Le-soontoe toer 6-14 April 2012

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ons is 11 toer-lede met 9 bikes wat hierdie rustige Lesotho toer gaan aanpak.

Riebeeker               BMW 1200GSA
Riebeeker se vrou Pillion
Fixer BMW HP2
Hummingbird Honda AT  (enigste honda in die groep, tiepies vroumens wil altyd anders wees)  :peepwall:
Commited BMW 1200GS
Biker Chick Pillion  Het ontrek weens omstandighede!
Stofdonkie BMW 1150GSA
Country Gal BMW X Country
Moonhicken BMW 650 Dakar
Pierre (Broer) BMW 650 Dakar
Hilsa (Skoonsus) BMW 1200GS
Pote                        BMW F800 GS

Dag 1 (6 April) Goeie Vrydag.
Ons gaan met die N1 noord tot by Prince Albert Road waar ons dan afdraai en deur Prince Albert ry tot by Willowmore en dan noord met die N9 tot in Graaff Reinette waar ons dan oorslaap.

Dag 2 (7 April) Saterdag
Ons ry verder noord met die N9 tot in Middelburg en dan deur Styensburg na Molteno en vandaar na Dordrecht deur Rossouw tot in Barkley-Oos waar ons weer oorslaap.

Dag 3 (8 April) Sondag
Hier wil ons die Wartrail pad vat (Tiffindel New England road) oor die Kaaimans rivier en Lundin's nek pas al die pad op teen die grens en dan by Lower Telle gaan ons Lesotho binne deur Mohale's hoek en gaan ons oorslaap by Malealea lodge.

Dag 4 (9 April) Maandag
Vandag vat ons die "agterpad" tot by Ha Ramabanta Traiding Post waar ons weer gaan oornag.

Dag 5 (10 April) Dinsdag
Die dag wil ons gebruik om te rus en wasgoed en bikes na te gaan, maar ons gaan darem ry tot by Semonkong en die Maletsunyane waterval besoek en weer terug tot by Ha Ramabanta Traiding Post waar ons nog 'n nag oorbly.

Dag 6 (11 April) Woensdag
Vandag gaan ons terug op die A5 noord en neem ons die A3 regs na die Mohalesdam wat ons gaan besoek en dan verder tot by die Katsedam waar ons gaan oornag.

Dag 7 (12 April) Donderdag
Vandag ry ons al langs die Katsedam noord op die A25 tot waar ons by die A1 aansluit en hier draai ons regs en gaan by Fouriesburg uit en dan ry ons tot in Ficksburg waar ons by Thugscub se plek kom waar hy vir ons slaap-plek gaan aanbied.

Dag 8-9 (13-14 April) Vrydag en Saterdag
Hier gaan ons nog besluit watter roete ons terug gaan neem aangesien sommige se g@tte dalk seer gaan wees en kortpad wil vat en ander miskien nog by familie wil aangaan op pad terug.

Die totale toer sal so plus minus 4 000km wees.

 
Top