Kort RR - Ladismith tot Brandrivier

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,900
Reaction score
1,038
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Ek het vroegoggend wakker geword met een ding in die kop:  daar sal dringend moet stofskoeter gery word vandag.  Die uitputtende hitte van die laaste paar dae het my gou laat besef dat enige aksie vroegoggend sal moet plaasvind, en ek's daar weg met 'n bottel water en 'n blikkie bier.

Na ChrisL se onlangse trippie waar hy vir Johantjie 'n skooltas geneem het, moes ek eenvoudig gaan kyk hoe daai area van nader lyk.  Ook was daar 'n afdraaipaadjie wat ek al my lewe lank dophou maar nog nooit gery het nie: dis rofweg tussen die Plathuis/Touwsberg afdraai en Ronnie's, en volgens die kaart sluit hy weer by die Plathuis pad aan.  Groot was my teleurstelling egter toe ek skaars 200m van die teerpad af by 'n geslote hek moes omdraai.  Rofweg vertaal het ek verlangs iets soos "verdomp" gemompel terwyl ek die GSA se neus weer omgedraai het.

Gou het die vroegdag hitte reeds 'n droë kol in my keël begin vorm - ek hoop Ronnie's is al oop vir 'n koeldrank (as hulle so iets het!), maar veiligheidstralies het die inhoud beman.  Reeds natgesweet vind ek 'n kraan by 'n buitetoilet, maar toe spinnekop se kind plus 'n paar stukkies nesmaakgoed daar uitspoel maak ek liewer net my kop en gesig nat, en begin drink maar solank aan my botteltjie noodwater uit die tailbag.

'n Kort teerpad verder draai ek links af by die Brandrivier bord, en stop vlugtig om die ABS en ASC af te skakel - tyd om te doen waarvoor ek gekom het, en dis om lekker grondpad te ry!  Soos dit enige GS ryer betaam staan ek op en die koel wind van voor bring lafenis.  'n Pragtige pad deur 'n plek-plek groen vallei bring my eers tot by die Gysmanshoekpas se afdraai regs, en skaars 100m verder draai ek op die eerste pad noord in die rigting van die Miertjieskraaldam.

Verleidelike (en misleidende!) draaitjies kronkel tussen die bar koppies deur, totdat die Brandrivier begin skou met sy groen rivierwalle.  Na 'n hek of drie se oopmaak kan ek weer gesig natmaak by 'n laagwaterbruggie, en merk dat daar sommer 'n natuurlike kampterreintjie daar naby is - sal moet uitvind wie se grond dit is!

Net toe ek wil regmaak om die volgende hek oop te maak, word ek voorgespring deur 'n "sekuriteitswag" - dis Johantjie.  Ek gesels vlugtig met hom en sê dat hy moet mooi leer volgende jaar met die skoolsak wat Oom Chris vir hom gebring het, en hy glimlag breed terwyl hy met kopknik beaam.  Ook sy ouers en vriende waai vriendelik vanuit die skadu van 'n klein koelteboom.  Dis harde wêreld dié.

Die paadjie kronkel steil uit en word plek-plek los met slegplekke - mos nes ek daarvan hou!  Deurentyd word ek vermaak deur die ongelooflike vergesigte vanwaar ek hier nou bo-op die koppies ry, maar sak kort daarna af in die valleitjies - die dam moet nou naby wees.  Ongelukkig besef ek na 'n bietjie rondsoek dat die hek wat ChrisL gelukkig was om oop te vind, vandag gesluit is.  Nietemin was dit 'n besondere stukkie pad wat ek beslis weer sal kom ry.

Vandaar ry ek teerpad terug en draai links af by Ockertskraal op die Baviaanskrans/Buffelsdrif grondpad.  Die vorige keer was dit seepglad van die modder hier, maar vandag is dit lieflik en kort-kort word die Duitse perde bietjie kragvoer gegee.  'n Paar sanderige driffies en uitgespoelde spore verder ontdek ek uiteindelik die plek om daai alleenloper bier van kant te maak - 'n rivierlopie onder digte doringbome.  Ongelukkig is 'n bier van in die 30ºC nie my idee van plesier nie, en na twee slukke is dit net sy skuim wat op die droë spoelsand oorbly.  Afgesluk met die res van my water keer ek huiswaarts via Vaalbank en Grootrivier.  Daar's mos immers "regte" bier in my yskas!
 

