THE ADVENTURES WITH A BMW K1200LT

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Met die paspoorte veilig in ons bewaring en al die vriende gekuier wie ons wou, is ons die volgende dag terug huis toe, King William's Town op die N2.
Kort pad en ons het veilig ingeklok tuis net na 12. 

 

Attachments

  • IMG_6660.jpg
    IMG_6660.jpg
    135.6 KB
  • IMG_6653.jpg
    IMG_6653.jpg
    366.6 KB
Raait, nou is ons gewapen met paspoorte, die Nam trip is volgende.  Hou die spasie dop.  :thumleft:
 
Namibia, hier kom ons. 

Ons beplan vir 'n kuier by familie en vriende in Namibia.  Die covid ding het ons uit Namibia gehou en ons verlang.  Die LT was spesifiek gekoop vir die tipe van vinnige kuiertjies teen 'n prys wat die sak pas.  Ons 1ste stop in Namibia sal by ons vriendin wees.  Sy bly op 'n plaas doer in die Kalahari net so suidoos van Koes se kant, op die D503.  Ons moet die Saterdag, 17 April in Keetmanshoop wees waar sy ons sal optel.  Dis grondpad terug na haar plaas, so die LT sal in Keetmans agterbly. 

Ons beplan egter om al die Donderdag, die 15de te ry, so lekker ompad Noorkaap se rigting, ons sal ons tyd vat tot daar en bietjie ander paaie verken as die gewone pad deur Upington. 

Die Donderdag is ons gepak en vertrek, rigting Somerset-Oos, Graaff Reinett, Victoria Wes tot by ons bestemming Carnavon.

Ons het so bietjie padwerke hier in die begin maar anderkant Fort Baufort maak die pad oop, nou is die LT in sy element, hy is gemaak vir die langpad. 



 

Attachments

  • img_6668.jpg
    img_6668.jpg
    73.9 KB
  • IMG_6669.jpg
    IMG_6669.jpg
    150.9 KB
  • img_6670.jpg
    img_6670.jpg
    139 KB
  • IMG_6677.jpg
    IMG_6677.jpg
    204.5 KB
  • img_6678.jpg
    img_6678.jpg
    162.9 KB
  • IMG_6682.jpg
    IMG_6682.jpg
    198 KB
  • img_6683.jpg
    img_6683.jpg
    192.3 KB
  • img_6685.jpg
    img_6685.jpg
    141.3 KB
Ons stop in Graaff Reinet en maak vol, koop sommer iets vir die innerlike en stop buite by die dam vir 'n blaaskans en om te eet.

 

Attachments

  • IMG_6705.jpg
    IMG_6705.jpg
    202.8 KB
  • IMG_6709.jpg
    IMG_6709.jpg
    242.7 KB
Ons vat dit rustig verder, dis 'n heerlike dag en ons geniet die rit in die Karoo.

1ste Foto die kerkie in Victoria Wes.
Die foto's daarna is ons in Carnavon. 

Ons was vroeer daar as wat ons beplan het, maar dis goed, ons het nie haas nie.
 

Attachments

  • IMG_6731.jpg
    IMG_6731.jpg
    134.3 KB
  • img_6733.jpg
    img_6733.jpg
    163.5 KB
  • img_6732.jpg
    img_6732.jpg
    215.8 KB
Die Vrydag oggend is ons vroeg wakker, ons pak rustug en besluit om maar te ry.  Ons het nie ver om te ry nie, Springbok is ons bestemming en ons sal iewers daar slaapplek soek. 

Ons ry rigting Williston, Calvinia, Vanrhynsdorp, sluit aan op die N7 na Garies, Kammieskroon en dan Springbok. 

Daar is so effe van 'n koue in die lig vanoggend, maar dis verfrissend.  Dis lang reguit paaie hier, en jy sien die droogte wat die stuk aarde geslaan het. 

