My trippie af old thumper bash toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,318
Reaction score
790
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Net n paar pics en kort storie oor my trip af Calitzdorp toe vir die Thumper bash daar.
Ek kon nie wag nie en het al die donderdag oggend n week voor die bash vertrek. Plan was om 5 uur die oggend al vanaf Centurion te ry om oggend traffic te mis. Weereens verdwaal ek op die highway aan suide kant van johannesburg en ry 3 keer deur Alberton in sirkels. Dit was vrek koud onder vriespunt en was ek absoluut verkluim. My plan was om soveel moontlik grondpad te ry maar het eers die grondpad geslaan van anderkant Deneysville. Die plan was om op Zastron by Brokskloof oorteslaap. Kon hulle glad nie op die foon in hande kry nie. Dog toe ek ry maar sommer soontoe, hulle kan nie te vol wees nie. In zastron ry ek toe die paadjie op maar kry net toe hekke en pad wat weggespoel is. Ry toe maar deur Aliwal Noord toe waar ek n lekker overnight gekry het vir R150 vir die aand.
 

Attachments

  • 12080030.jpg
    12080030.jpg
    199.7 KB
  • 12080029.jpg
    12080029.jpg
    140.4 KB
  • 12080037.jpg
    12080037.jpg
    105.6 KB
  • 12080033.jpg
    12080033.jpg
    136.3 KB
Net na Heilbron op die grondpad ry ek verby die geskiedkundige terrein van Vegkop. Heel onbeplan en n bonus vir my trippie.
 

Attachments

  • Vegkop 2.jpg
    Vegkop 2.jpg
    125.7 KB
  • Vegkop 5.jpg
    Vegkop 5.jpg
    92.8 KB
  • Vegkop 6.jpg
    Vegkop 6.jpg
    268.9 KB
  • Vegkop 7.jpg
    Vegkop 7.jpg
    306.6 KB
  • Vegkop 8.jpg
    Vegkop 8.jpg
    232.8 KB
Nog Vegkop fotos
 

Attachments

  • Vegkop 16.jpg
    Vegkop 16.jpg
    107.5 KB
  • Vegkop 15.jpg
    Vegkop 15.jpg
    120.2 KB
  • Vegkop 14.jpg
    Vegkop 14.jpg
    112.4 KB
  • Vegkop 11.jpg
    Vegkop 11.jpg
    83.6 KB
Nog Vegkop
 

Attachments

  • Vegkop 17.jpg
    Vegkop 17.jpg
    136 KB
  • Vegkop 18.jpg
    Vegkop 18.jpg
    127.3 KB
  • Vegkop 19.jpg
    Vegkop 19.jpg
    141.9 KB
Vrydag oggend eers lekker brekvis geeet by Spur en net so n paar kilometers buite Aliwal regs afgedraai op die mees "magical" grondpad tot onder in Bedford. Ek het planne om hierdie stuk weer te gaan ry in November met my seun op die 125. Soos die noodlot ook wou kalf my foon charger die vorige aand en het ek geen fotos van hierdie stuk nie.Noue ontkomings gehad met kudu en vlakvarke. Ek was so gelukkig toe kudu voor my inspring dat hy selfde rigting as ek hardloop. Ek kon nie stop en geweet ek gaan so skeef agter in sy gat vasry. Maar net so spring hierdie massiewe dier weer net so uit die pad. Ek kon nie glo hoe hoog die goed kan spring met daai groot lyf nie. Ek het deur die Baviaans natuur reservaat ook gery. Net entry booms met kameras en bordjie wat se jy moet self knoppie druk om integaan. Pragtig gewees.Ek is deur Molteno - Sterkstroom - Rocklands - Bedford en Riebeek Oos my bestemming vir die dag. Seker 3 km van my broer se huis vroetel ek met die GPS se knoppies en val in n sloot uitgespoel in die grondpad. Spring op maar moes eers my kop skud om van dubbel visie ontslae te raak. :lol8: Op kop geland en visor gebreek met min skade aan bike,net ligte krappies en briek pedaal heeltemal omgebuig wat ek sommer terug getrap het. Ek het nog nie n stuk pad gery wat ek so geniet het nie. Gaan hom weer ry.
 

