Stadige trip Verneukpan toe en terug!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Hingsding reel die trip na Verneukpan toe: https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=121334.0

Hier is my roete wat ek gaan ry, en die wat wil saam kom is welkom!

DAG 1 (Donderdag)
Ons kry mekaar Donderdag die 27ste by Wimpy in Ceres om 11H00 vir 'n laat brekvis. Dan ry ons Gydo pas oor tot by Op Die Berg waar ons die tenks vol maak. Dan gaan ons Katbakkies oor tot by die Tankwa padstal waar ons eers die kele bietjie aanklam en ys kry vir die aand. Van hier ry ons tot op die plaas waar ons die aand gaan slaap. Totaal vir dag 1 is dan 160km vanaf Ceres gemeet.

DAG 2 (Vrydag)
Ons ry deur die Tankwa park en gaan dan Ganaga pas oor tot in Middelpos waar ons weer die kele klam maak en dan stoot ons deur Calvinia toe waar ons dan in die Klipwerf kamp gaan slaap. Totaal vir dag 2 is dan 195km.

DAG 3 (Saterdag)
Ons ry so 20km op die Loerisfontein pad uit Calvinia dan draai ons regs en ry deur die Hantamberge tot op die Loerisefontein - Brandvlei pad en daar draai ons regs en ry Brandvlei toe. Hier sal ons weer die tenke moet vol maak en miskien die kele moet aan klam, voordat ons die 112km na die pan toe aan durf waar ons dan by die ander groep sal aansluit en saam kuier. Totaal vir dag 3 is dan 280km.

DAG 4 (Sondag)
Ons ry reguit vanaf die pan na Williston waar ons weer brandstof kan kry en dan ry ons reguit Sutherland toe waar ons dan weer die nag gaan oorslaap. Totaal vir dag 4 is dan 310km.

DAG 5 (Maandag)
Ons gaan dan met Ouberg af tot in die Tankwa en dan neem ons die Onder-Wadrif pad wat weer aansluit op die R365 waar ons dan regs draai en ons trip afsluit in Ceres. Totaal vir dag 5 is dan 260km.

TOTALE TRIP 1 200km waarvan 95% grondpad gaan wees!

Die verste brandstof punte is +_ 285km uit mekaar!

KOSTES:

Donderdag slaap ons verniet op die plaas: R0.00
Vrydag aand kamp ons op Calvinia: R60.00
Saterdag-aand slaap ons op Verneukpan R250.00 (wat elk in Hingsding se rekening moet betaal)
Sondag-aand kamp ons vir R70.00 of slaap ons in The White House  as dit koud is vir R120.00

Kos en drank sorg elkeen vir homself (behalwe op die pan sorg Hingsding vir ons kos)

 
Top