Tankwa en Doringrivier. SAS Willehond was: Wie’s die Hero?!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
4,218
Reaction score
1,394
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
RR sal volg soos ek kan. Hier is solank n leidraad oor wie die Hero is!



Um. Net sodat almal weet.
Die twee XRs het om hierdie poeletjie gery!
 
Last edited:
Kerels ek is nou klaar met grondpad ry.

Ek onthou nog Deon se woorde. Ons sit op Napier en eet Brekfis. Dis Julie 2023. Napier is ons ontmoed plek want dis ewe ver van Kaapstad en Swellendam af. En die Caledon Napier pad bly maar n gunsteling.

Die kos is in n swart pan wat jou kort kort geniepsig brand as jy in gedagte daaraan raak om die steel uit jou oog of iemand wat verby skuur se pad uit te hou. Dis soos n smoortjie met stukke wors en bacon in met n eier bo oor. Hy het my oortuig dis baie lekker maar ek wens ek het maar liewer bacon en n eier met toast gehad.

Buite staan my ST1300 langs sy nuwe VFR1200. Ons beplan n blommetoer soos die senior burgers wat ons is.

Die ophou grondpad ry storie was hoof motivering vir die koop van die VFR. Ek vermoed die res was maar net die gewone gat jeuk wat ons almal ken. Maar my ou vriend se knieë is wel moertoe van die rugby en vallery met motorfietse, so ek verstaan die redinasie. Sy vrou ook.

Ons ken mekaar al 30 jaar. Ons vriendskap het begin by die vroumense wat saam n naaldwerk klas geloop het in, seker laat 1990s. Hy was toe nog Poliesman en hy het n dodgy Honda 1000cc gehad waarna ek gaan kyk het. Die deal is nie gedoen nie maar n vriendskap is gebore.

Die eerste woord wat ek van die VFR gehoor het was n Whatsap waarin hy sê hy het “per ongeluk” n VFR 1200 los ge-bie op WBC.

Daarom is ek nie seker wat om te verwag toe hy twee weke later sê kom ons gaan n slag weer Sederberbe toe nie. Heelwat boodskappe word rond gestuur. Almal is vuur en vlam. Dit lyk op n stadium of ons Oasis sommer gaan uit boek. Maar soos dit maar gaan is ons toe drie.

Hy en Jacques bring hulle bikes met n bakkie.

Ek verwag om hom daar te kry met sy DL650 wat hy nog moet verkoop. By die Oasis aangekom, staan daar n blou Hero 150 langs Jacques se XR. Mister het ietsie spesiaal gekoop vir die trip.

Nou moet julle weet. Deon is groot.

Volgende my rit Swellendam na Oasis Vrydag. Ons begin liewer by die begin.
 
Last edited:
Vrydag breek aan. Ek sien al heel week uit na die trip. Alles by die werk is gereel. Die XR se olie is gecheck so hy is reg.

Yeehaa het sy plek ingeneem.
IMG_8152.jpg


My huis is vol mense die naweek. Wanneer ek so n trip aanpak sak my skoonfamilie mos "en masse" op my huis toe. En hulle kan kuier. En bring kinders. Ek besef dat as ek daar is kom niemand kuier nie. Miskien is n bietjie introspeksie in orde. Of nie - ek is nou nie eintlik wat jy n “mens-mens” sal noem nie.

Ek verduidelik vir oulaas hoe die siek hond sy pille moet kry. EK sien hoe die oë glaserig word terwyl ek verduidelik soos hulle "uit zone" en hoop maar die dier lewe nog as ek terugkom. Of van die ander vreet sy kos en kry sy pille in nie. Maar ek moet ophou worrie oor alles en rigting kry. Ek pak maar verder in en teen 9 uur is ek reg.

Dis toegetrek en koud. Ek gaan soek my reenpak maar besluit om dit te los want ek dink nie dit kan veel reen nie. YR bevestig dit. Min reen op pad en in die Cederberge maar nie eintlik warm nie.

By die garage waar ek volmaak stop n bakkie teenaan my. Ek is aan die bande pomp en hy wil ook. Ek vervies my en wil hom aantree maar sien dis die dominee. Ons knik beleefd koppe vir mekaar. Ek voel skuldig want sondag is my plekkie op die gallery alweer leeg. Die dominee kom aangestap. Ek hou my besig met die valve maar sien hom uit die hoek van my oog.

Hy vra waarheen ek gaan. Maar in Engels. Ek besef hy het my nog nie herken met die helmet op nie. Ek vertel van die Cederberge wat roep ens terwyl ek band pomp. Hy se Enjoy en loop weg. Ek voel soos n stout kind.

