KOëS RALLY and BEYOND 😎

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ek lê nou hier in die bed met my koffie en kwyl so vir daardie mooi skaapvleis ek sal moet beddegoed was!
Ander mooi wêreld daardie.
Bitter mooi wêreld die Kalahari, as jy eers op daai plaas was sal jou hele uitkyk oor die Kalahari verander. Maar dis die wonder van die natuur, als is mooi. 👍
 
And then some of her Gemsbuck and Springbuck she keeps in a separate camp on the farm.

17.JPG
18.JPG
20.JPG
21.JPG
22.JPG
23.JPG
 
Great ride report! Wants me to pack and go to Namibia again.
 
Dankie vir die reisverslag en mooi foto's van daai fantastiese wêreld! (y) Wonder of mens 'n sidekar vir 'n Teneré kry...
 
Dankie vir die reisverslag en mooi foto's van daai fantastiese wêreld! (y) Wonder of mens 'n sidekar vir 'n Teneré kry...
Thx, Woody het 'n sidekar op sy S10 gehad, ons wou ook oorspronklik, maar die man wie ons sin gemaak het, het nie kans gesien vir dit nie.
 
VA hoe kry die 503 se boere hul vee by die grootpad? Treilers? Gn lorries sal daar kan in behalwe n ou Kwê 100.
 
VA hoe kry die 503 se boere hul vee by die grootpad? Treilers? Gn lorries sal daar kan in behalwe n ou Kwê 100.
Treilers Chris. 👍👍

Wat veroorsaak daai drop handle horings by die gemsbokke?
Ek weet twee was beseer toe hulle klein was, een by haar oorlede man en die ander een in die kampdraad.

Maar ek het 'n vermoede van hulle is maar soos @dookie seg, te min ander dogterkies. 🤔 Tyd dat ons gaan skiet, maar sy wil niks weet nie. 🤦‍♂️

O ja, vergeet om te noem, daar is paar trofee oukies onder daai troppie. (y)
 
B L I K S E M

Die is nou lekker. Sommer vroeg was oom Vis Links voor en die antie moes bestuur sien ek.

Stunning pics van 'n mooi wereld. Daai skaap is 😍😍😍

Dankie vir die deel
 
Treilers Chris.

Hel petrol Cruiser se sleepjob!! Loop daai plase tot teenaan die Botswana grens?
 
If you see these signs, take note, something is happening on the crest of the dune or on the other side of that dune. :eek:
View attachment 782838
Vat jy my nou darem baie jare terug. Ek en 'n pêl van Johannesburg gaan jag by my vriend Thys Swart wat in Koës bly. Hy het die Algemene Handelaar daar besit. Ons is 2 uur die oggend weg uit Johannesburg en jaag vir 'n vale on regdeur te ry. Ons kan mos altwee bestuur. Ons ry met my VW Polo en ons roer daai arme 1600 se gat.

Besluit ook sommer ons gaan die agterpad vat. Die grondpaaie is mos baie goed. Daar iewers tussen Aroab (ek dink dis Aroab, geheue is effe vaag) en Koës loop ons nou al 'n lekker 120 - 130 op die grondpad. Die pad is mooi al is dit grond. Die Polo sit lekker op die pad en ons is gemaklik. Amper daar. Dis toe dat ek een van daai bordjies miskyk en ons gaan oor daai duin lekker vinnig. Die pad draai so effe en dan is daar 'n hek. Lang storie kort, die kar het vele kere getol en van die pad af gegly. Ek het wraggies niks getref nie, behalwe to die kar daai sandwalletjie langs die pad tref en oorgly stamp dit altwee die wiele se bande van die nawe af. Daar sit ons, seker so 80 kilos van Koës met twee pap wiele en een spaarwiel.

Ek en Danie, die pêl wat saam is het solank altwee die wiel afgehaal en besef ons kan niks vir hulle doen nie. Toe sit ons maar daar, elkeen op 'n pap wiel en drink 'n biertjie of twee om oor die probleem te tob. Ons was nog net op ons tweede bier toe sien ons doer vêr kom 'n bakke. Dit stop by ons en kan jy nou meer? Dis Thys se vrou oppas van Upington af. Ons kom toe saam haar Koës toe ry.

Die kar het 8 dae net daar gestaan terwyl ons gaan jag en kuier het. Na die jag het ons met Thys se bakkie gery en die kar gaan haal. Dit staan toe nog net soos ons dit gelos het daar.

Ai! Ek hijack nou jou storie, maar die foto het goeie herinneringe wakker gemaak.
 
VA hoe kry die 503 se boere hul vee by die grootpad? Treilers? Gn lorries sal daar kan in behalwe n ou Kwê 100.
Ons gebruik ook treilers Chris.

My Nic wa laai so 8-10 speenkalwers of tot 80 speenlammers op 'n slag. Dit klink min, maar mens skuif 'n klomp vee in 'n redelike kort tyd en jy laai sommer in die veld by die kudde se waterkamp of kraal. As ek nie duine oppad huis toe het wat ek moet oor nie, het ek sommer nog so 10-12 lammers op die Cruiser ook gelaai.
Dis hier waar ek redelik oortuig is dat 'n Hilux nie die pyp sal rook nie, maar dis dalk 'n debat vir 'n aparte fret.

Dis alles beter as om met die kuddes huis toe te moet trek, af te keer of uit te vang en dan weer terug te trek kampe toe.
 
Top