Robert toer na Robertson

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,108
Reaction score
297
Bike
BMW R1200GS Adventure
So die groot dag het toe aangebreek .  Die span het rondom 8 uur uit Villiersdorp vertek en baie ander het sommer so langes pad bygekom . Een lidmaat het hulle sommer so tegemoet gery van Robertson se kant af en op n hoë kluit die petalje aanskou soos hulle hul opwagting gemaak het , Robert natuurlik heel voor soos dit n kampkommandant betaam , maar ook teen n heel gemaklike makeer die pas van so om en by 100 kmh.

Sit nog so op my kluit enbekyk die besigheid , en soos die fietse verbyry , toe besef ek , die manne het vir Robert in groot getalle kom ondersteun in sy eerste "lang " trip . Nogal lekker om so te sit en kyk hoe die bolling verbyry en om te kyk hoeveel van hulle ek kan herken .

Anyway , by Ektoknfiattrekkerennklompjagermeister se plaas het die manne gestop om te hergroepeer . Het vir Robert ontmoet , nice ou die Robert . Laat my nogal dink aan daai groot vriend van my daar in die Suidkaap , Cassie Botha. Dieselfde passie vir die 2wiel goed . Robert ry met n ou XT 500 , een van daai fietse wat jou oor die handlebars kan gooi as jy hom nie reg op TDC kickstart nie . Mos darem ook nie enige ou se werk om n ou XT 500 brand te trap nie , maar met so paar trappe elke keer het Robert tog lewe gekry in die ou enkelsilinder .

Vandaar is ons maar so speel , speel , Skerpenheuwel langs ,  een van my gunsteling speelplekke , tot by Robertson waar ons n lekker ontbyt by Rooibergwinery gehad het . Na n lekker Sjampanje ontbyt ( nê Hein en kriekie ) is ons na Bon Cap waar eienaar en soms barman  Roela ( Seeduiwel ) ons geskiet het vir n lekker koue enetjie . Nogal On Tap . Dankie Roelf en Michelle vir julle gasvryheid .

As ek een ding die naweek geleer het is dit dat dit nie noodwendig die trip is wat dit lekker maak nie , maar wel die regte vriende . Robert, volgende keer ry ons bietjie verder , hulle sê man kry lekker brekvis op Montagu .  ;D      :thumleft:


1.        Die hele bolling by ontbyt by Rooiberg

                    Weha , Jannieswartballe , Louwtjie , Mapsorsie , Kriek , Robert , Dirk , GJ , 2Stroke Dan , Oom Foerie ,  Ouman , Ektok, Operator en   
                    Seeduiwel , hoop ek het almal .

2 en 3  Seeduiwel onthaal ons met n lekker koue enetjie by Bon Cap . 

Sit maar nog fotos by as julle het asb.
 

Attachments

  • 23 001.jpg
    23 001.jpg
    228.8 KB
  • 23 003.jpg
    23 003.jpg
    168.5 KB
  • 23 002.jpg
    23 002.jpg
    209.2 KB
wens ek daar, manne

ja die voordeel van sulke trippies is dat dit meeste manne se besige skedules in die ou lewe pas. as mens net fokus op oorslaaptrips gaan jy baie uitmis en net sit met n pap battery.
 
    Ai,en daar mis ek julle.Saterdagoggend die Eilandia-pad na Kwaggaskloof gevat,maar net n paar manne van die BMW-klub langs die pad gekry(dis nou van Robertson se kant af).Na ek my ou pel gaan groet het by Brandvlei,is ek met die Scherpenheuwel-pad terug Montagu toe.Ek het wel n paar snye op die pad gesien asook merke van n amperse foutjie teen Scheepershoogte,maar dit was seker nie een van julle nie,want op die foto lyk julle vir my na n klomp kerksmense.
 
Dankie Robert, het die kort trippie sommer baie geniet.  Om nuwe mense te ontmoet is altyd lekker.  Dankie Seeduiwel vir jou en vroulief se gasvryheid.  Jammer vir die ou wynglasie wat in die slag gebly het. :xxbah:
 
Dankie vir die ride Robert. Jy en daai (ex 2SlagDaan) XT maak 'n duidelike kombinasie.  :thumleft:

Ons gaan weer eendag ry.  ;)
 
Kriek1 said:
Dankie Robert, het die kort trippie sommer baie geniet.  Om nuwe mense te ontmoet is altyd lekker.  Dankie Seeduiwel vir jou en vroulief se gasvryheid.  Jammer vir die ou wynglasie wat in die slag gebly het. :xxbah:
Ag die ou glasietjie is niks, Krieks! Lekker om te ontmoet. kom kap maar weer 'n es, ekke is maar hier.
 
Ai man, ek't julle manne gemis met 6km, darem Sondag vir Fendie gaan hello sê... Ektoknfiat, daai sticker kit lyk bitterlik jags vir my :thumleft:
 
Die trip was lekker maar hy het my baie geld gekos :imaposer:  Robert ek  moes nooit die spin op die 690 gevat het nie, het toe maar enetjie aangeskaf.  Awesome bike.  Ek wag vir volgende trippie, maak 'n plan.
 
See duiwel, hiers hy nou, hierdie masjientjie is kookwater hoor, love dit....
 

Attachments

  • 2012-10-25 17.33.24.jpg
    2012-10-25 17.33.24.jpg
    357.1 KB
Kriek1 said:
See duiwel, hiers hy nou, hierdie masjientjie is kookwater hoor, love dit....

Dit was darem die vinnigste wat ek gesien het iemand verkoop en koop nadat
die persoon geval het vir die verleiding van 'n 690 !!  ;D ;D ;D

Geniet hom Kriekie  :ricky:
 
PRAGTIG!! Enjoy en lekker naweek . :thumleft:
 
Top