Attachments

  • Ronnie's - Nog toe.jpg
    Ronnie's - Nog toe.jpg
    148.7 KB
  • Brandrivier area.jpg
    Brandrivier area.jpg
    180 KB
  • Brandrivier pad.jpg
    Brandrivier pad.jpg
    143.1 KB
  • Brandrivier vallei.jpg
    Brandrivier vallei.jpg
    176.2 KB
  • Afdraai na Miertjieskraal.jpg
    Afdraai na Miertjieskraal.jpg
    174.4 KB
  • Mooiweer en warm.jpg
    Mooiweer en warm.jpg
    143.2 KB
  • Weggesteekte vallei.jpg
    Weggesteekte vallei.jpg
    175.1 KB
  • Brandrivier - lyk na lekker kampplek!.jpg
    Brandrivier - lyk na lekker kampplek!.jpg
    133.4 KB
  • Bruggie oor Brandrivier.jpg
    Bruggie oor Brandrivier.jpg
    147.7 KB
  • Baviaanskrans - Ockertskraal area.jpg
    Baviaanskrans - Ockertskraal area.jpg
    164.3 KB
Lekker geskryf Jan, jammer ek kon nie saam ry nie maar moes gaan goete haal om te "tan" op die Nuwe Jaars vure en het toe sommer besluit om uit daai einste 37 grade te vlug vir die dag in die algemene rigting van McNasty's. Met tye het die komper in die kar vandag gemeen dis 44...
As gin siele hier opdaag vannaand nie is ek bok vir 'n draai vroegoggend.
Laat weet.
 
Jy was braaf om vandag te ry Jan.
Eish hy was warm :dousing:
 
Hi Jan, ek pak more my perd se saal om biekie deur te kom daar na die warm Klein Karoo toe, Kersfees in Cbl soos altyd. Ek behoort daar te wees tot kort voor nuwejaar. Ons moet maar kyk wat maak die weer en die lus vir ry in die hitte as ek daar kom.
 
Veldbrand said:
Lekker geskryf Jan, jammer ek kon nie saam ry nie maar moes gaan goete haal om te "tan" op die Nuwe Jaars vure en het toe sommer besluit om uit daai einste 37 grade te vlug vir die dag in die algemene rigting van McNasty's. Met tye het die komper in die kar vandag gemeen dis 44...
As gin siele hier opdaag vannaand nie is ek bok vir 'n draai vroegoggend.
Laat weet.
Berty77 said:
Hi Jan, ek pak more my perd se saal om biekie deur te kom daar na die warm Klein Karoo toe, Kersfees in Cbl soos altyd. Ek behoort daar te wees tot kort voor nuwejaar. Ons moet maar kyk wat maak die weer en die lus vir ry in die hitte as ek daar kom.

Ja Chris dit was een van my warmer trips die! Maar lekker in elk geval, wat is die Klein Karoo dan nou sonder sy hitte?

Veldbrand en Berty: het vanmiddag familie gekry wat paar dae bly plus ek werk so aan en af tussendeur, maar dalk so teen volgende naweek lyk dinge weer goed, ons drie moet sommer saam 'n draai ry?  Veldbrand dit was jammer jy kon nie saam vandag nie, ons vat hom weer volgende keer.
 
    Ons het mekaar gister net-net gemis.Ek en Cutting Torch het n oefenlopie gehad,Cloetespas deur tot by ChrisL.Toe ons terugkom,was Brandrivier warm en die suid-oostewind  lastig.Die les wat ek geleer het ,was dat sy wel 470km. op n dag kan ry,maar dan is sy nie meer so vriendelik nie.
 
Veldbrand said:
:imaposer: :imaposer: :imaposer:
Niemand raak vriendeliker in daai hitte nie.
Ons kruip al weer weg vandag en bly liefs bymekaar want as daai sonnetjie vir jou alleen vang....
Seksieleiding in die veld op Oudtshoorn.
Kom Bobbert met middagete by my verbygestrompel. Hy is so n spastiese, vlymskerp, skreeusnaakse vent.
Hy mompel heeltyd terwyl hy loop vir homself Engels Afrikaans Engels Afrikaans.
Ek roep "hey kom hier wat gaan met jou aan"?!!!!
Hy kom halt op sy spastiese manier voor my en verduidelik dat hy ou Spikes probeer bullshit dat hy eintlik
twee mense is want as hy uitvind hy is net een brand hy hom vrek!!!! :imaposer: :imaposer:

Ek kon maar net lag!!!
 
Jammer ons het gemis Oom Bokveld, sou nou 'n verrassing gewees het!  Was self vandag gou by ChrisL aan op pad see toe, lieflike plek wat hulle daar het met pragtige uitsigte.  Ook baie mooi aan die oorkant van die rivier, ek't met daai pad vandag teruggekom vir die eerste keer.

Oppad terug het die kwik op 39'C gaan draai in die Ockertskraal area, en kort daarna het hy drasties geval tot so 30'C soos ek in 'n donderbui ingery het.

Maar ja, amper 500km in hierdie temperature is 'n lelike afstand!
 
Ek sien daai GS het darem biekie stof gekry. Hy was oujaars/nuwejaars so skoon, Beemerman so trots op jou gewees het!
 
;D Ja die manne begin my al spot oor my fiets wat so skoon is, dis darem nie van min ry nie, eerder van baie was! 
Ek het nog nie vir Beemerman ontmoet nie - is hy 'n showroom fanatikus? :peepwall:

In die ±4 maande wat ek die fiets het het ek so 4000km al gery (seker 70% grond), en ry nie werk toe met die fiets nie.  Dis maar naweke en dagtrips, die Ai-Ais bash sal my eerste ver trip wees - sien baie uit!

 
Top