Om batterye te laai in die Baviaans

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

LMG

Race Dog
Joined
Jan 10, 2008
Messages
3,041
Reaction score
2,507
Bike
BMW R1200GS Adventure
Die trip was lank in die beplanning. 

Werk en familieverpligtinge het gemaak dat ons net ‘n lang naweek tot ons beskikking gehad het. 

Dus het ons geen keuse gehad as om minstens een van die bene van die besoek aan die Baviaans via teerpad te doen nie.  Maar om die R62 te ry was definitief een van die hoogtepunte van die hele toer. 

Ons is Donderdagmiddag so rondom middagete uit Saldanha. 

Ek moes nog die aand die gradeplegtigheid op Stellenbosch bywoon. 

Gevolglik het ons beplan om by Goudini Spa vir die nag oor te bly.  Nick sou die vuur maak terwyl ek gou oor die klip glip Stellenbosch toe vir amptelike verpligtinge.



Die pad deur Slanghoek to by Goudini is hierdie tyd van die jaar ‘n lus vir die oog.


Die fietse is veilig onder dak staangemaak vir die groot ry die vlg dag.


 
Lekker teaser daai Abel :thumleft:
 
Must have been difficult getting the bikes onto the stoep!!! ;D ;D ;D
 
Vrydagoggend strek ek die spiere vroegoggend in die warmswembad.  Die eerste stop is die Worcester Onestop vir brandstof en ‘n Steersburger vir ontbyt.  



So rondom 07h00 glip ons uit Worcester met die R62.  Ons hou by ‘n rustige 120km/h en geniet die koel oggend.  Ek stop ‘n paar keer vir fotos.



Ons eerste stop vir die oggend is op Montagu vir ‘n Coke en my tweede Labelo vir droê lippe van die trip.



Die oggend is koel met bewolkte weer.  Perfekte lig vir fotos.



Die passe in die rigting van Barrydale is hartkloplekker om te ry – orgasmaties!





Barrydale lewer die interessants juweel vir die dag op met ons stop by “Diesel and Cream” – ‘n absolute juweel van ‘n plekkie.  Ek post ‘n paar fotos.  Enige iemand met ‘n belangstelling in beide die geskiedenis en wiele sal die plekkie geniet.





Nick sit soos ‘n baas.



Daai stoele is moer swaar.





Even die p$splek is netjies.



Hoes daai vir ‘n kroegarea – dink nie toe hulle daai Fort in die ‘40s gebou het, het hulle dit as die oorhangsel in ‘n kroegarea ge-picture nie.

Ek maak amper die fout om te loop sonder om te betaal.  Die Kaapse dametjie wat ons bedien het stoot my met – “ma ek sal mos vir meneer met die klippe gooi”.  Pragtig!  I just love this country and its people.  So jammer ek het nie ‘n foto van haar geneem nie.


Nodeloos om te sê dat ons ook die ‘tourist thing’ gedoen het en by Ronnies gestop het.





Op pad na Ladismith



‘n Vinnige koffie by my groot vriend en mentor – Johan Burger - daar naby Ladismith.



Die Huisrivierpas tussen Ladismith en Calitzdorp maak mens ook bewerig as jy die GSA se oor bietjie steek om sy lekker draaie.



Mooi kerk in Calitzdorp op pad na die kelder  :biggrin:  Meer oor die aankope by die Boplaaskelder by ‘n later geleentheid.  

Alle ouens wat by geleentheid gesuip geraak het by die Inf Skool op Oudtshoorn sal onthou dat Boplaas vir baie lank desertwyne gebotteleer het vir elke ranggroep: van luitenantwyn tot Majoorswyn!


 
Mooi man.  Lees lekker en geniet jou RR
 
LMG said:
Alle ouens wat by geleentheid gesuip geraak het by die Inf Skool op Oudtshoorn sal onthou dat Boplaas vir baie lank desertwyne gebotteleer het vir elke ranggroep: van luitenantwyn tot Majoorswyn!

Ek sukkel nou nog om twee vinyl plate van Maffafaskool se koor te verkoop van die tyd toe Lieb Bester se acting loopbaan 'n insinking gehad het  :mad:.

Grensvegter boekies het begin kwyn  8)
 
Ons stop op Oudtshoorn vir brandstof, ‘n middagete van vars druiwe – en ‘n labelo vir gebarste lippe!  

Daarna gryp ons die pad in die rigting van George voor ons links draai om verder met die R62 deur die Langkloof te ry.  

