"Se Moer Toer" na National Bash X

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lekker aand hier op George,


O'ja,,,,,,,,,,,,  naand Vaalbaas.  :headbang: :headbang:
 
Dis ongelooflik hoe vinnig roofdiere en dinge op so vragmotor se vrag beslag kom lê. Ek kan nou nie die naam op die kant van die trok onthou nie, maar skat dis soortgelyk aan Raimondi's hier in die Weskaap. Daar was karre  en mens. Het gelyk of dit die "opening sale" by woolies is.

Vandaar aan lê De Rust so bietjie naby aan die berg as wat ek kan onthou. Dit maak toe die roofdier getalle duidelikker. ;D Nou is dit so tussen 12 en 1. Petrol moet ek tap in Oudtshoorn en ek probeer Jakkals bel, om te hoor hoe sy middagete dinge werk. Hier p die forum lees mens mos gereeld dat hy die land se ekonmie aan die gang hou.  :imaposer: Dis dalk 'n besige man, wat besoek tye het. :pot: Geen antwoord. See se kant toe lê die wolke dik. Wou eintlik ook mar net hoor oor die weer aan daai kant van die berg.

So deur die trip het ek en een van my tappit pelle van die Kaap gereelde w app komms. Wat sien jy? vra hy gereeld en dan neem ek foto (dit verduidelik die een).
 

Attachments

  • IMG-20150928-WA0000.jpeg
    IMG-20150928-WA0000.jpeg
    106 KB
Werk jy vir die staat? Vriet jy hoender? Waar is dit?
Oudsthoorn.
Jy's lekker laf, jy het dan gesê jy ry huistoe vandag.
Is oppad.

Se Moer met die wolke aan die see se kant en ek draai links, waar die borde wys George. Dis mooi en nuwe wereld vir my.

Net so paar km uit die dorp, in daai koppe draaie pad voor jy Outeniqua pas kyr kom daar 'n Lowbed met 'n watertrok van voor verby. Die water trok is 'n ronde neus Merc, wit kop en blou tenker. Erens het Jakkals, mos Tipper raad gesoek en die die thread het hy so genoem van die ou trok wat hy nog het en die wit en blou (Yamaha configuration) kleur. 1+1=2. Dit moet hy wees.

Ek stop nie by die uitkykpunt op Outiniqua nie. Van daar kan die HP dalk die ou "gronpadpas" daar onder sien en netnou netnou trek hy naat op my. Hou sy neus lekker laag deur die lang draaie van die VaalBaas :biggrin: pas. Aai die ou gronpad monster laaik darem ook so die renbaan gevoel :peepwall: :thumleft:

Liewe hel, maar George se hoofstraat is besig. Van waar jy om die sirkel inkom bo vir 20min kruip ek af en is op die uitkyk vir Jakkals hoofkwartier op George. Die skool het seker nou uitgekom reken ek, maar dis mos darem nie die begin van die jaar nie. Dis die begin van die vierde kwartaal, die SUB A tjies is mos nou al almal gewoond aan die skool ding.

Dit is 'n bus wat gebreek het. Verby die lyk dit toe heel normaal Georgerig en hier is die Hoofkwartier van die Jakkals aan my linkerkant. :lol8:
 

Attachments

  • IMG-20150928-WA0002.jpeg
    IMG-20150928-WA0002.jpeg
    237.7 KB
Stuur die foto weer Kaap toe.
Jy's kens man.

Daar is 'n miskol van Jakkals en ek bel hom.  Ek staan hier lang die pad tussen George en Oudtshoorn. Is oppad na jou toe, maar hier staan 'n Lowbed half van die pad en die watertenker wat bo-op moet wees lê langsaan in die veld. Dit moet nou net gebeur het.
Moenie so sê nie, ek ek het juis 'n ene oppad daarheen.....
.....kon nie lank aanhou met die storie nie. ;D
Nee, man moenie stres nie, ek is by Yamaha           op George.
Wag net daar ek kom.

Dankie Jaco vir die koffie en die burger. Dit was sommer vorentoe. Volgende keer kom jy met 'n groter kar. :deal: Ek sit 'n Bantam stofdig :imaposer:

Terug by Yamaha wys Jakkals my die tyre wat hy van sy fiets afgehaal het. Ons het jare terug hier al tyre deal gehad. Vat die een saam. :imaposer: :dousing:. Jis, dankie man, maar wa maak ek die ding vas op  ???

