NAMIBIA + BOTSWANA 2015

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
12,006
Reaction score
2,314
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
Yip, dis weer sulke tyd, die Vis Arende is weer besig met hul beplanning vir die jaar se groot trip.  Ons het laasjaar gepoer poer en Nam gelos om die jaar 'n groote te maak.

Na raming gaan die roete ons ongeveer so 29 dae neem met 3 dae se kuier in Walvis en dan nog so paar dae op die roete waar ons 'n dag of wat langer sal bly en kuier.  Die afstand lyk so effe oor die 10 000km te wees.
Ek gee Epupa die jaar 'n mis en gaan meer konsentreer om plekke en besienswaardighede op die pad te besoek in plaas van net verby te ry tot by die volgende bestemming.

Ek dink ek het meeste wat gesien kan word ingewerk in die roete, maar sal waardeer as julle kan byvoeg wat ek gemis het. 

Wees geduldig, die laai van die roete en kaart per dag gaan so tydjie neem.



 
Top