Leeuhart en die Donkie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ek weet dis n voorreg en n seëning om tyd soos die met my kind te spandeer.
Meeste van die mense waarmee ons langs die pad gesels het, het dit bevestig.
My hoop is dat die herrinderinge blywend sal wees vir hom ook.
 
Ek geniet jou skrywe Blikners en sien uit na die res :thumleft: 
Dis voorwaar n voorreg om so saam met jou seun te ry. My Pa het so jaar terug, op 71, eers begin motorfiets ry en nou het ons al so paar 1,2,3 dag trips gedoen - goeie tye
 
Die nag is hard en onrustig. My gebeendere wil nie lekker hulle lê kry op die klein joga matjie nie. Uiteindelik raak ek aan die slaap.
Aidan is nie so gelukkig nie. Daar is bobbejane naby aan die kamp wat hom uit die slaap uit hou. Hy is dood seker hulle probeer in sy tent inkom. Hy Whatsapp my om harder te snork dalk verwilder dit hulle. Ek kry die Whatsapp eers die volgende oggend. Daar is nie spore in die kamp nie. Hy was onnodig onrustig.
Ek is vroeg op, want my gewoonte is om n entjie te gaan draf. Teen 8 uur is ek terug en gestort en kan ek nie meer uithou nie en begin geraas maak. Ons breek kamp op. Eet n paar Eats sum mores met koffie. Ons beplan om deur te druk oor Rooiberg tot by Kobus se Gat vir oggendete. EK gaan betaal en soos dit maar gaan as iemand wil ry, raak ons aan die gesels. Gawe mense by Opi Oewer ek sal weer n draai gaan maak.

Aidan is vinnig uit die blokke toe ons uiteindelik ry, en vat die pad Ladismith toe. Ek sit en wag maar geduldig by die Rooiberg afdraai dat hy terugkom. Hy stop langs my en sê droogweg dat ek maar kan voor ry.

Rooiberg is pragtig. Te gou is ons bo. Op die plato is die pad sleg met baie los klippe. Ek verloor my water (Aidan tel dit vir my op en sit dit in sy rugsak. Hy weet nie daar is n gat in nie en teen die aand is al sy goed in die rugsak nat - en my water op). Ek ry voor en as ek sien is die 150 maar weer op my gat. Ek wys hy kan maar ry. Ek is nie lus vir neerslaan nie en ry maar rustig aan. Die pad anderkant af is ook maar klipperig. Ons ry kort voor lank in Calitzdorp in. Eers moet ons n kafee soek want ons het ons seep in stort vergeet. Die eerste been van elke dag se ry is vir my, onder andere, n geleentheid om te dink wat ek alles vergeet/verloor/verlê het en dus by die volgende dorp moet koop. So koop ek maar n paar sjokolades en koeldrank ook. Ook in Calitsdorp behoort die kafee aan n uitlander. Daar is n SPAR oorkant die pad wat ek volgende keer sal ondersteun. Dan gaan maak ons vol en kry 3 manne hier. n Versys 300, n DR650 en n CRF450. Hulle waai net van ver af en vat pad. Ons sou hulle later weer raakloop.

Daarna ry ons op die grondpad verby die dam op die Groenfontein pad. Sekerlik nog een van my groot, groot gunstelinge. As ek eendag hier n plekkie kan kry om op die stoep te kan sit sal ek tevrede wees. Maar die pad is nou en die mense ry maklik aan jou kant van die pad, so ons moet wakker wees. Aidan ry voor en nie lank nie of hy is weg voor. EK het hom gewaarsku ons moet links draai by die bord wat sê Cango Caves maar dat die bord laas die slagoffer van n brandewyn oopsie was en in die veld gelê het. EK het die afdraai onthou en is daar af maar die ander twee manne wat saammet my was het nie en is reguit aan. Hulle het in Oudsthoorn gaan draai en ek het baie lank vir hulle by Kobus se Gat gesit en wag.
So wag hy by elke pad wat links draai vir my.

