Man from Nam
Race Dog
Die derde oggend toe ons opstaan is dit toegetrek van die mis en alles is nat. Ons ry later af na die kafee by Haroldsbaai en eet sommer ontbyt daar. Omdat ons alles gister al gaan sien het besluit ons so op die ingewing van die oomblik, kom ons gaan terug huis toe, pak ons goed en begin terug ry. So gese so gedaan. Gou is ons klaar gepak en ry tot in George, maak die fietse vol en ry oor die pas Outshoorn toe. Ons stop bo by die uitkyk plek, die mis begin ook nou opklaar. Oral is nog bome wat mens kon sien kaal gebrand was in die verwoedelike brande wat hulle gehad het, maar die res van die veld het mooi reg gekom.
Deur Outshoorn ry ons deur die mooie Meirings poort en die rivierjies is vol water. Ons stop vir iets koud in De Rust en daarna vat ons die lang vervelige pad tot in Beaufort Wes. Al wat 'n rivier is loop kant en wal en ons sien daar le 'n hewige weer vorentoe. Ons maak dit net betyds voor die groot reen uitsak. Ons wag maar by die een vulstasie vir die ergste reen om verby te gaan, trek maar ons reen pakkies aan en vat die gevaarlike N1 na Drie Susters. Hierdie is regtig 'n gevaarike pad met al die vragmotors wat ekaar verby gaan en in die reen sproei sien mens baie swaar. Die hele veld is vol water sover mens kan sien. By Drie Susters draai ons af na Victoria Wes met die hoop dat ons nog Prieska kan haal vandag. By Britstown begin dit egter sterk skemer raak en ons sien ons sal maar hier moet oorslaap. Ons stop by die Trans Karoo gastehuis, maar hulle is baie duur, het nie onderdak parkering vir die fietse nie, Ons sien net oorkant die pad is toerisme kamers by iets soos Mirage gastehuis. Ons hoor gou daar en hulle is baie goedkoper, se hulle het lugverkoelers en tv in die kamers en elek kamer het sy eie badkamer en het veilige onderdak parkering vir die fietse. Omdat dit nog steeds bietjie reen en dit lyk of dit later weer gaan hard reen wil ons graag die fietse onderdak he. Daar en dan betaal ons, ry die fietse in, laai af en gaan kyk ons kamers, sjoe dit is oud en die lugverkoelers is nog die ou modelle uit die sewentigs, raas so mens kan jouself nie hoor nie. Wel ons moet nou maar seker vasbyt, misntens lyk dit skoon. Hulle waarsku ons ook dat die krag weer 9 uur afgaan iets wat ons vir die hele tyd in Haroldsbaai beleef het soms twee tot drie keer 'n dag. Ons stap oor die pad en gaan eet by die Trans Karoo Lodge.
Foto 1-4: Bo Op die pas
Foto 5-7:Meiringspoort
Foto 8: Wag vir reen om verby te gaan
Foto 9: Riviere loop almal vol
Foto 10: Veld rondom Beaufort Wes

Attachments
-
20200312_120458.jpg66.8 KB
-
20200312_120510.jpg116 KB
-
IMG-20200314-WA0006.jpg168.2 KB
-
IMG-20200314-WA0010.jpg59.1 KB
-
IMG-20200314-WA0015.jpg83.1 KB
-
IMG-20200314-WA0037.jpg37.9 KB
-
IMG-20200314-WA0036.jpg64.4 KB
-
IMG-20200314-WA0042.jpg75.1 KB
-
IMG-20200314-WA0053.jpg53.5 KB
-
20200312_120455.jpg43.4 KB