Attachments

  • 12080037.jpg
    12080037.jpg
    105.6 KB
  • 12080038.jpg
    12080038.jpg
    146.4 KB
  • 12080040.jpg
    12080040.jpg
    205 KB
  • 12080041.jpg
    12080041.jpg
    146.1 KB
Die dorpie Riebeek Oos waar ek vir 2 dae gebly het

Die drie klein dorpie meisies. Kaalvoet die een en dit was vrek koud  :eek7:

Grahamstad


Ek by kampplek  Big fish langs Gamtoos rivier
 

Attachments

  • 12080064.jpg
    12080064.jpg
    84.2 KB
  • 12080054.jpg
    12080054.jpg
    141.5 KB
  • 12080044.jpg
    12080044.jpg
    193.1 KB
  • 12080051.jpg
    12080051.jpg
    139.1 KB
Gamtoos met N2 brug in agtergrond

Dit was nat in die Ooskaap

Ons beestert pot wat ons binne moes maak oor reen
 

Attachments

  • 12080065.jpg
    12080065.jpg
    175.7 KB
  • 12080076.jpg
    12080076.jpg
    170.1 KB
  • 12080079.jpg
    12080079.jpg
    147 KB
  • 12080080.jpg
    12080080.jpg
    141.9 KB
Kon darem so onder afdakkie n vuurtjie maak

Springbok steakies en  Deon my vriend kan maar kosmaak.

Ou Staalbrug oor die Gamtoos waar ek vir Jupiter en Kyle sy seun gekry het.
 

Attachments

  • 12080082.jpg
    12080082.jpg
    154.8 KB
  • 12080085.jpg
    12080085.jpg
    166.8 KB
  • 12080091.jpg
    12080091.jpg
    159 KB
  • 12080092.jpg
    12080092.jpg
    116.6 KB
Kareedouw eers iets geeet. Daar staan op die naambord "The sweaty dutchman" :mwink:

Pose foto

eensaam en alleen by die bosvarkie :imaposer:

Irish en Roy se setup in die agtergrond
 

Attachments

  • 12080095.jpg
    12080095.jpg
    286.5 KB
  • 12080101.jpg
    12080101.jpg
    192.7 KB
  • 12080099.jpg
    12080099.jpg
    142.7 KB
  • 12080094.jpg
    12080094.jpg
    230.5 KB
Paar fotos
 

Attachments

  • 12080109.jpg
    12080109.jpg
    153.3 KB
  • 12080113.jpg
    12080113.jpg
    316.5 KB
  • 12080115.jpg
    12080115.jpg
    259.6 KB
  • 12080116.jpg
    12080116.jpg
    191.7 KB
Nog n paar.
Sondag ooggend het ek vroeg in die pad geval en lekker brekvis by Joubertina geet en by vriend in Uitenhage oorgeslaap. Volgende oggend 06H30 teerpad terug mamma toe gehardloop. 1150 km en net voor 19H00 by huis in Centurion ingestap. Ek het die XT laat hardloop en net gestop vir petrol.
 

Attachments

  • 12080118.jpg
    12080118.jpg
    145.9 KB
  • 12080123.jpg
    12080123.jpg
    144.9 KB
  • 12080129.jpg
    12080129.jpg
    128.2 KB
  • 12080130.jpg
    12080130.jpg
    143.7 KB
Thanks Subie vir die saamry, lekker kuier en al die hulp. Dis lekker om in iemand se geselskap te wees wat so vrede met homself het.

Die ontmoeting by die Gamtoos Staalbrug
 

Attachments

  • 100_1825.JPG
    100_1825.JPG
    322.5 KB
Dankie ook Jup dat julle die moeite gedoen het om my te kom kry daar. Dink ek sou gesukkel het om Bosvarkie te kry :thumleft:

Op ander noot. Ek het my bike woensdag begin strip,service en skoonmaak en is vandag eers klaar :ricky:
Almal se bikes mooi skoon na die modderige trip??  :imaposer:
 
Tweets said:
Baie lekker Subie. Nie geweet jy is ons contrei nie. 

Ek is newbie hier in Gauteng. So 2 en half maande hier in Thatchfield Centurion. Ons van Velddrif aan die weskus. :ricky:
 
Top