Ooskaap Spookhuis oorslaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Bie said:
Lekker Robert. Jy het vergeet om te noem dat ons Tiger8 gehoor aankom het, toe hoor ons hom nie meer nie en toe hoor ons hom weer 'n rukkie later.  :imaposer:

Hey! Ek het die lang pad om gevat, en vir die rekord, n KTM val nie, sy ryer moes net so bietjie rus na n lang dag  :biggrin: :biggrin: :biggrin:
I is innocent of all charges of Sleeping behind the H'bar till there can be proven otherwise, there was no photo evidence, therefore, because,  nie teenstaande en so voorts.......... this incident never (officially) happened  :imaposer:

PS: at least I missed the gate post  ;)
 
What's been heared cannot be unheared.  :pot:
Brm, brm, brm, BRRRMMM.........brm, brm, brm
 
Vir my was die naweek oor kuier met tjomme,… en die Kopeet, so julle moet maar verskoon as ek bietjie uitbrei daaroor. My Kopetery het by laasjaar se National Bash begin en as ek nou die kans kry, dan gooi ons. Hierdie was nou die tweede keer wat ek en Bie in die veld kopmaak. Dit vat bietjie logistieke reëlings, maar maak dit soveel lekkerder.

Om reëlings te vergemaklik sou ons eers by die Llookout in Kirkwood kopeet, maar met die Wildsfees die naweek, het die plan deurgeval en ons reken toe ons maak kop daar in die veld. Ek moes bietjie rondval om die koppe te kry maar als is toe gesort. Nou moes ek eers leer wat om te doen en so gee Bie en Kwaatjie leiding.

Vir my begin die naweek toe al die Vrydagmiddag, want die koppe moet skoongemaak word. Bie sout dit dan kom haal en die plan was om dit nou Saterdag oggend, daar op die plaas by sy pa-hullete kook, voor ons spookhuis toe gaan. So leer ek nou met die proses, want ek hou daarvan om te weet.

Die tandjies word mooi skoon geborsel



Saterdagoggend sleep ek uit plaas toe en kuier eers lekker met Bie se pa en ma terwyl ek vir hulle wag.

Jmol kon ongelukkig nie die naweek maak nie, so ek dag ek sal net so ietsie vir hom gooi dat hy kan sien wat hy als gemis het.

Windpomp oppad plaashuis toe



Bie en die familie daag op en ons maak reg vir die kokery, terwyl daar ‘Hoe Maak Mens’ gesels word. Ons leer nog almal soos dit aangaan, maar kom al mooi reg. Kwaatjie, dis nou Bie se vrou, is die een met die finale sê.

Terwyl die koppe aan die kook is…



… loop ek so bietjie rond , want daar’s mos altyd skatte wat rondlê op so ou plaas. ‘n Ietsie vir ChrisL





Wanneer laas het julle so ‘n driewiel gesien, om van die twee AG’s nie eers te praat nie. Bie se eerste Adventure Bike. Sou wat wou gee om hulle onder hande te kry vir ‘n projek.



Dan’s die koppe gaar, word nog ‘n slag mooi gewas, ons pakop en is reg om te ry spookhuis toe.



Net toe daag die res, wat op Glenconner bymekaar gekom het op, en ons sleep.

Daar gekom, soek elkeen vir hom ‘n plekkie tussen die bossies, kamp word gemaak en die Webers aan die gang gesit vir die koppe.

Daai treiler, wat Bie uitgesleep het was ‘n wenner.







Dirty XT, met sy nuwe ryding, het ‘n vinnige draai kom gooi. Duidelik het die man goeie smaak met daai swart TENERE.



Die vuur is reg en die koppies word gepak



Intussen het die Arende opgedaag en vir die res van die middag is Louis nooit ver van daai Webers af nie.





Hy maak net gou seker als is nog reg. Bie se Weber is bietjie vining.



Nou op heelwat van die fotos sal julle let dat almal se aandag erens is, waar daar duidelik iets gebeur. Nemodakar was daar en die wat hom ken sal verstaan. Die man se manewales hou net nooit op nie. En Louis hou die ketels dop



Ons gashere vir die naweek… Die regte BIE,( wat op die grond lê), ons Bie en Kwaatjie. Thanks vir al julle moeite



Julle moet mooi verstaan dat ons die Kopeet ernstig opneem. Groepfoto van die Rammetjie-uitnekke met ons nuwe T-shirts. Met die eet het Bie nou RAMKAT geraak. Die Arende, Louis en Nannie, Bie, BEN TEN en ekke.