Die Klein Karoo is pragtig. Ek het dit nog nooit so mooi gesien nie.
IMG_8069.jpg
IMG_8071.jpg
IMG_8076.jpg
IMG_8079.jpg

Die twee Gemsbokke staan en hou my dop. Hulle bly staan toe ek stop en my kamera uithaal. Mooi bly maar mooi!
IMG_8081.jpg
 
Ek ry Montagu toe, ek moet eers iets daar doen. Daarna deur die Koo, rigting N1.
Op hierdie stuk pad het ek al koud gekry. Vandag is nie n uitsondering nie.
Ek stop maar en neem n paar fotos. Mens sal nie se dis al Oktober nie.

Hier kyk die wolke bietjie anders en ek is nie meer so seker van my saak oor die reen nie. Maar om nou daaroor te sit en wonder help niks. My reenpak le op die eetkamer tafel!
IMG_8090.jpg
IMG_8091.jpg
 
Die manne met die bakkie het vir my n jerrykan met petrol agter op gesit. Want ons gaan Saterdag n draaitjie ry. Ek het by die huis volgemaak so wil maar deurdruk Oasis toe, maar met die koue besluit ek om Touwsrivier se Steers te gaan ondersteun. Dis maar n 20 km draai.

My plan was om op Touwsrivier n stuk wors te kry en dit in die pas te braai. Maar die wors wat ek by die One Stop sien is kliphard gevries. Ek ry om n Spar of slaghuis in die dorp te gaan soek. Daar is nie n Spar nie. Ek dink "Jackpot" toe ek die slaghuis se bord sien. Skaars het ek gestop of n bedelaar kom maak kennis en verneem na my welstand.

Die slaghuis het nie wors nie (Vrydag middag!) - sy wag vir haar aflewering. Min gepla. Ek ry.

Eet n burger by die Steers. Sooibrand is sooibrand. Daarna maar weer terug R46 toe. Hulle werk ook hier aan die pad en daar is 2 x Stop en Go's. Ek is gelukkig by altwee en sit nie te lank in die koue nie. Ek draai regs op die R355 en by Karoopoort stop ek vinnig om te kyk wat is in my rugsak wat ek nog kan aantrek.

Die R355 is besig. Dis Vrydag en skoolvakansie. Daar staan n bakkie met mense wat staan en drink. Dan weer toeriste wat die pienk blomme wat orals staan van naby wil bekyk en fotografeer. Almal waai. Ek waai terug.


Seker so 25km van die afdraai af is n koppie waar ek altyd stop. Ek beplan om nog een dag hier te kom "wild camp"
IMG_8096.jpg
IMG_8092.jpg
.
 
Last edited:
Die manne met die bakkie het vir my n jerrykan met petrol agter op gesit. Want ons gaan Saterdag n draaitjie ry. Ek het by die huis volgemaak so wil maar deurdruk Oasis toe, maar met die koue besluit ek om Touwsrivier se Steers te gaan ondersteun. Dis maar n 20 km draai.

Daarna maar weer terug R46 toe. Hulle werk ook hier aan die pad en daar is 2 x Stop en Go's. Ek is gelukkig by altwee en sit nie te lank in die koue nie. Ek draai regs op die R355 en by Karoopoort stop ek vinnig om te kyk wat is in my rugsak wat ek nog kan aantrek.

Die R355 is besig. Dis Vrydag en skoolvakansie. Daar staan n bakkie met mense wat staan en drink. Dan weer toeriste wat die pienk blomme wat orals staan van naby wil bekyk en fotografeer. Almal waai. Ek waai terug.


Seker so 25km van die afdraai af is n koppie waar ek altyd stop. Ek beplan om nog een dag hier te kom "wild camp"View attachment 856888View attachment 856887.
Jo! Daai is 'n mooi spot!!

Vinnige highjack as ek mag :giggle:
Ek sit en beloer jou bagasie toe sien ek jou skoene. Is dit daardie barefoot skoene?
Hoe vind jy hulle?
 
Grunder hulle is Ok want ipv plakkies en tekkies en pantoffels ry ek nou net die een stelletjie skoene saam en hulle vou klein op. En hulle is net so gemaklik soos bg. Ek sal dalk net vlg keer n donkerder kleur kry as die gryses.
 
Ek loop bietjie daar rond en val maar weer in die pad voor die rygoed wat ek alreeds verby gevat het weer voor my kom en ek in hulle stof moet ry.

By die Katbakkies afdraai stop ek weer vinnig om bene te rek. Die son begin nou water trek en ek raak haastig. Ek het besluit om maar by Op die Berg weer te gaan volmaak want dalk ry ons Saterdag ver. Ek wil ook sommer kyk vir iets om te braai en n bottel Coke op tel. Dan kom ek darem nie so lee hande daar aan nie.

Dis baie baie mooi verby Kagga Kamma en Klein Cederberg. Vandag stop ek nie by die bouvalle nie. Bietjie haastig. Daar is weer heelwat voertuie op die pad en selfs n groepie fiets ryers. Hulle voertuig met n waentjie en nog fietse kom agterna.

