Seeduiwel en comrades se Nam trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie die die RR. Bring baie goeie herinneringe terug.  :thumleft:
 
Great man,  :thumleft:  voel sommer lus om weer te ry, was in April daar.
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=69245.0
Ons het by Betta oorgeslaap en is 'n lekker plek, sal weer terug gaan.
Duwisib is 'n helse teleurstelling, was daar, sal nie weer nie.
Ons het gekamp by Solitaire vir N$70 pp, was nie te bad nie.

Kanniewag vir die volgende nie. Gooi die kiekies :biggrin: 
 
Daashy Roela , hy kom nou sommer lekker sterk deur .  :thumleft:  Sal nou seker moet wag tot na die Wacky vir die res .
 
Duiwel, jy het nie dalk n GPS track record van waar julle gery het nie? Ons beplan so dag of drie in Nam in Oktober en ek wil graag sien presies waar julle gery het.
 
Ahoi kaptein  :thumleft: :thumleft:

Baie baie lekker RR.
 
Bly julle like dit ouens, gee my net so kansie dat die Wacky wine naweek net klaar kom. Sal weer volg week kans kry vir verder ry! Ek het die hele roete op mapsource so ons kan praat as ek klaar is met RR.
Lekker naweek almal.
Satan homself
 
Ek hou van jou skryfstyl, vars uit die mond :thumleft:

Baie nice en dankie daarvoor :thumleft:
 
Right, alles is nou skoon en weg na die naweek, nou kan ons verder toer.
Dag 5 se roete is vanaf Solitaire via Spreetshoogte na Swakopmund. Afstand 390km.
Met die wegtrek by Solitaire loop ons wraggies weer vir Wimpie raak. Hy ry toe 'n entjie saam met ons tot by afdraai na Spreetshoogte. Wimpie is die silwer helmet.
Namtrip200.jpg


By die bord, het ek amper Wimpie se been afgeskop. Hy gaan vertel dan toe vir die ander manne ons is mal om die pad te wil ry, sal nooit anderkant uitkom nie!

Namtrip199.jpg

Namtrip198.jpg

Die pad is die D1275. Spreetshoogte is glad nie so erg nie, nogal steil maar die ergste stukke is geplavei.
Daarna het die gala egter begin. Ons dag toe ons is deur en nou is dit net lekker grondpad tot binne Walvisbaai.
Kyk maar self.
Namtrip210.jpg


Modder, diep uitgetrapte spore onder die water en jy is lekker vuil!!

Namtrip211.jpg

Namtrip213-1.jpg

Hieride foto is aan die uitkomkant! Dis by Nouchas, of dan baie naby aan dit, die plekkies is bitter klein, partykeer net 'n paar volkshuisies met 'n naam!
Namtrip215.jpg

Hierdie foto is die C26 afdraai na Walvisbaai
Namtrip218.jpg

Hierdie is die C14 na Walvis, 'n eentonige stuk pad vol sinkplaat. Gelukkig rook die Butler, so ons kan darem so af en toe stop.
Namtrip224.jpg


Duin 7 net voor Walvis, Jannie was daar in die army en hy het amper kat geskiet, seker van heimwee!
Hulle het daai duin probeer plathardloop vir Volk en Vaderland, Ai ou groot Krokkodil, jy het ons darem lekker geroof!
Namtrip227.jpg

Namtrip228.jpg

In Walvis het ons petrol ingegooi en iets by die Spur geëet, kos was ok, net moer baie vlieë!
Dis die eerste keer wat ek die petrolpapsakkie gebruik het en lyk my ek sal 400km met gemak kan haal.

Daarvandaan Swakop toe was 'n yes en 'n no en ons het ons great pozzie gaan soek. Dis nou 'n konnekka van 'n swaer se broer se vrou se antie se huis! Dit sou sommer 'n rusdag ook wees.
Die pozzie met die manne wat afkoel, Dis daar waar Henning die naam Butler gekry het. Ons kleertjies mooi gewas en opgevou!.

Namtrip233.jpg


 
Julle waaghalse moes gister op daai pad Spreetshoogte gery het. Dan kon julle mooi fotos van die bikes in die sneeu geneem het.
 
Ek hoor so ja! Groete daar by die huis Wimpie!
 
BLIKSEM.....dit lyk lekker man.....dankie...gooi nog!!
 
Lekker. Voel of ek nou daar is. Laat die photies maar kom, ons het nou tyd om te lees.
 
Top