Southern Cape Getto-Gather

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Berm_Rooster

Race Dog
Joined
Jan 28, 2009
Messages
4,404
Reaction score
3
Location
Mossel Bay, South Africa
Bike
BMW R1200GS HP2
Ouens en dames van die Suidkaap. Lonerunner (oom Frik as jy voor hom staan) het Vrydag by drinks gese hy sal met graagte sy plaas oopmaak vir ons om te kom rondry en braai. Dis 7km van Hartenbos af op die Oudtshoorn pad (Robertson Pas).

Die plan is om eerskomede Saterdag die ding te doen! 6 Augustus 2011.

Daar is:
  • Genoeg braaihout om n olifant mee te kremateer
  • n Huisie met n stoof, yskas, toilie en ander noodsaaklikhede
  • n Braai waar n olifant in sal pas
  • n Lekker grasperk waar jy n tentjie kan opslaan (of daarsonder op kan uitpaas)
  • 30 hektaar se ongerepte grond waar ons n nuwe trail kan uitkerf!!!
  • Veilige onderdak slaapplek vir jou yster

Jy bring:
  • Jy, jou bike en n onkeerbare lus om te ry en kuier
  • Jou vrou/girlfriend/booifriend/skelmpie en of kinders
  • Ietsie nat vir die keel
  • Ietsie swaar (verkieslik nog rou) vir die pens

Ouens, dis n baie lekker geleentheid die. Glo my, dis nie maklik dat jy op iemand se plaas kan gaan ry in die geweste nie. Jy hoef nie oor te slaap nie. Jy hoef ook nie huis toe te gaan as jy nie wil nie. Daas nie reels nie. Al wat daar is , is net een moerse geleentheid. En ek gaan hom defnitief nie mis nie.

Kom maak n draai asseblief!!!

Ek dink dis hier...
 

Attachments

  • South Cape.jpg
    South Cape.jpg
    165.6 KB · Views: 276
Top