En dan word daar kop geëet.





Die Aasvoëls slaan toe. Die man het my kop skoon onder my uitgeëet.



Eerste kopeters… Beagle Boy en n0b0dy lê weg.



En so verwyl ons die res van die middag met lekker kuier. Toe die sonnetjie agter die berg verdwyn kom die koue en die vuurtjie word aangesteek



WTF ? Jy kan hierdie BMW ryers ook nerens heen vat nie



Die son sak, ons kuier, braai en gesels lekker.



Knucklehead en sy seun Jason daag onverwags op en kuier  ‘n rukkie saam



Tiger8 lees vir ons spookstories



Ons het nou wel nie spook gesien nie , maar lekker gekuier, soos net ‘n klomp Honne kan, en die Ooskapers is ‘n lekker klomp.

Volgende oggend is ons vroeg op, maak biejie warm, drink koffie en so tydsaam word daar gepak en is dit tyd om te ry.









Thanks aan almal vir ‘n great naweek. Swart Baard ,wat met die idee vorendag gekom het. Volgende jaar doen ons dit weer. Die Arende wat van ver gevlieg het om saam te kuier. Sien uit na volgende naweek se “Fly with the Eagles”

En aan ons gashere… dankie vir al die moeite.

En Robert ?… nee, ek dink ons los dit eerder. Of nie, ‘n kuier sonder jou sal net nie dieselfde wees nie.



 
En Robert ?… nee, ek dink ons los dit eerder. Of nie, ‘n kuier sonder jou sal net nie dieselfde wees nie.


Nee kyk, sonder Rob, so ons heelwat minder lag, vir hom en met hom!  ;) Soos die man stories vertel en grap maak, is dit beter as vir "Spies en Plessis" te luister, hy's soos n Distrik 6 se "Spies en Plessis" uit die Kaap  :imaposer:
Mooi Nemo, dankie aan almal, so kuier is rerig goed vir die siel..........na so naweek sien ek kans vir n nuwe week, tot volgende keur  :thumleft:  :3some:
 
Ek het hulle darm hopenlik laat wonder so vir 'n rukkie.  :imaposer:
 
Jy moes een van daai "remote control "predator callers in die huis gesit het en van jou bakkie die ouens bietjie laat wonder het. :imaposer:



 
nemodakar said:
J-mo said:
Lekker RR, so ek neem aan geen spoke nie????? :ricky:

NEE. Nog n Myth busted.

Dalk was daar een of twee, maar jy moet weet, die Ghostbusters was daar. :ricky:

In watter span was jy?  :imaposer:
 
Ek moet sê, daai was van die lekkerste koppe wat ek al geeet het.  Weereens baie dankie aan almal.  ;D
 
J-mo said:
Jy moes een van daai "remote control "predator callers in die huis gesit het en van jou bakkie die ouens bietjie laat wonder het. :imaposer:

Presies wat ek gedoen het. Eers die geweerskoot, toe 'n deur wat krakerig oopgaan, toe 'n vrou wat gil en dan die baba wat huil daarna, maar helaas, ons WD vriende was toe al hopeloos te sterk om vir spoke te skrik.  :imaposer:
 
Bie said:
What's been heared cannot be unheared.  :pot:
Brm, brm, brm, BRRRMMM.........brm, brm, brm

Feite  :deal: 

Maar amper dieselfde het met my gebeer op daai laaste opdraaintjie waar jy nie lekker kan besluit watter een van die twee spore om te ry nie  :peepwall:
 
Swart Baard said:
Bie said:
What's been heared cannot be unheared.  :pot:
Brm, brm, brm, BRRRMMM.........brm, brm, brm

Feite  :deal: 

Maar amper dieselfde het met my gebeer op daai laaste opdraaintjie waar jy nie lekker kan besluit watter een van die twee spore om te ry nie  :peepwall:

Proof gentlemen errm, Dogs, Proof...........no hear say is allowed :imaposer:


Ek kan dit nou net in my kop sien, hoe stop daai boxer motor so skielik in daai sloot, dood EN pen-regop, maar jy trek soos n pyl uit n boog, bo oor die screen, iets soos n Charlie Cooper style stunt  :lol8:
Bly dit het nie gebeur nie  :thumleft:
 
So Tiger, tell us about the ghost stories you recited?

