Livinstone Lite - Botswana 2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ons het ons roete aangepas en terug gery na die naaste vulstasie in Nata, 100km Oos van Gweta. Die limiete van die fietse se brandstof verbruik is getoets en daar is heelwat verder gery nadat die “range 0” was.


Opsoek na vleis….


In die hitte weer gestop by die garage op Gweta, die ene sonder brandstof, maar die bier is lekker koud!  :deal:

Van daar het ons weer in ‘n Westelike rigting gery tot by Tiaans Camp op die oewer van die Boteti Revier. Dit was ‘n warm dag en die temperatuur naald het geklim tot 38°C.

Boring teerpad



Oor die Boteni Rivier

Onroute to Tiaans Camp


Die Ferry oor die Boteni na die Makgadikgadi Park.


Tiaan’s kamp








Die swembad het ons afgekoel en ons het weer steaks gebraai met pap en sous, sousboontjies en sweet corn.




Al die bos kokke met hul takies, en die sonder takies, neem foto's


Ons het die versekering gekry dat daar petrol by Rakops beskikbaar is…Maar dis more se komkommer… weer lekker gekuier om die bos televisie


 
Dag 7 het baie vroeg begin en ons was oppad Rakops toe. Weereens is van die fietse se brandstof verbruik tot die uiterste getoets en daar is weer heelwat verder gery as wat die fietse aangedui het. En die wind het baie sterk gewaai… Lyk my die fietse onderskat hul eie vermoë of dalk is dit net die mooi praat wat gehelp het (party mense praat met hul plante ook...). Wesley se throttle kabel het so 5km voor Rakops gebreek en sy fiets was gesleep tot daar. Daar was baie petrol op Rakops, maar geen krag nie. Die eerste prioriteit was om Wesley se scooter aan die gang te kry. Hul sê mos twee koppe is beter as een, maar vyf koppe bymekaar is “magic”. Ons het amper ‘n fiets langs die pad gekoop net om die se kabels te kan gebruik. Cable Ties, bind draad, ‘n Leatherman en heelwat inisiatief het die throttle weer aan die gang gekry.



Magic!

Stry het solank vooruit gery Mopipi toe 60km verder om te kyk of daar nie brandstof is nie. Het maar rond gesit en wag…


 

Gelukkig het die krag intussen aangekom en ons kon vol maak en verder ry. 


Ons het baie tyd verloor en weereens is ons planne en die roete vir die dag aangepas om in te skakel by die omstandighede. Dis nou een ding wat mens moet besef op so ‘n rit en dis dat jy die heel tyd aanpasbaar moet wees. Ons wou nie kanse vat met die throttle kabel nie en het op die teer gebly vir die dag tot by Kwanokeng Lodge net Noord van die grens. Dit was die eerste keer vandat ons ‘n week vroeër daar was dat ons weer groen gras onder ons voete gehad het en dit was heerlik.



Bietjie gecrook met aand ete, en Barcelos toe gestap, en daar iets geeet. Die aand het ons vir oulaas om die Bosveld TV gesit en na almal se stories geluister…
 
Lekker Allie soos altyd!  :thumleft:
 
Baie lekker Alwyn  :thumleft:

Daardie laaste 30km's Gweta toe se sand is baie erg. Ek het al n paar keer as "back-up" daai pad met die Landy gery en gesien hoe sukkel die manne met hulle swaar fietse. Dis YSTER van julle om dit te gedoen het, welgedaan!

En die Barceló's op Kwa Nokeng is ook baie lekker na n lang tyd in die bos. Die swembad daar is ook net so lekker! Klere en al, om van al die stof ontslae te raak  :drif:


Clinton kla nie te veel nie  :thumleft:  :peepwall:  :pot:
 
Dankie julle


Jis Stry, verlang terug my  vriend... erg!!!
 
Respek, julle het ghoens!
Wat is die kanse van 'n gps route of track van julle trip?
 
SchalkL said:
Respek, julle het ghoens!
Wat is die kanse van 'n gps route of track van julle trip?

hehe... Schalk, soos jy gevra het, die roete. Skuus kry bie die track nie, maar dis min of meer hoe ons gery het
 

Attachments

  • Livingstone Lite.gdb
    253 KB
Top