Man Dagvaar BMW oor ereksie as hy sy Bike ry.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

schalk vd merwe

Race Dog
Joined
Dec 19, 2011
Messages
2,636
Reaction score
34
Location
Johannesburg
Bike
Yamaha XT660
Hy dagvaar BMW oor 2 jaar-ereksie -Beeld
2012-05-01 21:34
Artikelopsies  Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel


San Francisco. – ’n Man dagvaar die motor- en motorfietsvervaardiger BMW omdat hy die afgelope twee jaar ’n permanente ereksie het.

The Huffington Post het berig mnr. Henry Wolf beweer in sy hofdokumente dat hy ’n erge priapisme – ’n aanhoudende, langdurige ereksie – ondervind sedert hy twee keer ná mekaar vir ritte van twee uur lank op sy 1993 BMW-motorfiets gegaan het.

Volgens Wolf is dit veroorsaak deur “die bultagtige motorfietssitplek, wat op ’n nalatige wyse ontwerp, vervaardig en geïnstalleer is deur die verweerder”.

Hy het die pynlike toestand sedert die gewraakte dag van die motorfietsrit op 1 Mei 2010.

Hy dagvaar die maatskappy vir persoonlike besering, verlies aan inkomste, produk-skadepligtigheid en emosionele angs.

 
Top