Die Rietrivier het baie water. Ek dink nie hy kan meer lekker onthou watter kant toe hy veronderstel is om te loop nie want die water le maar net daar. Besluitloos.
IMG_8097.jpeg

Oor die bruggie en dan my gunsteling. Die pad met die baie los klippe. Hier ry ek amper in n bakkie vas wat aan my kant van die pad om die draai kom. Ek skrik so groot ek vloek 500m te laat.

My GPS stel voor dat ek n paadjie regs neem. Op die skermpie kan ek sien dit sny n redelike draai uit. Die paadjie lyk na n 2 spoor en ek kan n elektriese hek n entjie verder aan sien wat oop is. Ek besluit om nie daar in te ry nie ek wil mos Op die Berg toe. Miskien as ek terug kom.
IMG_8098.jpeg


Ek stap seker 16H00 by die Oasis in. Deon sit sonder n hemp en Jacques het n kortbroek aan. Ek sukkel om my kop rondom dit te kry want ek is halfpad verkluim. Ek het heeldag koud gekry op die bike en sit later die aand met my kombers om my langs die vuur.

Ek is honger. Hulle het vir ons Texan steaks en knoffelbrood gebring wat ons braai. Die vleis kan nie gou genoeg vir my gaar kom nie. Ons eet so van die rooster af.

Daarna gaan kyk ons hoe Samoa amper amper vir Engeland pakgee. Die hele Oasis is eenparig agter Samoa en hulle word luidkeels aangemoedig om die bleekbene hel te gee. Wat hulle amper doen.

By my tent het my water bladder wat agter in my baadjie was besluit om my bed vir my nat te maak. Reg deur die duvet tot op die matras. Ek ruil die nat goed om met die in Jacques se tent. Met die maak ek die ontdekking dat ek n elektriese kombers het wat net ingeprop moet word wat ek dadelik doen. Daardie nag slaap ek lekker!

Ek vra wat is die plan vir Saterdag.
Nee, Eselbank, Wupperthal en dan om met die R355 af padstal toe vir middagete en Katbakkies om terug Oasis toe. Klink na n plan.

Nie een van ons het dit al gedoen nie. Inteendeel ek het nie eers geweet dis moontlik nie maar die Hero eienaar klink seker van sy saak en ek weet nie van beter nie.

Dit was eintlik n kak plan maar ons weet dit toe nog nie.
 
Last edited:
Saterdagoggend begin rustig. Ek was baie vroeg wakker. Die krag is nog aan en ek maak koffie. Kort daarna gaan die krag af. Dit kom eers weer 8 uur aan. Ek sit daar rond. Alleen. Almal slaap nog. Ek gaan stap n draai.

Later is daar beweging. Een ou gaan klim in die swembad. My vriende kom te voorskyn. Een gaan toilet toe. Ander gaan stort. Dan kom sit hulle by die tafel en ons gesels.

Drink koffie. Eet ietsie toe die krag weer aan is. Sit en gesels nog n bietjie.

Besluit later ag, OK kom ons ry. Die weer is steeds toegetrek maar YR sê dit gaan nie reen nie. Dis koud. Ek het n T shirt, n fleece top en my baadjie met sy winter inner in aan. Ons pak gereedskap en binnebande in.

Ons val in die pad. Eintlik klim Deon op die Hero en ry net. Ek en Jacques trek ons bootse aan, drink nog n koppie koffie en ry toe. Ons vang die Hero teen die eerste bult waar hybin eerste rat uit beur. Ek verbeel my ek hoor kort kort n toeter. Maar dis nie moontlik nie.

Terwyl ons nog so agter die Hero ry en sit en uitwerk hoeveel ure daglig ons het beduie hy ons moet verbykom.

Die XRs trek lang strepe en is verby. Ons vat die Wupperthal pad en wag kort kort vir die Hero. Hy is so stil as jy weer sien sweef hy geruisloos verby jou met net die suspensie wat saggies kreun.
IMG_8101.jpeg
IMG_8102.jpeg
IMG_8103.jpeg

Dan begin die proses maar weer. Ry hom in. Sit bietjie agter hom en gaan mooi stadig verby. Sodra ons voor is trek ons n paar stepe en weg is ons. So gaan dit aan.
IMG_8106.jpeg

IMG_8107.jpeg

Ons stop by die Eselbank Waterval. Die ander manne se hulle het al hoeveel maal daar verby gery en nie eers geweet van die waterval nie. Die Hero se tenk sak is nou agter op sitplek. Dit was hy wat die toeter so gedruk het elke keer as daar gedraai word!
IMG_8108.jpeg

Jacques is meer bekommerd oor die stukke sand waarmee ons hom gisteraand om die vuur banggepraat het. Ons maan hom om geduldig te wees - dit kom nog!
 
