Quick Sunday ride around Uniondale

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kielie

Pack Dog
Joined
Apr 14, 2008
Messages
66
Reaction score
0
Location
Perth
Bike
Yamaha XT660
Vanoggend so vinnige ry gevat om net die somer te verwelkom.
Vanaf Avontuur deur Uniondale en dan links na De Rust se kant toe.
So 10 km verder links op 'n grondpad vir 22km wat weer aansluit by die teer voor De Rust.
Daar regs na Barandas toe...stop by die verlate stasie.
Dis so warm dit lyk of ek rooimiere in my klere soos ek uittrek met die stop !
 

Attachments

  • IMG_8861.JPG
    IMG_8861.JPG
    89.3 KB
  • IMG_8867.JPG
    IMG_8867.JPG
    104.2 KB
  • IMG_8868.JPG
    IMG_8868.JPG
    104 KB
Van Barandas af verder na Willowmore se kant toe, seker so 20km en dan links af op grondpad na Toorwater  toe 7km verder. Toorwater se stasie het nie eers 'n ordentlike gebou nie. Ek dink die fliek Paljas is hier rond geskiet meer as 10 jaar gelede.
In die omgewing is ook warmwaterbronne wat vroeer jare 'n gewilde piekniekplek was.Ek het gehoor dis nou in private besit en die plek val uitmekaar uit. Die warm water loop nog in voortjies daar. My volgende Sondagoggend wil ek daar 'n draai gaan maak.
 

Attachments

  • IMG_8870.JPG
    IMG_8870.JPG
    104.6 KB
  • IMG_8875.JPG
    IMG_8875.JPG
    94.9 KB
Sien nou net op Google Earth die warmwaterbron is net so 2 km verby Toorwater stasie...wens ek het dit vroeer geweet...
 
Mooi man! Gepraat van De Rust,as jy deur die poort net buitekant De Rust ry, kry jy n afdraai na regs wat se Klaarstroom. As jy daardie pad gevat het moes jy seker maak om by De Rust brandstof in te gooi,want selfs n donkie kar sien jy selde. Pragtige pad met die mooiste wild so plek plek en groen koppies wat soos oasis hier en daar sy kop uitsteek. Die roete ontgaan my so n bietie,maar jy kan daardeur tot aan die ooskaap se kus ry sonder baie teerpad. n moet vir al die Gautengers wat na die huis sou verlang!! Trailrider sal meer detail oor hierdie roete he!
 
Daar is beslis een. Ek was nog nie self daar nie maar hoor dit is nou in private besit.
Vroeer jare het Uniondale se mense glo daar gaan braai ens soos by 'n "resort"
Blykbaar loop die warmwater nou in sementslootjies en van die geboue is vervalle.

Ek wil self binnekort gaan kyk. Ek weet glad nie of die eienaars gelukkig is met mense wat net daar opdaag nie. Sal julle laat weet nadat ek daar was.

Ek neem aan Toorwater verwys na die warmwater.
 

Attachments

  • toor.jpg
    toor.jpg
    129.9 KB
Ja, ek het toe gaan kyk vandag. Eers by die verkeerde plaas ingedraai en toe kom daar 'n iemand by die huis uitgestap...maak toe maar of ek kamstig verdwaal het..gelukkig herken hy my toe en sê ek kan enige tyd gaan kyk..dis net verder aan. Toe ry ons verder..daar is so kerkie aan die kant van die pad en sien mens die gebou.

Foto 1 : daai rooi aan die regterkant lyk  soos vulkaniese klip en dis waar die water vandaan kom met 'n pyp. Dit was te warm om die pyp na die oorsprong te volg..ek sou doodgaan.

Foto 2 wys die snaakse rooi grond..regs is die sloot waar die pyp  afkom.

Foto 3 : Klipbad in een van die gebou se kamers. Hulle het seker vroeer die warm water daar laat inloop.

Foto 4 : die warm water loop uit die pyp dan verder in n slootjie na 'n dam.
Foto 5: Gebou van kant af met sloot.

Dit lyk na 'n lekker kampplek. Ek weet net nie of daar werkende toilette is nie.

Die plek is redelik oop met geen "Geen Toegang" borde so ek neem aan hulle is nie vyandig teenoor mense wat kom kyk. Die ou wat ek gevra het se naam is Matthew, sy ma woon in die groot huis agter die kerkie. Voor die kerkie is nog 'n huis waarin in ou dame woon.
So vra maar vir Matthew as julle iemand raakloop.

Terug het ons 'n ander pad gery verby 'n Rens Reich gastehuis en weer by die teerpad tussen Uniondale en Willowmore uitgekom.



 

Attachments

  • IMG_8905.JPG
    IMG_8905.JPG
    94.9 KB
  • IMG_8901.JPG
    IMG_8901.JPG
    151.2 KB
  • IMG_8915.JPG
    IMG_8915.JPG
    52.7 KB
  • IMG_8907.JPG
    IMG_8907.JPG
    139.6 KB
  • IMG_8909.JPG
    IMG_8909.JPG
    105.2 KB
Top