"Se Moer Toer" na National Bash X

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
boere said:
Jis ou Vaalbaas jy praat darem baie uit jong >:D >:D

Heloooo Boere  :ricky:

Hahah ja soos as jy saam met ons ry dan voer ons jou nie kos nie , net bier en espresso milkshakes.  :imaposer:

Gelukkig swyg hy oor die res .  :laughing4:
 
Rynet said:
So paar fotos en jy kan maar please explain van die laaste foto  :imaposer:

Ek dog ek is die enigste wat so staan en val.  :patch: 
Kom nou, verduidelik so bietjie............. :biggrin:  En moennie sê dis daai Black Label nie.  :eek7:
 
Vis Arend said:
Rynet said:
So paar fotos en jy kan maar please explain van die laaste foto  :imaposer:

Ek dog ek is die enigste wat so staan en val.   :patch: 
Kom nou, verduidelik so bietjie............. :biggrin:  En moennie sê dis daai Black Label nie.   :eek7:

Sien julle die ooreenkom tussen die foto van my en die een van Twe Twe. In albei is daar 'n waterbottel  betrokke. Daai plek se waters maak nie mooi nie >:D :peepwall: :patch:
 
As n reël klim mense gewoonlik af as hulle n powernap wil vat gedurende die dag :peepwall: ;)
 
VaalBaas said:
Vis Arend said:
Rynet said:
So paar fotos en jy kan maar please explain van die laaste foto  :imaposer:

Ek dog ek is die enigste wat so staan en val.   :patch: 
Kom nou, verduidelik so bietjie............. :biggrin:  En moennie sê dis daai Black Label nie.   :eek7:

Sien julle die ooreenkom tussen die foto van my en die een van Twe Twe. In albei is daar 'n waterbottel  betrokke. Daai plek se waters maak nie mooi nie >:D :peepwall: :patch:

Dit het niks met die water te doen nie.... :lol8: :lol8:

Gelukkig het ek nie van my bike afgeval nie.... net my voete..... :lol8:
:ricky:
 
:imaposer: Ja Louis, die staan vallery sit mens nogal in die oog....

Daar was net 1 Black Lable in die verhaal, so neee wat issy sy skuld gewees nie.

@ Twe Twe - die een was die water se skuld :peepwall: :pot:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
As n reël klim mense gewoonlik af as hulle n powernap wil vat gedurende die dag :peepwall: ;)

As mens dom is moet mens seker maar...... :biggrin: Is daai Dorsfontein bordjie van ene Hendrik se skuld :imaposer:
 
Ek vra maar omverskoning vir die stadige RR. Die laaste 2 weke het 'n paar laataande in gehad en die vroer opsaan gebeur nie spontaan nie.

Sal nog by die huis uitkom, ma wie is dan nou ooit haastig huis toe. :p ;D
 
boere said:
Jis ou Vaalbaas jy praat darem baie uit jong >:D >:D

Wat het ek dan nou uitgeblaker. Jou more en aandpraatjies stem nie saam met die afstande op teer nie >:D :pot:

Nee wat ou Ian, ek was maar dankbaar vir daai voorvat ander het ek geen grond oppad Rietbron toe gesien nie. Ek het mos hier vorentoe genoem van die fancy GPS wat by die huis lê. Is nou so in die kraal van BMW ryers. Ons het al die tools (op "face value"), mar dis net daar om te praat van ::)  :imaposer:
 
NouPoort en verder....
Nog van daai swartstreep voor die teerpadmonster(s), want eks mos nou nie meer allen nie. ;D Net voor Middelburg ry on by 'n vriend van my se plaas verby. Ek is al soveelmale saam genooi soontoe op 'n bike trip, maar moes dit maar van die hand wys. Sy weeksdae af en my werkdae kry elke keer nog stry. Ek vertel hom maar elke keer nog dat ek nie graag saam met KTM's op die pad gesien wil word nie... >:D  ::) en hier ry ek so waar as wragtig tussen 3 van die goedte  verby sy grond.

Op Middelburg maak ons weer vol want, nou gaan ons die scenic route in die rigting Graaf Reinett.  Dis 'n pragtige stuk pad na ons van die groot grond afdraai op 'n effens beter as 2 spoor, verby bekende bakens soos Sneeuberg afdraai en toe die wyse keuse Niew Bethesda teen die tyd middagete :thumleft: ;D
 

Attachments

  • DSC_0018.JPG
    DSC_0018.JPG
    311.4 KB
  • DSC_0019.JPG
    DSC_0019.JPG
    176.2 KB
Bwaaahaaa !!!!!  :imaposer: :imaposer:

Plat op die Karoo grondjies, en dit vir 'n botteltjie water,,,,,,,,,,,,,, babelas is 'n lelike ding lyk dit vir my.  :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Jakkals said:
Bwaaahaaa !!!!!  :imaposer: :imaposer:

Plat op die Karoo grondjies, en dit vir 'n botteltjie water,,,,,,,,,,,,,, babelas is 'n lelike ding lyk dit vir my.  :imaposer: :imaposer: :imaposer:

Jy reken  :spitcoffee:
 
Hier bo maak Boere en Rynet seker on is by die regte afdraai en op die tweede foto die pad oor die vlaktes. Van daar die pad interesant met drifies populierbosse wat ongelooflik mooi moet vertoon in die groenblaartyd. Van daai bosse loop die pad deur en op een plek vir so mooi lang tonnel.  Die Sneeuberg afdraai kom en gaan en nou raak ek effens op my senuwees.  ;D  Ons is nou in Dorsland se wereld en die mense raak mos vreeslik opstoppelis as mens daarrond is en nie kom hallo sê nie

So draai ons af en vat die 7km Nieuw Bethesda toe vir middagete. Daar is 'n groep fietsryers op die stoep en ook maaar gelukkig net oppad om te ry. Die vrou is kalm opgestres. Ons vat hulle plek op die stoep en Rynet bied aan om die bestelling sommer te gaan gee, maar sy weier en kom haal dit heelwat later self. Ook maar goed so, anders sou my en Gaven se order nou nou omgeruil gewees het :imaposer:.

