Dis Maandag more op Rietbron. Dinge gebeur vroeg. Ettienne en die meisiekind is rondom 5 al weg Beaufort toe vir skoolweek en aankope vir sy winkel. Sy vrou is 6 uur winkel toe. Ek pak my goedte en maak die waterdigte(niestofdigte) MR Price luggage system weer agter onder die cargo net vas.
Dammit, die wiel is weer pap. Het 1.4 bar toe nog. Blaas op n gooi bietjie water. Hy maak fyn borreljies. Se Moer. Ek gaan tot op Beaufort kom. Bel vir Jakkals. Hy het laas vir Noneking-hulle beduie daar na Klein Jaco, sy klein neef. Kry die rigting soonoe en vat die pad.
Sy meisiekind het een sak boekegoed by die huis vergeet. Ek vat dit sommer dan saam tot by die skool. :thumleft:. Kyk ek is so... as ek eers oppad is dan is dit mos oppad. Se Moer kan ek daar wegkom sonder nog ;n volbord bacon en eiers. Die tannie, Ettiene se skoonma, weier en beduie net in watter moeikikheid sy gaan wees as hulle uitvind ek is daar weg sonder om te eet.
Gooi nog 5l petrol daar by sy winkel in groet die vrou en vat die pad op Beaufort toe. Dis 80km en op 40 stop ek om die banddruk te kyk. Heelpad het ek 'n paar maal se geloer in sy rigting, maar die pad is mooi en ek voel niks snaaks nie.
0.4bar. Probeer nog 'n plug indruk :
Die tool verlaat my daar langs die pad.
Seeee Moer, nou ry ek jou so tot in Beafort. Dis nou nadat ek hom probeer pomp het en hy nie wil druk vat nie. Klein Jao is uit, kry vir Ettienne in die hande. Word weggewys by Super Quick :xxbah: ???(Hulle vat nie aan fiets rims nie) en eindig by Hennie. Nog 'n Karoomens. Daai soort soos 'n mini taxi bus. Daar is altyd plek vir nog. :thumleft:
Die gebreekte tool en Hennie se plek en die invoice.
Dit was 2 gators en genoeg slime om die band te red ??? :thumleft: