My eerste EC Bash, en eerste keer deur Baviaanskloof, asook vir Kai en Anwar wat saam soontoe gery het.
Ons het teerpad van die Kaap gery tot by George, dan deur Montagu Pas, Potjiesberg Pas, Uniondale, Baviaans.
12 ure op die pad maar dit was 12 lekker ure, pure genot.
Die weer was perfek. Die kuier baie lekker. Die kos absoluut uitstekend. Die musiek het ons terdee geniet.
Die mense almal besonders vriendelik.
Saturdag het ons rustig gery tot by Smitskraal vir n bietjie verkenning, met Ri, Sonja en Frikkie. 7 ure uitsappie.
Sonday net voor 8vm vertrek. Ri besluit sy ry saam met ons terug Kaap toe, so n los formasie van vier.
Smitskraal was glad nie so moeilik as wat ons verwag het nie, maar dankie aan Gérrard wat ons gewarsku het oor die groot lip op die ver kant. Ons her daar ‘n bietjie vertoef om die sports aantekyk.
Ongelukkig op Holgat Pas, het Anwar geval by die sement spoor.
Die R1200GS se regtekant tappet-cover is gebreek en die olie stroom uit.
Anwar se regte skouer is beseer. Ek sien onmiddelik dit is ontwrig, en moontlik ook die sleutelbeen gebreuk.
‘n Kar wat agter ons was, offer Anwar ‘n geleenheid saam met al sy bagassie.
Ons skuif sy GS so ver van die pad af as moontlik sodat verkeer veilig verby kan ry, en neem die GPS lat/lon vir die recovery crew. Anwar het saamgery tot PE en daarvan terug Kaap toe gevlieg. Sy Bike was sommer verbasend gou gehaal.
In die Kaap meld hy by Rondebosch hospitaal aan vir X-strale wat bevestig die sleutelbeen is gebreuk. Maandag aand opereer hulle en Dinsdag oggend is hy verslaan, sonder baie pyn.
Die wonders van moderne medisyne.
Die res van ons, Kai, Ri en myself ry toe wye draaie tot by ons oornag by ilita lodge in Groot Brak, nog ‘n 12 uur dag op die pad.
Na twee aande se koue tent, was ‘n lekker warm bed besonders welkom.
Maandag ry ons net gryspad tot by Touwsrivier, deur Botlierskop, Dagbreek Pas, Moordkuilrivier Pas, Haelkraal, n koue bier gedrink by Bonniedale Holiday Farm in die Attequaskloof, deur na Jan Mullers Pas oor die Gouritz Rivier, verby Van Wyksdorp, warm sop en koffie by Algerynskraal, deur Prinspoort Pas, Outol Pas, Klein Swartberg Pas, deur Anysberg reservaat.
Anysberg was vir my die heel moeilikste deel van die hele naweek, al was ek voorheen daar deur.
Dit was kort voor sononder en verblindend reg van voor.
Alles was in uitgesnyde silhoeët en onmoontlik om die grond te sien. Ons ry blind oor skerp klippe, oor rotse, deur dik sand, om draaie wat skielik voorkom, teen spoed, want nou is ons nogal laat. Ek is verbaas dat ek die pad net drie keer verlaat het.
Ri ry asof die duiwel haar jaag en ons kan haar nie inhaal nie. Ongelooflik!
Eers toe die son heeltemal verdwyn, kon ons weer rustig ry tot by Touwsrivier.
Daarna net teer langs die N1. Ons wou graag oor Dutoitskloof Pas ry maar dit was al pik donker end ons was honger en koud, toe gaan ons maar deur die tonnel.
Om half-nege by die huis aangekom. Weer eens net oor 12 ure op die pad.
Altesame 43 ure op die pad oor 4 dae.
Anwar herstel sterk aan. Hy ry seker weer binne etlike weke.
Ons kom volgende jaar weer!
Fotos kom binnekort.