Maklike doen-dit-self "bike stand"

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,244
Reaction score
1,806
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Terwyl julle ouens vakansie gehou het, het ek gou vir my 'n eenvoudige stand geprakseer waarop ek die XR en die Bushlander maklik kan diens, was en ander klein werkies uitrig.  Ek het 'n ruk terug sowat R800 vir 'n swak stand betaal wat na omtrent 5 keer se gebruik gebreek het.  Om die fietse so op hulle side stands te balanseer terwyl jy die ketting olie of 'n papwiel vervang, gaan net tot af vingers en ander onplesierigheid lei.

Ek gaan loer toe bietjie op die internet om 'n paar idees te kry (hier was nogal 'n hele paar hier op WDs) en kry toe die idee vir my stand met 'n paar modifikasies.

Nou ja, without futher ado soos hulle in die klassieke flieks sê, kom ons laat waai.

Ek het al die items in my werkswinkel gehad so, behalwe vir 'n paar sweisstawe en die swart verf, was die ding maar eintlik gratis.

Dis hoe ek eers gesukkel het voordat ek die stand gebou het:

PC060016_zpsdf86053f.jpg


Ek het hierdie lipkanaal stukke gebruik om die basis mee te bou ...

PC060017_zpsf453a655.jpg


... en hierdie ou domkrag wat al lank stof vergader daarop gesweis:

PC060018_zps56962465.jpg


Die basisplaat waarop die fiets se bashplate rus, het ek sommer eendag erens op die plaas opgetel en ek bêre sulke handige ysters onder my werkstafel vir net so 'n geleentheid.  Ek het die flapskuurwiel so 'n paar minute op hom gehad om al die ou roes af te haal, hom so 'n paar keer met die vierpond hammer geslat dat hy mooi plat is en toe sy rante en hoeke bietjie afgerond sodat hy nie die fiets krap nie.  

Mens sien hom bietjie moeilik op hierdie fotos:

PC060021_zpsbc099545.jpg


PC060020_zps54369500.jpg
 
Top