- Joined
- Jul 27, 2010
- Messages
- 5,866
- Reaction score
- 985
- Location
- Blouberg, Cape Town
- Bike
- KTM 890 Adventure R
My sussie bel my paniekbevange: haar seun se motorfiets se stuurwiel kan nie meer draai nie! Wat nie heeltemal waar is nie. Die Honda CBX250 Twister se neck bearings toon na 43000km die klassieke simptome van 'n groef in die reg vorentoe posisie. "Stuur hom maar oor", laat ek haar weet, "laat ons kan kyk". Ek weet al vir 'n paar maande van die neck bearings wat vervang moet word maar kom nie daarby uit nie.
By my aangekom dog ek - "laat ek net probeer!". Ek het langs die fiets gaan staan en vir 5 min lank die handvatsels hard van links na regs, heen en weer gedraai. Toe ek klaar is, is die probleem weg. Geen "notch" op reguit vorentoe nie!
Ek weet nie hoe lank dit gaan hou nie, maar dit was 'n maklike oplossing.
Ek het ook al die probleem op my F800GS gehad op 20000, maar kort daarna het dit na 'n paar grondpaaie verdwyn!
Go figure!