Terwyl ek daar ry wonder ek of daar al ooit ‘n Mej Langkloof in die geweste aangewys is :biggrin:

Ek het nog nooit deur die Langkloof gery nie en die wêreld geval my.



Ons beplanning was gebaseer op die aanname dat dit hierdie tyd van die jaar warm in die Baviaans is.  So laat ek my amper ompraat om een van Nick se oud-army ‘slaapsak-inners’ te vat om in te slaap in stede van my slaapsak.  Gelukkig besluit ek om maar daai 2.1m nommertjie van my saam te ry.

Maar toe vang ons so ‘n vars kouetjie saam met ‘n waterloop dou daar in die Langkloof voor Joubertina – en die aanvoelbare tempratuur trek ‘n leeu op ons.





Met arrivasie op Joubertina besluit ons op slag ons het genoeg gery vir die dag – so in die omgewing van 500km en, met die koelte in gedagte, besluit ons om plek te soek waar ons die hoofde vir die nag kan neerlê.



Ek maak ‘n paar oproepe, maar ons sal so 50km moet ry om by ‘n lekker kamplekkie uit te kom vlg die mense by die garage.  Nee, besluit die twee lede van bestuurspan, dan stoot ons ma aan Kareedouw toe.

Net voor Kareedouw sien ons die advertensie van die Nguni Lodge.  Ek bel.  Hulle het plek.  Teen daai pryse wyk ons af van die kampplan en kry ‘n lekker katel vir die nag.

Ons glip vinnig in Kareedouw toe vir ‘n steakie – en ek kan die Kareedouw slaghuis aanbeveel.  Kwaliteit vleis.



En dit is toe teen die agtergrond van die skielike kouetjie wat daai stop by Boplaas op Uniondale tot sy reg kom; saam met die Kareedouw slaghuis se produkte.  Ek het die ander lede van die bestuurspan die nag hoor slaap.






 
Abel maak my nou sommer lus om weer te gaan.......  Dit was die beste trip nog saam met die beste "ride buddy"
 
So gryp ons Saterdagoggend vroeg die pad.





Vinnige brandstof, brekkie en steak vir die aand in Humansdorp – en om bande op grondpadstandaard kry.  Net buite Humansdorp vat ons die grondpad wat ons by die pad wat vanaf Patensie na die Baviaans kronkel laat aansluit.  Dis mooi wêreld.





Die afdraai na die Kougadam roep en ons glip vinnig daar in.  Absoluut die besoek werd.  Een van die mooiste damme in SA.







Daarna is dit die Baviaans.

Ek kon nie anders as om die eerste reël te lees en by myself te dink: Ja SA!



Ons betaal ook die verpligte 20 oulappe om deur die Baviaans te ry.



Die eerste deel het my nogal aan die suide van Engeland herinner.





Die uitsigte is uitsonderlik.



En dan is dit amptelik – ons is in die Baviaanskloof.



Daar is al so baie geskryf oor die kloof dat ek maar die fotos die praatwerk sal laat doen.









Ons stop na die eerste pas vir ‘n watertjie.





Die paaie is lekker om te ry . . .









So hier en daar raak dit tegnies en so af en toe is die pad bietjie uitdagend – ma lekker!





Ek staan op my knieë en drink water!



Skurf is die woord.





En dan is daar Smitskraal se water . . .



Nick is voor en stop; wag vir my.  Ek dink by myself – ‘hier ry baie voertuie deur en as daar enige gevaar is sal dit duidelik gemerk wees.’

Ek stop.  “Moet ons strategie praat?”  Voor Nick kan antwoord stoot ek die GSA se wiel in die water en laat loop.  Die water is nie baie diep nie.  

Dit is ‘n spoedbrekertjie en dit raak ‘n uitdaging om gelyktydig die fiets regop en aan die beweeg te hou.

Ek is veilig (en regop) deur sonder om te swem.  Maak die GSA staan en stap terug die water in.  Nick is al aant kom.  Ek kry hom so halfpad en help om sy fiets regop te hou.

Na ons beide deur is kom ‘n Duitser en sy Kaapse vriendin gesels. Die voortreflikheid van Duitse ingenieursvernuf word uitgewys  ::)



Ons vat water en Romany Creams vir middagete in die koelte.



Daarna is ons weer op die perde.  Orals langs die pad is daar kentekens wat aandui dat KTMs hul beste moet gee.



Nog mooi tonele ontvou.











Na ons by die hek van die park uit is begin ons plek soek om kamp op te slaan vir die nag.

Ek dink aan gras, skadu en water.

Toevallig draai ons af en ry by Doringkloof in.  Absoluut perfek.


 
Top