Paar fotos van my Nam trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dorsland said:
Dis darem mooi daai niksgeid.  Dis mos hoe 'n solo gedoen moet word.  Hoe lank het daai Vryburg blitong jou gehou Subie? Kom jy Nam Bash toe?

Hier's 'n foto uit 2002 daar in die Kuisebrivier toe ek te perd van Windhoek, Swakop toe gery het.  Julle's 'n klomp softies  :peepwall:  Sien die pad is nou geteer. 

Ek was so n paar maande in die berede sentrum. Dit het na pret geklink destyds al was ek nog nooit veel op perd nie. Sommer gelieg ook en ek en vriend het gese ons ken perde. Daar by berede uitgevind ek is nie n natuurlike ruiter nie. :imaposer:
Ek is beslis beindruk  :thumleft:
Weet jy daai Vryburg biltong was die lekkerste wat ek nog erens gekoop het. Ek het so 800km per dag gedoen en het maar stukkies biltong en water geeet wanneer ek stop.
Ek is besig om vir my n seilboot te koop/soek so daar gaan nie nog veel finansies hierdie jaar wees vir rondry nie. Ek gaan die bootjie op die vaaldam plak wat dan my toevlug sal wees elke nou en dan om alleen te gaan wegkruip vir die stad vir paar dae. Sal die boot regkry vir blouwater (see) en dan verder my avontuur trippe kuslangs doen.
Wil baie graag hierdie Tosca trip gaan doen wat nou opkom einde Februarie. Glo nie ek sal Nam bash maak nie alhoewel ek graag weer daardie grondpad  van Van Zylsrus na Rietfontein (grenspos) sal wil doen. Het daai stukkie baie geniet . My geheue is bietjie swak maar dink dit is Van Zylsrus of Askham. Dink ek moet so n paar rand van die grocery budget verduister elke maand siende dat ek reeds ver te veel van die groceries self opgeet het  :imaposer:
 
Dorsland said:
Subie,  hoeveel km het jy in totaal gery?  Die Yammie jou niks moelikheid gegee nie?

Ek het so net oor die 5000km gery. Niks moeilikheid nie en sou verbaas gewees het as daar was. My tweede XT660R en net die ideale ryding vir my styl van ry. Ek is glad nie n stadige ryer op grondpad nie . Het al n paar jong manne teegekom wat vir my gese het "ons sal vir oom wag"...... :patch:  Die oompie het toe maar gewag  :imaposer:
Ek het die sikaflex conversion op my bande gedoen maar het nog nie my tubeliss repair kit nodig gehad nie. Interresant iets is ek sou graag n helmet met peak in Namibie wou gehad het om son so bietjie uit my oe te gehou het. Ek het vir baie myle met my hand so oor my oe gery om te kan sien teen die son. Die paaie is liggrys en dit help ook nog om mens sonblind omtrent te maak.
 
Lekker subie, so 'n soul searching trip.  8) Eendag wil ek ook nog Namibie invaar.

Het die XT nie sleg hanteer met al daai gepak op die gat nie?
 
buzzlightyear said:
Lekker subie, so 'n soul searching trip.  8) Eendag wil ek ook nog Namibie invaar.

Het die XT nie sleg hanteer met al daai gepak op die gat nie?

Glad nie. Van die kant gesien is die gewig laag en nie ver verby agteras nie. As jy nou wil laat jou bike kwaai "snake" dan moet jy pakkasie het wat ver agter die agteras verbysteek. Myne is seker nog steeds nie ideal nie. Ek het 4 l water en 8 liter petrol in die bottels gedra. Dit het great vir my gewerk en daardie hele alu kontrapsie is baie lig en sterk. Sikaflex en poprivets. Weet bietjie te maplotter vir meeste maar baie prakties. Soos jy jou bottels opgebruik hou jy agterstes leeg om nog steeds jou gewig na vorentoe
te verskuif. My groot ou duiksak laat die pakkasie ook erger lyk  :ricky:
 
tgg said:
lyk lekker, maar daar het mens darem bietjie company nodig

Het dit gesien met hierdie trip. Lekker om te ry soos jy wil maar die aande  wil ou darem bietjie lag en strontstories ruil met n maat of twee :ricky:

Vroeer het dit my nie gepla nie.
 