Gawe mannetjie in die workshop sê hy het tyd. Hy kan hom sommer opsit. :thumleft:
 

Attachments

  • DSC_0047.JPG
    DSC_0047.JPG
    195.5 KB
Nou is dit 16h00, die Hp het nuwe (lyk amper so)agtervoet op, reg vir enige gronpad huistoe, maar die tyd het uitgeloop. N2 hier gaat ons. Thanks weer Jakkals. Van daar het ek sommer baie rustiger gery. Daai ander band het my heelwat laat worry en ek het tyd en taks agtertoe geloer. Nou kon ek fokus vorentoe,              op moeilike omstandighede om te ry,          die N2 :ricky:

Stuur die foto huis toe. Ek is hier en laat weet dat ek so 20h00 daar behoort te wees. Hulle moet nie bekommerd raak as dit donder raak nie.
 

Attachments

  • IMG-20150928-WA0007.jpeg
    IMG-20150928-WA0007.jpeg
    142.1 KB
By Swellendam anngekom is dit die 5de roadblock en die 4 een vir die dag waar ek gevra word vir lisensie. Oorywerig lot om so na die naweek te werk, dis dan maandag. Hy kon probeer om my vir baie dinge te skryf, maar vir 'n gladde agterband.................. nie vannaand nie.
 

Attachments

  • DSC_0049.JPG
    DSC_0049.JPG
    215.9 KB
Laaste petrolstop op Robbertson. Nou is dit weer sterkskermer en daai deel van 'n trip waar dit moeilik raak. Die einde is naby en die geniet nog nie op nie.
 

Attachments

  • DSC_0050.JPG
    DSC_0050.JPG
    230.4 KB
19h45 stop ek by die huis. Hel dit was lekker, maar ook mos lekker om weer terug te wees.

W app;
Waar slaap jy vannaand?
By die huis.
Wys.
 

Attachments

  • IMG-20150928-WA0009.jpeg
    IMG-20150928-WA0009.jpeg
    129 KB
1952km in 65 uur en daarvan was 'n skamele 248km grondpad. Iets waaroor ek die einde nog lank nie gehoor het nie. Ek het op 'n stadium deur die loop van die Vrydagaand dit oorweeg om met die S te ry. Noneking se kommentaar was seker reg, maar dit sou sekerlik nie die eertse sportskoeter op 'n WD bash gewees het nie.

Soms moet mens maar net doen wat gedoen moet word en om die Hp op op teer te toer is ook glad nie 'n straf nie. 2 dae van 700km+ en 'n 500 tussenin  :ricky: :ricky: Sal nou weer klim :drif:
 
VaalBaas said:
1952km in 65 uur en daarvan was 'n skamele 248km grondpad. Iets waaroor ek die einde nog lank nie gehoor het nie. Ek het op 'n stadium deur die loop van die Vrydagaand dit oorweeg om met die S te ry. Noneking se kommentaar was seker reg, maar dit sou sekerlik nie die eertse sportskoeter op 'n WD bash gewees het nie.

Soms moet mens maar net doen wat gedoen moet word en om die Hp op op teer te toer is ook glad nie 'n straf nie. 2 dae van 700km+ en 'n 500 tussenin  :ricky: :ricky: Sal nou weer klim :drif:
Jirre Vaalbaas. ek is al opgewerk en hier kom jy nou eers van die Bash af :imaposer: :imaposer:
 
Dan kom jy by die huis en moet SOP eet.  Daai vroutjie van jou het seker gedink / geweet jy is siek. :imaposer:
 
:blob10: :blob3: :blob5: :blob6: :blob7: :blob8: :blob9:

:headbang: :headbang: :headbang: :headbang: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:

:wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav:
 
woody1 said:
Dan kom jy by die huis en moet SOP eet.  Daai vroutjie van jou het seker gedink / geweet jy is siek. :imaposer:

Dit moet net lyk na toetrek, dan maak sy sop.  ;D
 
Thanks Louis :biggrin: Sal volgende keer reel vir paar afdae na die trip :deal: :imaposer: :patch:
 
Uit flipen eindelik, jy is darem die stadigste haastigste mens wat ek al ooit ontmoet het.  :imaposer: :imaposer:


Ja jy het my vir 'n oomblik gehad met die trok wat langs die pad lê, daar het mos hoeka so rukkie terug een geval.  :deal:

Ek het nogal lekker in my binneste gelag vir jou met jou lang gat en twatsuite in die klein bakkie.  :imaposer: :imaposer:

Ek dink daai HP lyk ook nou beter met die "Jakkals brand" grondpad band, ek hoop net hy kom darem nou vir 'n slag op die grond.  :pot: :imaposer:

Thanks vir die vinnige kom hello sê, dit was lekker om vir 'n rukkie saam te kon kuier.  :thumleft:





O'ja,,,,,,,,,,,,,,,,,,  more Vaalbaas.  :biggrin:
 

Latest posts

Top