Daai tyd kom Ossie hulle in nog 'n groot groep daar aan en hulle sien die antie gaan nie die mas opkom vanmiddag nie. Hulle tel toe maar net die beursie van Jeff op wat hy daar verloor het. Iemand het dit opgetel in die straat en so het hy weer sy baas gekry 3 dae later.

Hieronder Rynet terwyl ons cuppichino milkshake uit 'n vles dink met mini marshmellows. Die bleddie goed wil gevang wees.  :lol8: Daar op die stoep raak ons ietwat te sielkundig vir Boere en die loop toe maar 'n draai tot ons die huweliksake afgehandel het. Gavin is oppie foon huis toe om reelings te tref. Sy vrou is sleg siek, maar gelukkig hoef hy nie vroeg huis toe te draai nie. Hulle 3 is nog pad Baviaans toe. :drif:
 

Attachments

  • DSC_0020.JPG
    DSC_0020.JPG
    253.9 KB
Eintlik kan ek nou glad nie meer tyd onthou ni, maar daar het ons brkvis gevat op so 'n laaaang bord. Heerlik sos alle kos maar vir my is ;D.

Ons sitte nog so bietjie gesit en ons toerleiermeen toe dis tyd dat ons verder. Weer terug op die 7km en daarvandaan Graaf Reinett toe. Net so voor die dam kom os die dorp binne.......................

Ok man ek het mos in de pad loop lê ;D Hier is die verduideliking vir die wat dit wil glo >:D
 

Attachments

  • IMG-20151005-WA0008.jpg
    IMG-20151005-WA0008.jpg
    256.4 KB
  • IMG-20151005-WA0010.jpg
    IMG-20151005-WA0010.jpg
    268.9 KB
Hey, dis 'n lekker RR die!! Lees sommer lekker en geniet die fodies!  :thumleft:
Dankie en groete!  :)
 
Alhoewel ek geen boerbokke gesien het nie, het ek maar nog steeds gewonder of ons nie in die omgewing van Dorsland se plaas ry nie en net daar staan die Dorsfontein bord. Ek het vir Boere vertel van die ou wat daarond boer, en so entjie verder stop hy en vra of dit nie dalk sy plaas is waarby on nou verby is nie.

WAG, laat ek gou loop kyk. Weet darem die man se naam is Johan, maar as ek reg onthou is die naam om die plaasbord Hendrik. Daai weer om en daar lê my waterbotteljie so halfpad tussen my en die trio in die pad.

Ek stop langs die bleddie ding maar klim nie af van die fiets nie. Nodeloos om te sê spreek die fotos die res. Ek was al so halfpad op toe Rynet met die kamara nader gedraf kom. Gaa lê ek toe maar weer dat dit maar vasgelê kan word. ;D. Met latere gesels het ek agtergekom ons was aan die verkeerde kant van die pad. Dorsland boer met die bokke verder suid en ek kon maar ontspan het tot in Graaf Reinet.

Daar tap on weer petrol. Daar by die garage staan 'n pragtige Foreward Control Landy. Ek bel 'n vriend wat nog laas ene gesoek het, maar hy laat my verstaan sy KTM is genoeg vir nou. ;D hy soek nie og lekkende goedte op sy werf nie :peepwall: :pot:

Saam terk ons daar weg, maar vir korte duur. Daar is 'n afdraai PE se rigting en vooruit op my pad lê Aberdeen. Dis waar ek moet heen en hulle is oppad Baviaans toe,

Groet :'( (so 'n lee gevoel tref my toe ek daar wegtrek. Saamry is maar lekker. Dis net anders)

Sopaar donder druppels val op die pad en kort voor lank is ek op Aberdeen. Stil plekkie op 'n Sondagmiddag, maar hier bly ook iemand op die forum. Stop by die poliesstasie en verduidelik so veel as wat ek inligting beskikbaar het, maar blanks is al wat ek in die gesigte sien. Stuur vir Tau 'n pm  -  geen antwoord nie. Ek het nog tyd en staan so bietjie daar rond, Se Moer ek bel vir Tau. As hy nou slaap is dit maar daarna toe. Het jy Bie se nr. Ja. Stuur hom vir my. Waar is jy dan nou? Op Aberdeen. Nee jou drol, hy bly op Jansenville. OK well fine dan. Die blanks was nie verniet blank nie :p

Wll dan is maar voort Wllowmore se kant toe. Vra daar die poliesman . Hoe ver Ritbron toe.So 50/60km? Nei menee, jy ry tot by die Beervleidam. Daars 'n mooi plaas aan die linkerkant en die dam aan die regterkant.

89km verder met 2 effense knakkies in die pad stop ek om foto terug te neem van die reguit stukke teer waar ek nou oor is.
Die foto wys nie die frustrasie nie  :xxbah: maar daai is ver in die verlede in ;D
 

Attachments

  • DSC_0024.JPG
    DSC_0024.JPG
    252.2 KB
Hitman said:
Hey, dis 'n lekker RR die!! Lees sommer lekker en geniet die fodies!   :thumleft:
Dankie en groete!  :)

een van die planne was om dalk by jou om te ry, maar die tyd was maar min. ;)
 
Dankie BOERE, RYNET en GAVIN. Dit was voorwaar 'n belewenis om saam met julle te kuier en te ry.  :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
Top