Last edited:
Dis by n water poel net buite Eselbank waar die video aan die begin geneem is. Ek en Jacques was eerste daar en het die spul so bekyk en besluit om om dit te ry. Die ompad was bietjie glad en vol perde mis maar ons maak dit.
Klim af en kry die kamera reg.
Deon kom rustig aangery.
Ons beduie waar hy moet ry. Hy volg ons instruksies en sonder om te huiwer.
Die Hero mis nie n beat nie.
 
Great ride report sovêr (y)

Die drie bikes gesien daar by Alpha en gewonder watter roete julle gery het.
 
Die sand is nat. Niemand sukkel regtig nie en dis n lieflike stukkie pad. Die XRs bly maar lieflike bikes en hulle is gemaak vir terrein soos die. Jacques som dit later goed op. Hy sê: As die balju al my goed gevat het en my vrou het my gelos, gaan haal ek my XR waar ek hom wegsteek en ry in die sonsondergang in.

Teen die berg af met die sement pad. Ons stop onder om vir die Hero te wag. N paar off road bikes ry verby, berg op. Ons grinnik by die vooruitsig wat hulle gaan dink as hulle die Hero langs die pad kry. Jacques stel my hier gerus dat ek nie heeltyd hoef te kyk waar hy is nie. Ek kan maar van lyn verander as ek wil. Jacques laat my dink aan n ander riding buddy wat ek gehad het. Soms ry jy met iemand en jy hoef glad nie oor hom bekommerd te wees nie. Hy bly altyd by, is nooit waar jy hom nie verwag nie. As jy omkyk of in jou spieëltjie, is hy maar altyd daar, presies waar jy hom verwag.
IMG_8108.jpeg

Dis nie lank nie of die Hero sweef verby Wupperthal toe. Ons sit hom agterna. Kry hom voor oom Woeka se winkel waar Deon op die muurtjie sit. Ek gaan soek water en iets om te eet by die winkel en raak aan die gesels met oom Woeka.
IMG_8109.jpeg

Ja, sê hy. Jy kan deur na die R355 toe. Iemand het gaan kyk en die pad is oop. Daar is n water kruising maar dis knie hoogte. Hy verduidelik ons moet die Uitspankraal afdraai uit die Biedouwvallei pad uit regs vat. Ek gaan deel my nuwe kennis met die ander twee maar teen die tyd dat ek by die pad se naam uitkom het ek dit alweer vergeet. Ek stap terug om te gaan seker maak.

Oom Woeka het nie eintlik veel chocklits op sy rakke nie. Net sulke klein Bar Ones. Seker so lank soos my pinkie en nie veel dikker nie. Ek bestel vir elkeen 2 maar toe ek hulle sien vra ek vir nog. Daar is nog n paar en ek vat alles.

Ons eet ons chocolates, maak planne en val in die pad. Ons maak die pap dik aan, ons het nou n plan. Dis XRs dreun teen die berg op. Strepe word om elke draai getrek. Dis lekker, man.

By die afdraai wag ons vir die Hero want ons in bang hy ry verby. Ons neem n paar fotos. Die veld is ook hier baie mooi.
IMG_8110.jpeg

IMG_8111.jpeg

IMG_8113.jpeg

Toe die Hero daar aankom wys ons hy moet maar aangaan. Die stukkie pad is mooi en lekker. Ons kry die wereld se onvriendelikste trekker bestuurder langs die pad.

Daar is n paar hekke en dan kan ons begin sien die pad is op n paar plekke verspoel. Niks vreeslik uitdagend nie, maar darem bietjie opwinding. N paar water kruisings en laagwater bruggies wat nog onder water is. Heelwat sand kolle.

Ons kom op n hek af. Uitspankraal. Biker Heaven sê die stuk plank op die hek.
IMG_8116.jpeg

Die Hero is ver agter. Daar is n stuk dik sand en ons stap terug om te gaan kyk.
 
Hierdie clip is by een van die sand stukke geneem. Deon was n great sport. En die Hero was onkeerbaar.

 
Nou moet ek myself eers hier in die rede val.
In 2002 besluit ek en n vriend om Richtersveld toe te ry. Ons roete was glad nie beplan nie maar ons het hierdie pad gery.
Ek het die RR gesoek en gekry.

Ek wil al jare lank weer die roete ry maar het glad nie geweet hoe ons gery het nie. Hy het een van die eerste GPSe gehad wat ek gesien het en ek het net saamgery.

Ek begin van die plekke herken soos ons vorder en raak sommer nostalgies. Ons het heeltemal kontak verloor.

Hier is die RR as iemand belangstel.

https://wilddog.net.za/threads/richtersveld-2-buddies-on-two-old-bikes-2002-or-so.115795/
 
Last edited:
Top