Die oggend eet ons ontbyt by die gastehuis. Ons vra die dame uit oor plekke om te sien in Riversdal en omgewing en sy verwys ons na die ou tronk , sy se ook ons moet Stilbaai en Jongensfontein besoek. Sy vertel ons ook van 'n feetjie tuin by Albertina. Ons besoek die ou tronk en wat 'n interresante plek is dit nie, met 'n lekker koffie shop en vol oudhede. Daar is selfs nog die ou doodsel en galgkamer en mens kan net wonder hoeveel mense is hier gehang.
Ek het genoem dat ek in my agterkop het dat Woody hier afgetree het en my swaer gese het die plek is klein kyk net uit vir sy motorfiets, wel ek het gekyk vir enige motorfiets of 4x4 Condor, maar niks gesien nie. Dink toe ek sal hom seker nou nie sien nie en dis my eie skuld ek moes vroeer op die forum iets gepos het. Wel ons ry toe maar en net bo op die bult buite Riversdal is wraggies weer 'n pad blockade. Terwyl ons lisensies en motorfietse deur gekyk word kom daar wraggies 'n wit Super Tenere met sidecar van agter verby en hy word nie gestop nie. Ek weet onmiddelik dis die man wat ek soek, hy waai darem. Ek jaag die verkeers dame aan, maar toe vat sy haar tyd. Ons jaag om hom in te haal , want ek is nie seker of hy Stilfontein of Albertina toe ry nie. Wel toe ons aankom na die Stilfontein afdraai sien ek hy het ook afgedraai. Ek ry agter hom en flikker ligte en wys hy moet stop, maar vergeefs hy ry aan. Besluit toe ons is in elk geval op pad Stilfontein toe ek sal hom daar stop. By die eerste stop straat trek ek langs hom in en stel voor. Ons ry hawe toe en groet daar ordentlik. Toe hy hoor ons wil Jongensfontein toe ook gaan ste hy voor ons drink daar 'n koffie. Ons geself soos ou vriende en ek vra uit oor ChrisL, want ek vermoet hy bly ook in die omgewing en Woody se hy was nou oppad na Chris toe. Chris word dadelik geskakel en hy se hy wag net vir 'n oproep van Vis Arend dan kom hy groet. Wel toe hy daar kom se hy Nannie het gese hy moet vir my en Salome elk 'n drukkie gee , maar hy sal sommer my drukkie ook vir haar gee :laughing4:
Ons kuier soos ou vriende en gesels 'n hond uit 'n bos. Ons moet later egter ry want ons moet die mense in Haroldbaai 3 uur kry , want hulle is oppad Woordfees toe in Stellenbosch. Dankie weereens dat jy kom groet het Chris, dit was 'n vooreg en plesier om julle te ontmoet.
Ons moes toe nood gewonne Albetina mis om betyds te wees, maar my swaer het so jaar gelede daar 'n stukkie grond gekoop waar hy wil aftree so ons sal weer die area besoek en dan gaan ons 'n ordentlike braai deurwerk.
In Haroldsbaai kry ons die huis, dit is bo op die berg en die pad is baie skuins en die inrit is vreeslik steil af tot onder die huis. Dit was nogal 'n missie om die groot fietse daar af te ry
Foto 1: Ou Tronk
Foto 2: Galg kamer
Foto 3-6: Ou tronk
Foto 7- 10 : Ons lekker kuier saam met Chris en Woody