit seker nie nou vir jou so nie het ek n gevoel dat hierdie die begin van n ontsettend opwindende hoofstuk van jou lewe is  :thumleft:  Baie seën en vrede vir julle.
En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.
ROMEINE 8:28 NLV
https://bible.com/bible/117/rom.8.28.NLV

Manne, die boodskap is vir Zander en sy gesin.
Indien enigiemand anders dit nie verstaan nie, of nie saamstem nie - los die comments eerder asseblief of pm my
 
Sjoe Jaco! ek kan net dink hoe moeilik dit vir jou moes wees om dit te skryf en te deel, maar ek glo dit is belangrik om dit te doen. Zander is 'n besondere positiewe jong  man en ek kan sien waar hy sy krag vandaan  kry. Jou skrywe het my in trane.
Baie sterkte met die pad vorentoe, vertrou op Die Here om julle as gesin, maar in besonder vir Zander deur hierdie uitdagende tyd te help. Ek volg Zander se vordering en sy positiwiteit en aanvaarding is merkwaardig.
 
Ek het in my tyd al 2 stories gelees op Wd's waar die trane loop, en hierdie storie is een van hulle.

Ek en Milly wens julle alle beterskap toe en ons glo dat die Liewe Vader jul as 'n familie sal behoed en bewaar.  Ons glo ook dat Zander gesond sal word.

Dankie dat jy dit met ons gedeel het Jaco - kan nie dink dat dit maklik was nie.

Groete.

 
Sterkte Jaco, Zander en die res van die gesin.

Hierdie is 'n "tough" ene, maar ons glo die dinge sal uitwerk soos wat die Vader beplan het.  ;)
 
Ai chomma, die was seer om te skryf en lees, maar soos tevore gese dit is deel van gesond word. Jou en Lizel se opvoeding, liefde en voorbeeld leef uit in Zander! Sterkte met die gesond word, dit sal tyd vat en daar sal baie aanpassings wees. Loop elke dag netsoos julle doen terwyl Hy julle lei, ons bid vir volle genesing as deel van Sy plan. Dankie vir jou terugvoer op w upp. Groete
 
What a story. Long way to go. Wishing you all the strength along the way. Thanks for sharing, I hope it eases the load.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Wow, what a story to read. My eyes are blurry from tears! :'( :'(
I am so sorry that this happened. Strength to you and your family
 
Status
Not open for further replies.
Top