Ou Houwhoek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,373
Reaction score
955
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Saterdag die ou Houwhoekpas gaan ry
Van onder na bo, maar die pas is sleg, onderste gedeelte steeds lelik weggespoel
Dik los sand en groot los klippe
Hard gewerk en lekker gesweet, maar done and dusted soos hulle sê
Amper gesê ek sal nooit weer nie, maar sal seker weer
Alleen gery, so was maar ekstra versigtig om nie 'n oeps te kry nie

Hemel en Aarde padwerke, stop & go

De Bosdam, nie meer op oorloop status nie

Karwyderskraalpas

Die begin is by plakkers verby, die area is regtig erg besoedel met vullis

Begraafplaas steeds in treurige staat

Geen herstel na lank terug se verspoeling

Van die parkeerarea is die pad heel goed tot bo

Steeds 'n mooi stukkie pas om te ry, die swaar fiets en TKC 70 bande seker ook bydrae tot sukkel
 
Mooi area!! :thumleft:
Is daai treinspoor nog in gebruik of is dit n dom vraag? :(
 
Nog in gebruik, daar het oorkant die begraafplaas 'n trok ontspoor Vrydag, die diesel enjins en trokke het verder aan op die spoor staan en idle, werkers was besig op die spoorlyn
 
dual said:
Nog in gebruik, daar het oorkant die begraafplaas 'n trok ontspoor Vrydag, die diesel enjins en trokke het verder aan op die spoor staan en idle, werkers was besig op die spoorlyn
:thumleft: :thumleft:
 
Ek het eenkeer my gat gesien op hierdie stuk van die pad! Te vinnig gery, nie mooi gekonsentreer nie, toe moer ek by die afgrond af  :'( Die bike het so gebly hang "on the edge", maar ek kon dit nie uitgesleep kry nie. Toe moet ek al die pad terugstap N2 toe: 2 Harley ryers het gestop, al die pad saam afgestap en my help uitsleep. What an embarrassment  :lol8:

022-1.jpg
 
growweblaar said:

:imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Thanks for sharing, reminder that I need to ride it again soon
 
Ek het op my laste dag trip (https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=265784.0) by die begrafplaas uitgekom en vermoed dit was die Ou Houwhoek pas wat ek wou ry maar, ek was aleen en onseker so toe "chicken" ek maar uit en vat die N2 trug huis toe.

So ek was darem amper op die regte pad maar sal hom nog ry. Wil net nie aleen dit aanvat nie.

Dankie vir die share  8)
 
[member=296]growweblaar[/member] noooit, bru, that's beyond embarrassing....
 
Top