Ons kry die regte pad. Die bord is weer staande. Ons ry verby Kruisrivier waar ek en Operator presies 2 jaar terug lekker gekamp en gekuier het. Dan verby die Swartberg natuur reservaat. Baie van die staanplekkies bring herrinderinge terug. Hier het Frans met sy DR Big in die sloot in gery en harsingskudding opgedoen sodat ons die kele naweek vir sy vergeetagtigheid en simpel opmerkings/vrae kon lag. EK onthou nog hoe verbaas hy was om n bike soos syne met bagasie net soos syne voor die kafee in Gamkaskloof raak te loop. Toe ons hom vra hoe hy daar gekom het, weet hy nie. Ander plekkies het ek al koffie gemaak. Dis lekker. Ek ontspan soos n mens net op n motorfiets kan ontspan. Die pad is goed maar plek-plek is modder stukkies wat darem al droog is maar ons kan sien hoe die rygoed gegly het. Dan is dit verby. Teerpad.

Dis nie ver na Kobus se Gat toe nie. Ons is honger.

Ons ruil weer motorfietse. Die 150 ry lekker op die teerpad maar die sit gedeelte is nou baie klein want ons 5L petrol sak is op Calitsdorp volgemaak en nou ook tussen die baggasie ingedruk. Ek sit maar net stil op my eie juwele om ongemak te verminder. Die stukkie teerpad is gou verby want die 150 loop lekker 90-100 en dis die 650 se lekker spoed ook.
 

Attachments

  • IMG_5769.jpg
    IMG_5769.jpg
    152.4 KB
  • IMG_5770.jpg
    IMG_5770.jpg
    174 KB
  • IMG_5771.jpg
    IMG_5771.jpg
    150.2 KB
  • IMG_5772.jpg
    IMG_5772.jpg
    142.4 KB
  • IMG_5768.jpg
    IMG_5768.jpg
    217.6 KB
vlg
 

Attachments

  • IMG_5773.jpg
    IMG_5773.jpg
    143.6 KB
  • IMG_5774.jpg
    IMG_5774.jpg
    179.9 KB
  • IMG_5775.jpg
    IMG_5775.jpg
    199.4 KB
  • IMG_5776.jpg
    IMG_5776.jpg
    113.9 KB
  • IMG_5777.jpg
    IMG_5777.jpg
    192.5 KB
Soos gesien kan word op die laaste foto was die weer n bietjie van n bekommernis.
Dit sou n groot rol speel in die res van die dag, en die volgende dag, maar op n baie positiewe manier!
 
Gawe mense by Opi Oewer ek sal weer n draai gaan maak.

Lyk vir my julle het by Frannarossi se plek gekamp. :thumleft:
 
Baie kosbaar om so trip saam met jou seun te doen.
 
Janee, beide my seun en ek sal al ons trippes vir altyd onthou. Ek sit en lag nou die aand toe ek hoor hoe vertel hy vir sy girlfriend hoe sy Pa hom met 'n motorfiets stewel in die nag inni tent gegooi het, oorlat hy lê en sy tande kners. Hy het intussen opgehou om snags sy tande te kners...  :imaposer:

Mooi ritverslag Blikkies, dis duidelik julle het 'n heerlike tyd gehad. Jou rustige aanslag met die ryery en al die gedoentes wat daarmee gepaard gaan, staan my ook baie aan. Vat die tyd sodat die herinneringe klinklaar is, en nie net 'n blur nie. Die beste kiekies word met mens sy eie oë geneem.
 
