Dit begin alles by n sms wat se "Wat maak jy die naweek, kom ons ry gou Sutherland toe". So gese so gemaak en gou gou is daar 5 geesdriftige KTM's oppad. Die manne is as volg: Piet Pompies KTM 640: Eric KTM 690: Lionell KTM 990: Williezombie KTM 990 en dan natuurlik myself KTM 990 R. Daar word natuurlik ook n Coolerbox voertuig saamgeneem net vir die wis en die onwis. Saterdag vroeg bymekaar en eerste stop is die padstal in Montagu vir ontbyt. Op die koop toe word ons vermaak met Live Music.