Die 12km teerpad na Herbertsdale het plek plek gras wat deur die pad groei met sulke lang sweeping draaie laat my verlang na die zx12. Vir n slag ry pappa smurf ook soos n ordentlike mens hierdie stuk teerpad. Ek hou maar die spieel dop want hy het die gewoonte om verby te kom op sy agterwiel. Mamma smurf demp definitief sy wheelie vernuf. Herbertsdale is maar n stillerige dorpie wat onstaan het as n duitse sendingstasie en so met die deurry le selfs die honne en slaap, hulle blaf nie eers vir ons in die verbygaan nie. Anderkant Herbertsdale ontvou Cloetespas. Hierdie gedeelte is definitief n vekorte weergawe van die baviaanskloof. Dit is pragtig met uitsigte oor die valleie. Ons ry hier verby Dwarsrivier gasteplaas wat n sign het wat se bukers pub. Ek hou maar mooi dop dat katvis of pappa smurf nie by die indraai insluip nie want dit raak laat en die tyd raak min. Hierdie pas was ook die omgewing van bloubaard swanepoel wat in die middel 1800's hier geboer het. Hy het ook bekend gestaan as die "grimm reaper van attaquaskloof" wat sy werkers voorgele het nadat hy hulle betaal het, die geld teruggevat het en hulle dan vermoor en by een van die vele kranse afgegooi het. By die Gouritsrivier kruising is die uitsigte asemrowend met n kompleet betonpaadjie wat die krans uitklim tot bo. Van raak die paaie bietjie platter met n gemiddelde spoed van 120km + aangesien die padoppervlak soos n teerpad is. Net die skelm draai hier en daar bring jou terug met die "oh shit" gedagte.
In Barrydale stop ons vir petrol en n koeldrankie met onweerswolke wat saampak en n sterk noordweste wind. Hie waarsku mense ons dat daar n sterk reenstorm uit die kaap se kant oppad is. Stroedel wil summier inboek en oorslaap maar maandag roep so ons val dapper in die pad en durf die sterk dwarswind aan. Ek spandeer meer tyd in die regter as linkerbaan en die nuwe knobbly voor op die 990 help nie baie nie. Op Montagu trek ons reenklere aan en nie n minuut te vroeg nie. Annerkant robertson deur die berg cutting waai die wind die 990 in die aankomende baan in met n 18 wheeler wat van voor af kom. Ek weet dat net stroedel se gebede agter my ons red om afgespuit te word van daai lorrie se bullbar met n pressure washer. Nou is dit maar n redelike ongerieflieke rit tot by die huis in die halfdonker met reen en wind en dit is met verligting wat stroedel by die huis afklim. Ek moet erken dat sir lowry's pas maar versigtig en voel voel afgery is.
Net aan my maters wat saamgery het weereens n onvergeetlike trippie vir die boeke en ek vergeef julle vir die uitskellery oor die stof en die gps wat sou nou en dan verkeerd ry.