Ek het jou trip met belangstelling gevolg en kon sien dat jy op'n missie was met die Kilos wat jy per dag afgele het. Dis die moeilikheid as 'n man alleen ry. Hoe vroeg het jy in die pad geval en hoe laat het jy in die middag gestop?
 
Offshore said:

Ek het seker hier by 07H00 in die oggende al gery en seker voor 16H00  uur al klaargemaak. Min of meer.
Ek het probeer om so tussen 110 en 130 te ry waar pad dit toelaat. Partykeer as ek nie oplet het die bike so oor 140 gehardloop maar dan het ek dadelik die spoed laat val. Wat vir my erg was ek kon glad nie sien wat is sagtesand en wat is lekker harde spoor waar die karre gewoonlik ry nie. Ek het maar meeste van tyd gevoel wat wielle maak om in die ryspoor te bly.
 
Daai wereld is darem maar mooi,Julie is dit my beurt :pot:

Sal seker maar moeilik geslaap kry daai laaste paar dae voor vertrek.

Mooi fotos Subie,n mens kan amper nie n lelike foto daar neem nie.
 
Subie, vertel bietjie meer van daai hool in Otjiwarongo wat jy oornag het, jy het net ligtelik daaroor gepraat. :sip:
 
    Dankie,Subie.Dit maak my sommer weer onrustig.Dis tyd dat ons weer n slag handskud.
 
Dankie Subie, het my help vergeet van my sorge en n smile op die gesig gesit.
 
Dit lyk moerse lekker,

Net 'n vragie aan al die Namib eksperts, ek gaan in April bietjie die Noorde doen, via Swakob, dan op Ruancana, af Etosha toe en dan terug via die Caprivi en Botswana. Ek nou reeds al 'n paar plekke bespreek. Ek toer gewoonlik met 'n plan maar hou daarvan om die roete te verander  >:D

Nou my vraag? Hoe belangrik is dit om kamp plek te bespreek by plekke soos Brandberg, Piros, Obuwa, Etosha ensv.

Kan jy maar net daar opdaag ? (PS ek gaan nie met die bike nie  :( )
 
Offshore said:
Subie, vertel bietjie meer van daai hool in Otjiwarongo wat jy oornag het, jy het net ligtelik daaroor gepraat. :sip:

Nie lus om ou koeie uit die sloot te grawe nie. Net volgende dorpie Outjo het na baie beter opsie gelyk vir oorslaap.  :ricky:
 
Bokveld said:
    Dankie,Subie.Dit maak my sommer weer onrustig.Dis tyd dat ons weer n slag handskud.

:thumleft:
Dankie Bokveld. Sien jy ry ook lekker rond  :ricky:
 
mtbbiker said:
Dit lyk moerse lekker,

Net 'n vragie aan al die Namib eksperts, ek gaan in April bietjie die Noorde doen, via Swakob, dan op Ruancana, af Etosha toe en dan terug via die Caprivi en Botswana. Ek nou reeds al 'n paar plekke bespreek. Ek toer gewoonlik met 'n plan maar hou daarvan om die roete te verander  >:D

Nou my vraag? Hoe belangrik is dit om kamp plek te bespreek by plekke soos Brandberg, Piros, Obuwa, Etosha ensv.

Kan jy maar net daar opdaag ? (PS ek gaan nie met die bike nie  :( )
Ek het met my gesin opgedaag by Brandberg en by Etosha en slaapplek was geen probleem nie,het gekamp,maar huisies was ook beskikbaar.
 
Mooi plek en mooi XT, het jy hom so verander en wys foto van naby. Hoop om in volgende 2 jaar Namibia te ry :thumleft:
 
XT JOE said:
Mooi plek en mooi XT, het jy hom so verander en wys foto van naby. Hoop om in volgende 2 jaar Namibia te ry :thumleft:

Hello XT Joe
My XT is standaard. Ek het  handguards, bashplate,luggage plate en headlight protector. Ek het so n aluminium kontrapsie gemaak wat ek net op lang trips gebruik in die verte in wat ek afhaal as ek nie op langpad is nie. Sal kyk vir fotos.
 
Top