Die battery het toe uiteindelik die gees gegee in die daaropvolgende maand toe die fiets gestaan en wag het vir nuwe stuurstanglaers en 'n agterveer-diens. So ja, die nuwe battery is in. Dis ongelukkig nie 'n geseëlde battery nie, maar dis maar wat beskikbaar was hier op die 'Ras.pietas said:Dankie. Weereens lekker saamgery in die Bosveld
Jou fiets het ook al 'n gedaante verwisseling ondergaan. Ten minste is jy lekker vertroud met wat aangaan.
O ja, hoop jy het nou al die battery vervang. ...
Dis sommer niks! Dankie vir die kompliment! Ek geniet dit om so dan en wan 'n bietjie kreatiwiteit aan die dag te lê.Karoo Rider said:Piet, baie dankie. Ek wend gewoonlik ook 'n poging aan om goeie Afrikaans en korrekte spelling te gebruik in my ritverslae, maar ek dink jy stel die standaard vir ons almal. Knap gedaan.
Net so indrukwekkend was julle "avontoer" (ek hou van daai woord!) en julle deurlopend positiewe gesindheid teenoor sporadiese terugslae tydens die rit - dis tog immers wat mens eendag onthou en dan lekker oor lag!
Ek vertrou dat julle ons nog eendag hier in die Klein-Karoo sal kom bederf met jul teenwoordigheid.
Groete