Om batterye te laai in die Baviaans

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die volende deel van die verhaal moet met omsigtigheid geskryf word sonder om op tone te trap.

In wese begin dit met twee feite wat hand-aan-hand met mekaar loop: dit is warm in die Baviaans en ons was dors.

Daar bleik toe ‘n oplosssing te wees wat beide probleme sou aanspreek:

Aanvanklik baie rustig en stil –

Maar die getalle groei en die geselskap raak lekker . . .

Later die aand is daar ook gebraai – sommige het geeet.

Aannames rakende die hitte in die Baviaans is egter nie altyd op ware verhale gebaseer nie.  En ‘n slaapsak-inner kan miskien net te dun raak in die vroeë oggendure om lekker warm te slaap.

Die volgende oggend is ons egter vroeg aan die gang.

Dis ‘n baie mooi dag.

Ons pak sonder veel moeite op.

En laat loop in die rigting van Willowmore.

Nog mooi tonele.

Die pad tot by die Uniondale afdraai is maar baie sinkplaat en skurf.  Ons vat water. Daarvandaan is dit ‘n uitstekende grondpad ons gooi los.  Die GSA laat nie op hom wag nie.

Op Willowmore gooi ons brandstof en vat broodnodige koffies en ontbyt om die besigheid te stabiliseer en die bloedvloei reg te kry.

Lekker man Lekker!!! Ek het nou net besluit dis nou genoeg van die werkery, more vat ek n dag af en ek gaan pad vat...
Julle manne maak mens net jaloers...

Dankie vir die RR, ek ry lekker saam, maar nou maak ek plannetjies... :ricky:
 
Daai Evo knaap van George kan dors wees as dit warm is in Baviaans ;)
 
Jy skryf lekker LMG, lekker trippie wat julle gery het, is die batterye nou al gelaai?  ;D
 
Dorsland said:
Jy skryf lekker LMG, lekker trippie wat julle gery het, is die batterye nou al gelaai?  ;D
Sal baie lank vat................................................................................hy het baie lang batterye :deal: :imaposer:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Dorsland said:
Jy skryf lekker LMG, lekker trippie wat julle gery het, is die batterye nou al gelaai?  ;D
Sal baie lank vat................................................................................hy het baie lang batterye :deal: :imaposer:
:laughing4:
 
Op advies van mede fietsryers vat ons na ontbyt die “lekker pad” van Willowmore af Klaarstroom toe.

Iewers maak ons tyres reg

Lekker rustig deur Meiringspoort en net anderkant De Rust draai ons lings af op die Oudemuragie pad in die rigting van die Swartbergpas.  Daai pad was een van die hoogtepunte van die trip.  Baie mooi, met powerslide draatjies en ‘n nuwe blad.  Uitstekend.

Net voor die pas vat ons iets kouds vir die balans wat nog steeds nie lekker is nie. 

Dan ‘n stukkie teer tot in die pas.

Die trusty steed in die pas.

‘n Vinnige tyd en kaartwaardering laat ons besluit om die hel vir ‘n volgende trip te laat en ons druk deur tot in Prince Albert.

‘n Moerse verassing wag in Prince Albert.  Baie lekker kampplek – skoon en netjies.

Ons is wind gewoond aan die Weskus.  Maar liewe aarde – daai aand toe waai die wind ons dat ons luister.  Ek het nie eens tent opgeslaan nie.  Net besluit die wind se kap teen ‘n tent gaan maak dat ek elkgeval nie ‘n oog gaan toemaak nie.  Ek was uiteindelik bly oor my besluit.
 
Prince Albert se winde roep vroeg.  Ons vat die pad na Prince Albertweg met ‘n ontbyt in Laingsburg.

By Matjiesfontein draai ons weg deur die Cereskaroo op pad na Ceres.

Net na Karooport draai ons af vir die Bo-swaarmoed pad na Ceres. 

Waar sal die naam Bo-swaarmoed vandaan kom?

Pragtige uitsigte.

Van Ceres af ry ons oor die Middelbergpas na Citrusdal.  Op Citrusdal gooi ons vir oulaas brandstof.  Die pas is opwindend en ons sit daai opwindendheid voort op die teer al die pad tot by die huis.

‘n Moerse nice trippie gewees.

Nick kan sy eie opinie van die trip gee.  Ek sal twee opmerkings maak oor die trip in retrospek.

1. My meeste trips ry ek alleen omdat ek lank genoeg in weermag was om te weet dat as jy in ‘n groep operate is daar iewers ‘n man wie se ego gaan seerkry of maak dat hy goed doen wat hy nie behoort te doen nie.  Ook omdat ek teen my skills level ry as ek alleen ry.  Maar dit was moerse lekker om Nick as riding partner te hê.

2. Ek het die kombinasie van teer en grondpad op die ou end baie geniet.  Miskien is dit omdat die R62 ‘n baie lekker teerpad is om te ry.
 
In my opinie was dit die beste trip wat ek nog gehad het (afgesien van die "hitte" in die Baviaans  :dousing:en die "balans" probleme........ :bar: :bar: Ek en Abel ry lekker saam en gun mekaar ruimte om teen jou eie skills level te ry. Dis great ;D.

Dis goed en wel om 'n beplande roete en agenda te hê, maar wat die trip lekker gemaak het is die imprompto aanpassing van ons beplanning. Die balans tussen grond en teer was baie goed en werk vir my.

Dankie Abel. Ek is reg vir die volgende trip...... Hoe laat ry ons? :lol8:
 
sjoe hoe water my bek darem nou..............dankie vir die baie mooi fotos en die lekker report :thumleft:
 
Dankie vir RR. Lekker gelees en kiekies gekyk :)
 
  Dankie Abel vir n mooi RR.Daai Doornkloof-kamp bring weer lekker herinneringe van n paar jaar gelede.Lekker ry-maats is n bonus op so n trip.
 
Top