Maandag Meerkat

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Fantastiese ride report, Garfield  :thumleft:

het hom baie geniet, en wil graag spoedig daardie selfde roete van jou doen.
 
Verlang ek darem nou na my familie daar in Nieuwoudtville. Was verlede jaar, die tyd daar. Ek dink ek moet plan maak en gou vir 'n naweek gaan blomme kyk. :thumleft:
 
Wonderlike berig en fotos, Kobus. Ek verlang nou self na 'n sandmonster en 'n lekker T-bone.
 
Wat was jou totale ry tyd en jou gemiddelde spoed?
 
Lekker man! Het jy dalk 'n GPS track hiervoor? Ek sal graag ook wil gaan kyk maar ken glad nie daardie paaie nie.
 
Sal dit netnou in Mapsource route en vir jou post  :thumleft:
 
DCR said:
Lekker man! Het jy dalk 'n GPS track hiervoor? Ek sal graag ook wil gaan kyk maar ken glad nie daardie paaie nie.

Ceres tot by Nieuwoudtville via Padstal, Skitterykloof, Katbakkies en Wupperthal.
 

Attachments

  • Ceres to Nieuwoudtville via Wupperthal.gdb
    32.4 KB
Lekker trip en baie mooi foto's en die bonus dit op 'n Maandag :)
Dankie vir die deel
 
Baie nice Garfield!

Sjoe, ek sou nogals daai markdag in Wupperthal geniet het
 
Lekker man.  Nice baas wat jy het om jou sommer so aan die begin van die week al af te gee.
 
DikZol said:
Wat was jou totale ry tyd en jou gemiddelde spoed?

Skuus ek sien nou eers die.

Het die hele Maandag gehad om tot by Oasis te ry, so het nie regtig gekyk nie.

Dinsdag is ek net voor 9 by Oasis weg en was net voor 19:00 by die huis.
Ek het gery asof niks my jaag nie en baie gestop.
Op die highway tipe grondpad het ek selde oor 120 gegaan.
Die stuk N7 van Piketberg af huistoe het ek bietjie gesleep en selde onder 160 gery, wou nie in die donker ry nie.
My doel was om die stuk van Oasis tot Nieuwoudville te geniet en my tyd te vat, die res het ek nie omgegee om bietjie aan te stoot nie dit is areas waar ek baie ry.
 
Lekker een Garfield!!

Thinus Coetzer op Nieuwoudtville het op my laaste telling 180 fietse in 2 store gehad, nou seker al meer. Hy restoureer nie, maar sal met aankoop alle roes, ens. stop en behandel sodat die fiets nie verder agteruitgaan nie, dan is dit stoor toe met hom.
 
Top