By Kobus se gat staan die 3 bikes wat ons in Calitsdorp gesien het ook voor die deur. Ek is binne besig om te bestel toe die manne verby gestap kom. Ons groet en hulle hou verby. Toe ek buite kom staan hulle met Aidan en gesels. Hulle vra hoekom is sy motorfiets so vol gelaai en of dit dalk al sy Pa se bier is. Hy moet bietjie kyk, word daar geskerts. Hulle raak ernstig toe ek vra waarheen hulle op pad is. Hulle was op pad Hel toe maar het nou, op grond van die weer besluit om verby te hou. Daar word groot reen voorspel en hulle wil nie daar in en uit sukkel nie. Dis nuus vir my. Ons kan die wolke sien op die berg en weet dit kan dalk bietjie reen, maar as die manne dit wil afstel agv die reen moet ons dalk tweekeer dink?
Ek gaan gesels met Kobus. Ja sê hy, daar is reen aan die kom. Tot Woensdag toe, en sommer heelwat. Ek kyk op, YR en dit word bevestig.

Ek begin koud kry en gaan soek n trui om onder my baadjie aan te trek. Die drie manne staan by ons motorfietse. Ons gesels bietjie oor XR's en DR's ens. Een vra waar ons vandaan kom en sê sy Pa bly op Swellendam. Toevallig ken ek sy Pa goed en het net die vorige dag met hom gestaan en gesels, so kan ek hom op datum bring met die ou kêrel se welstand.

Oor n lekker ontbyt en n koppie of twee boeretroos besluit ons om maar te ry. As ons vasreen in die kloof dan is dit maar so en bly ons langer. Dit klink vir my nogal aanloklik want ek is regtig moeg gewerk na n harde jaar. Ek gaan maak reg met Kobus en na n kort geselsie vat ons pad. Swartberg uit. Die opporvlak is nou oorgedoen en daar is niks meer van die klip banke wat ek laas beleef het sigbaar onder die bo laag nie. Ons ry baie lekker en vinnig vinnig is ons bo.

Ons neem n paar fotos by die uitkykplekkie maar die mis is dik, jy kan nie veel sien nie. Ons ry oor die kruin sonder om te stop. Dis mis is dik so dis koud en sinneloos om te stop. Anderkant af. Die heerlike kronkel paadjie tot by die Gamkaskloof afdraai.

Dan begin die pret. Daar is klippe. Baie klippe.
Ek weet die eerste stuk is so maar vandag voel dit of dit net nie ophou nie. Die bouval wat halfpad aandui kom na wat baie lank voel. Die 150 is voor en laat hom nie stuit nie. Op n stadium is die twee heel van die pad af want daar kom n ryding van voor af wat nie plek maak nie. Hulle ry deur n sloot. Dis net arms en bene en bagasie wat rond hop. Dan swik die hele motofiets hard na regs. Ek skrik my lam. Die jokkie kry die spulletjie op n manier onder beheer maar toe is hy op die tweede sloot en die hele proses word herhaal. Hulle gaan maak n draai in die veld en kom terug op die pad waar hy summier n lekker wheelie trek. Ek dog. As dit nou ek was het ek eers moes stop om tot verhaal te kom en die ergste bewerasie onder beheer te kry.

Ons sukkel aan. Die pad is sleg, maar darem nie lewensgevaarlik nie. Ons haal n Prado in. Hy stop in die middel van die pad. Twee mense klim uit. Die vrou sien ons aankom en praat met haar man. Hy skud sy kop, hy gaan nie sy blink ryding uit die pad uit trek vir ons twee nie. Ons sukkel om verby te kom. Die klippe is nog meer en groter langs die pad.

Kort daarna is daar die paar driffies en ons stop by een. Dit begin nou weer warmer raak. Dis moeilik om te glo nie lank gelede nie het ons truie gesoek!

Ons bereik die laaste stuk, waar jy afsak in die kloof in. Ons stop so paar plekkies vir fotos en ry later deur die hek. Aidan maak so n MM93 buiging toe hy daar deur ry en is weg voor. Ek kry hom later by die kafee waar hy vir my sit en wag. Ons gaan in en raak aan die gesels.

Ja daar is baie reen op pad. Hulle het baie kansellasies gehad a.g.v. die reen en die aanmerkings op Facebook. Een van die kansellasies is n klompie motorfiets ryers van die Kaap af wat die Safari Kamp bespreek het so hulle gaan ons soontoe opgradeer. Kosteloos.