And was there absolutely zero paranormal activity? (apart from Nemo's strange behavior)

Did anyone bring along an EMP meter, infra red camera or extra-audible microphone?

Did the koppe move their eyes after dark?

Nothing at all?  :peepwall:
 
J-Dog I think even the indirect connection we had with you via WD was enough to scare them spooks off.  :pot:
 
James I even pitched my tent outside the daughters window. I was going to do some , in depth research, about her fathers death but alas, no lass.
So there I was with a bone and no skeleton to rattle. :3some:
 
nemodakar said:
James I even pitched my tent outside the daughters window. I was going to do some , in depth research, about her fathers death but alas, no lass.
So there I was with a bone and no skeleton to rattle. :3some:

:laughing4: :imaposer: :imaposer: :imaposer:

Typical Rob, imagine the whole weekend like that..............  :biggrin:


J-Dog, no EMP meter, but the temprature did drop radically just after 12am, but the red eyes and terrible groaning all around didn't belong to no Ghost  :biggrin: :pot:
Wendy brought a book on South African ghost Legends and Ben Ten had a CJ Langenhoven compilation, the Uniondale Ghostly Lady was a popular read. An interesting factoid, Port Elizabeth is considered the most haunted City/Town in SA, go figure  8)
Must say reading CJ Langenhovens Afrikaans was a bit of a challenge, as the language is a bit different to our day-to-day speech and reading, but still rich and beautiful, even for a Ghost Story  >:D
 
OK, hier is so paar kiekies van die Arende.

Ek weet nie of hulle skreeu, “HELP HELP” en of hulle net pleinweg vir ons lag nie.
100_5793.jpg


Die ou byt sy eie tong, ek sou ook as ek weet ek gaan nou gebraai word.
100_5794.jpg


Maar hulle lyk darem maar moooooooi.
100_5797.jpg


Nog ‘n kiekie van die amptelike kopeters.  Ek dink na die een gaan daar baie meer wees.
100_5798.jpg


Ek sien die man drink nie pink melkies nie, maar ai, hy laaik sy koeksusters.
100_5800.jpg


Ek gaan jou moer, se die man.
100_5802.jpg


Die nie-kop eter staan darem net te naby aan die koppe.
100_5803.jpg


Die manne het gesorg vir die lekkerste kop wat ek nog geeet het.
100_5805.jpg


Nobody se “possie” vir die aand, dit het darem nie so lank gevat soos Nemo se opslaan nie.
100_5808.jpg


En hier begin die lekkerte.........
100_5809.jpg


Die Arende smul te lekker
100_5810.jpg


DIE DIEF......en Bie en gesin in die agtergrond.
100_5813.jpg


Nemo het waaragtig amper Jupiter se kop onder hom uit geeet.
100_5816.jpg


BenTen smul lekker
100_5817.jpg


Swartbaard, Nobody and Beagle boy aan de eet, ek dink ons moet volgende keer maar net elkeen sy eie kop vat.
100_5819.jpg


Hmmmm, klaar jupiter se kop gesteel, nou hol ons weg...........
100_5821.jpg


En toe word daar lekker gekuier.
100_5827.jpg


Die kamplek vanuit die spookhuis.
100_5860.jpg


So paar kiekies van die kamp
100_5865.jpg


DSCN5304.jpg


DSCN5305.jpg


DSCN5306.jpg


En toe, ongelukkig, was dit tyd om huis toe te gaan.
100_5874.jpg


100_5886.jpg


100_5888.jpg


100_5906.jpg


100_5907.jpg


Ons wil net weereens baie dankie sê vir almal wat by die reelings van ‘n suksesvolle saamtrek betrokke was.  Ons sal weer so moet maak.
@Bie, spesiale dank aan jou ouers vir die gebruik van hul “spookhuis”.

Groete van die ARENDE
 
Mrs Vis Arend very very nice and varied photos as normal :thumleft: :thumleft:
 
Top