Is was vroeg wakker, klaar gepak en in die donker vertrek. Ons beplanning was om so vroeg as moontlik by die grenspos uit kom. Daar moet nog covid toetse gedoen word aan die RSA kant.
Ons is oppad Ariamsvlei toe, die 1dte stuk tot by Karasburg was stadiger in die donker, maar ons was aan die beweeg. Daarna het ons kole gegooi om by die grens te kom. Vroutjie het foto's geneem maar die het so dof uitgekom, dis nie die moeite werd om hulle hier te post nie.
Op Ariamsvlei het ons vir oulaas petrol vol gemaak, dis meer as R3 'n liter goedkoper in Nam as in SA. :eek7: Toe is ons deur die Nam grenspos, bitter vinnig, ons "exit" papiertjie en paspoorte was gestamp en ons is gese om te voertsek. :biggrin:
Ons het deurgejaag na die RSA grenspos. Hier was dit 'n ander storie. Ons moes eers "health Dept" toe gaan. By die een kantoor eers vorms voltooi, dan by die kantoor in, dan uit na die toetssentrum, hulle neem jou snot, dan wag jy. As jy negatief is, smile jy van oor tot oor en gaan terug na die kantoor, daai man stamp daai pampier, dan is dit na doane toe, weer 'n register en 'n kar vormpie voltooi, hulle stamp jou paspoort dan gaan jy na 'n ander "counter" toe. Het jy iets te verklaar meneer, nee, dankie, gaan Polisie toe met die kar vormpie. Daar wag ons meer as 'n halfuur, seker nader aan 'n uur. Jou besonderhede word in 'n register geskryf en hulle stamp jou kar vormpie. Terug op die bike hek toe. Daar stop die polisie jou weer, word deursoek en dan eers kan jy ry. :eek7:
atch: Dis seker pynloos, maar dooie donner, ek is nie gemaak vir die gemors nie. Maar ons kla nie, hulle moet seker hulle werk doen. :xxbah:
Dit agtergelaat, nou gooi ons kole, ons stop net vir 'n garage pie en petrol, ons wil nou by die huis kom. Ons verlang na ons diere kinners.