Daar is nie aandete vannaand nie, want dis net ons in die Kloof so ek koop maar n pakkie wors en n halwe brood sodat ons kan braai. Sy beduie hoe om by die Safari Kamp uit te kom en ons vat die pad. Ons kan ons oë nie glo toe ons die plek sien nie. In plaas van in ons tentjies in die reen slaap gaan ons elk in ons eie huisie kan slaap. Op n lekker bed!
 

Attachments

  • IMG_5781.jpg
    IMG_5781.jpg
    76.8 KB
  • IMG_5782.jpg
    IMG_5782.jpg
    70.7 KB
  • IMG_5783.jpg
    IMG_5783.jpg
    189.1 KB
  • IMG_5784.jpg
    IMG_5784.jpg
    220 KB
vlg
 

Attachments

  • IMG_5785.jpg
    IMG_5785.jpg
    198.5 KB
  • IMG_5786.jpg
    IMG_5786.jpg
    179.9 KB
  • IMG_5787.jpg
    IMG_5787.jpg
    147.1 KB
  • IMG_5788.jpg
    IMG_5788.jpg
    197.3 KB
  • IMG_5789.jpg
    IMG_5789.jpg
    147.5 KB
Die motorfietse slaap onder n boom. Ons is mos opgradeer. Ons maak planne om hulle later in die kuier plek in te trek as Piet daar was vir sy rondte om te kyk dat die gas water werk.
 

Attachments

  • IMG_5790.jpg
    IMG_5790.jpg
    132.1 KB
  • IMG_5792.jpg
    IMG_5792.jpg
    272.2 KB
Ons is nie ewe moeg nie.
Elkeen kies sy huisie en begin af pak. Kort voor lank is Aidan se deur toe.
Nou is ek verveeld.
Dit reen al buite so ek sit maar binne. Ek gaan lê later op my bed.
Dis 17H00.
Daar is net twee boeke op my selfoon om te lees. My Bybel en my motorfiets se handleiding. Ek maak die regte keuse en lees in Johannes oor Jesus se eerste wonderwerk (water in wyn verander).
Ek lees later die Amplified Bible en kom vir die eerste keer agter dat Jesus ook maar lekker kortaf met sy Ma was toe sy hom vra om n plan te maak met die wyn wat op is. Toe vat sy hom vas soos enige goeie ma en die uiteinde het dit gemaak tot in die gewildste boek ooit.
Ek en jy kan dit vandag in Johannes lees. Die lekkerste wyn wat hulle nog gedrink het.
Praat van jou sokkies optrek na jy aangepraat is.

Ek besluit later om maar die wors te braai. Die ou plekkie lyk so mistroostig sonder n vuurtjie en daar is n groot binnebraai en baie hout. Daar is nie n byl nie. Ek kan al Piet se gesig sien as ek daaroor kla.
Hy sal net so n wye sirkel met sy arm maak wat aandui dat die hele kloof vol fyn houtjies is. Help jouself.
Ek doen maar alles is nat. Dit hou my besig tussen houtjies soek in die reen en die vuur stook. Gelukkig het ek n vol pakkie Blits.

Later gaan die ander kamer se deur oop. Nou gaan ons eers weer n draai ry. Dit reen saggies. Ons ry die hele kloof tot by die hek wat gesluit is. Dit vat nie lank nie maar ons geniet dit altwee. Die riviertjies is vol en die sand kolle is lekker vas.
Jy kan ook jou eie spin merke lekker bewonder.

Ons braai en eet. Ons gesels lekker.
My botteltjie OBS sien sy gat.
Daarna word daar gestort en ons gaan lê.
Ek trek na n ander huisie toe nadat ek n paar vlooie op by vang maar slaap daarna soos n klip.
 
Die Old Brown werk goed teen Vlooie, Mens moet net genoeg gebruik. :biggrin:
 

Latest posts

Top