So, wanneer het “Ek ry n motorfiets” slegs BMW of KTM geword?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,957
Reaction score
1,066
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Kyk ons het Suzukis, Yamahas, Hondas en Kawas gery. Al die jare lank.
En ek haak vas daarby want dit werk vir my.
Ek gee toe ek het al 3 x BMWs gehad maar nooit eintlik gesien waaroor die bohaai gaan nie afgesien daarvan dat jy baie maatjies het wat ook met die goed ry en saam kan brag oor wat n diens of ABS pomp jou gekos het.

Ek het my eerste BMW in die vroeë 2000s gesien toe iemand wat saammet ons gery het n 1150 Adv gekoop het en ons dadelik begin vertel het hoe kak ons bikes was.

Ek kan nie eers onthou wanneer ek van KTM bewus geword het nie. Ek is nie seker ek is al nie.

So nou deesdae voel ek bietjie uit met my nie-BMW/KTM skoeter. Of dalk bietjie meer eksklusief?

Wanneer het dit dan gebeur? Wat is die rede.
 
Top