Tankwa toe via die Rantepad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
257
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Tankwa toe via die Rantepad

Sedert ek gehoor het van die Rantepad tussen Sutherland en Fraserburg, wou ek hom gaan ry. Gereeld moes ek dit uitstel, eers was dit Covid en later allerlei ander dinge. Vroegjaar het ons besluit op Augustus’22, nou of nooit.

So het ons vanuit Weskaap en die jongmense vanuit Ooskaap in Sutherland bymekaargekom en oorgeslaap in die Heksehuis. Vroegaand by die White House gaan rugby kyk en lekker geeet. Laataand voor die kaggel gesit in die Heksehuis. Sneeu is voorspel en ons het gewonder hoe dit sal wees om in sneeu te ry.
Sutherland laataand op pad terug na die gastehuis
20220813 203918.jpg

Lekker voor die kaggel
20220814 0753 00.jpg


Vroeg die volgende oggend het ons mans die pad gevat. Die vrouens het per motor teruggery na die beskawing.
Ongelukkig was daar geen teken van voorspelde sneeu nie, dit was wel bitter koud.
_a 20220813 DSCN0049.JPG



Die roete van die dag was ooswaarts op die R356 verby die sterrewag en 11km verder by die Bloupoortpas regs afdraai op die Rantepad na Fraserburg. Van Fraserburg af weswaarts via Middelpos na Gannaga Lodge
_01 2022-08-14 Sutherland na Gannaga.JPG


Die sterrewag is op n koppie en daar was heelwat sneeu oral op die koppie. Ons het by die (toe) hek stilgehou en gewonder hoe ons by die sneeu kon uitkom. Minute later het iemand per motor by die hek opgedaag, oopgemaak en vir ons beduie om in te ry.

Al het die sneeu yl gelê, was dit baie mooi daar bo by die teleskoop.

_c 20220814 0922 Storie  DSCN0054.JPG


_d 20220814 0922  Storie DSCN0053.JPG


Die afdraai na die Rantepad is 11 km anderkant die sterrewag by die (klein) Bloubergpas.

_e 20220814 0953 DSCN0059.JPG


Naby die plaas Kromkolk is die tweespoor wat na die Karelskraalpas lei. Hierdie roete na Merweville is n juweel, maar ongelukkig is dit sedert laasjaar gesluit vir vrye toegang.

_f 20220814 1010 Storie  Afdraai na Karelskraalpas DSCN0061.JPG


‘n Paar km verder is ‘n kort pas, plaaslik bekend as die Nuweveldpas (is die regte naam dalk Sterboompas?). Dit is kort (2km), met mooi oppervlak, effens steil en baie lekker om te ry.

Baie mooi uitsig na die suide vanaf die bo-punt.
218 DSCF3037.JPG


Op sy kruin is ‘n gedenkgraf vir nege Engelse soldate wat in ‘n hinderlaag gesterf het.
217 DSCF3019.JPG


Die avontuurlustige manne het ‘n steil wal aangedurf


Die hele Rantepad is lekker en maklik om te ry. Hier en daar ‘n erg verspoelde kol. Dele van die pad kronkel tussen dolomiet rotse deur --- dit laat mens dink aan plekke in die Sederberge.

_h 20220814 1034 Storie  DSCN0072.JPG


_i 20220814 1035 DSCN0073.JPG


_ j 20220814 1036 Storie  DSCN0074.JPG


Dit was Sondag en ons het vroeg uit Sutherland vertrek.
Ons het besluit om lekker te brekfis in Fraserburg.
Groot fout!!
Fraserburg is so stil soos ‘n Karoovlakte.
Nêrens enigiets wat lyk na koffie, wat nog brekfis!
Ons kon darem brandstof volmaak en die netjiese strate en geboue bewonder.

_k 20220814 1137 Storie  DSCN0077.JPG


_l 20220814 1140 Storie  DSCN0078.JPG


Iewers in die dorp het ons ‘n klein winkel/supermark raakgeloop.
Daar kon ons darem iets te ete saamflans.

Pastei, witbrood, smeerkaas en koekies.

_m 20220814 1151 DSCN0079.JPG


Hiervandaan het ons suid-wes op die R356 gery en 11km later noordwes afgedraai op ‘n wye grondpad. Later het dit driespoor geword.

_n 20220814 1234 17 Storie .jpg

_n 20220814 1246 34 Storie .jpg

_o 20220814 1258 13 Storie .jpg


Dit was ‘n effe vervelige 54km totdat ons by die Rietrivier se brug gestop het vir koffie.

_p 20220814 1318 Storie  DSCN0090.JPG


_q 20220814 1334 48 Storie .jpg


Kort daarna, in die omgewing van Vlieëkraal, het ons oor die Williston pad gery. Hiervandaan was dit 'n veel smaller pad, soms rowwe tweespoor. Lekker.

_r 20220814 1406 21 Storie .jpg


_s 20220814 1410 34 Storie .jpg


En selfs kolle losserige gruis wat klein bietjie eksra konsentrasie geverg het.

_t 20220814 1410 39.jpg


Laagwaterbrug deur die Renosterrivier

_u 20220814 1429 04 Storie.jpg


By die R354 het ons suid gedraai na Middelpos

Middelpos was stil en verlate op hierdie Sondagmiddag.
Ek verstaan dat hier nie meer brandstof te koop is nie. Dit het te doen met permitte/lisensies.

_v 20220814 1507 10 Storie.jpg


Kort anderkant Middelpos ry ons in die Tankwa Nasionale Park in

_w 20220814 1537 50 Storie .jpg


Skielik het die manne voor my stadiger gery. Dit is mos Eduro manne, wat nou?

Ek kon dit nie lekker verstaan nie, tot ek ‘n entjie verder besef het die pad hier was bedrieglik glad as gevolg van ‘n ligte bui reën.
Gelukkig geen drama.

Kort voor lank was ons ingeboek by Gannaga Lodge.

_x 20220814 1544 38.jpg




_y 20220814 1839 48 Storie .jpg


Aandete was fantasties ---- eers gebraaide skaapstertjies (ek het dit baie jare laas geeet) en murgsagte skaapnek.


_yy 20220814 1907 28 Storie .jpg


Sononder oor die wye Tankwa, gesien vanaf die heuwel agter die Lodge.

_z 20220814 1809 34 Storie .jpg


More ry ons die Tankwa in...

https://wilddog.net.za/threads/goudgeel-tankwa.270695/
 
Last edited:
Top