 

Attachments

  • IMG_6764.jpg
    IMG_6764.jpg
    139.5 KB
  • img_6765.jpg
    img_6765.jpg
    113.2 KB
  • img_6766.jpg
    img_6766.jpg
    154.9 KB
  • img_6767.jpg
    img_6767.jpg
    163.8 KB
  • IMG_6768.jpg
    IMG_6768.jpg
    247.9 KB
  • img_6769.jpg
    img_6769.jpg
    124.3 KB
  • IMG_6798.jpg
    IMG_6798.jpg
    160.3 KB
Ons is Vanrhynspas af en die wind kom stel hom voor.  Gelukkig is die LT 'n groot meneer en het gewig aan sy kant.  Ons beur voort tot in Vanrhynsdorp en maak weer vol.  Ons eet ookm sommer iets daar. 

Kyk daai laaste foto hoe waai die wind daai palmbome.  Maar gelukkig draai on netnou op die N7 met die wind op ons gat.  :biggrin:

 

Attachments

  • IMG_6884.jpg
    IMG_6884.jpg
    133.5 KB
  • IMG_6856.jpg
    IMG_6856.jpg
    156.1 KB
  • IMG_6817.jpg
    IMG_6817.jpg
    137.2 KB
  • IMG_6833.jpg
    IMG_6833.jpg
    143.7 KB
Ons is nou op die N7 oppad Springbok toe.  Die 1ste stuk is die wind op ons gat, maar nie vir lank nie.  Hy draai en ons kry hom skuins van voor, so Noorooste wind.  Dis nie 'n konstante waai nie, die ou is kwaad en ruk en pluk soos hy waai, en die groot trokke van voor help ook nie.  :eek7: 

Dit was 'n gestoei, maar ons arriveer veilig in Springbok.  Ons besluit om op Jakkelswater, so entjie buite Springbok te oornag. 

 

Attachments

  • IMG_6989.jpg
    IMG_6989.jpg
    126.6 KB
  • img_6990.jpg
    img_6990.jpg
    178 KB
  • img_6991.jpg
    img_6991.jpg
    146.2 KB
  • img_6992.jpg
    img_6992.jpg
    148.4 KB
  • img_6993.jpg
    img_6993.jpg
    264.1 KB
  • img_6994.jpg
    img_6994.jpg
    163.5 KB
  • img_6995.jpg
    img_6995.jpg
    99.6 KB
Dis Saterdag, vandag ontmoet ons ons vriendin op Keetmanshoop.  Dis so 430km se ry en reel om haar so by 12:00 se kant te kry, ons hoop om vinnig deur die 2 grensposte te gaan. 
Ons is vroeg op die pad, Vioolsdrift grenspos is ons eerste bestemming. 

 

Attachments

  • img_7034.jpg
    img_7034.jpg
    133.9 KB
  • img_7053.jpg
    img_7053.jpg
    144.2 KB
  • img_7052.jpg
    img_7052.jpg
    112.5 KB
  • img_7045.jpg
    img_7045.jpg
    130.6 KB
  • img_7043.jpg
    img_7043.jpg
    207.7 KB
  • img_7033.jpg
    img_7033.jpg
    139.7 KB
  • IMG_7030.jpg
    IMG_7030.jpg
    115.2 KB
  • IMG_7020.jpg
    IMG_7020.jpg
    114.9 KB
  • IMG_7008.jpg
    IMG_7008.jpg
    82.2 KB
Ons is redelik pynloos deur die RSA grens, nou oppad na die Nam grens, hier sal dit seker langer vat weens die covid vorms ens. 

Oor die Oranjerivier, Nam grens hier voor ons.  Dis bly altyd vir my die lekkerste gevoel. 



 

Attachments

  • img_7054.jpg
    img_7054.jpg
    148.2 KB
  • img_7055.jpg
    img_7055.jpg
    156.3 KB
  • img_7057.jpg
    img_7057.jpg
    158.3 KB
  • img_7058.jpg
    img_7058.jpg
    150.5 KB
  • img_7060.jpg
    img_7060.jpg
    113.8 KB
DUSTRIDERS said:
VA wat cruise jy op die oop stukke met bloues?

So vinnig as wat ek hom toelaat.  :lol8: :lol8: :lol8: :lol8:

Ok, ek speel maar net.  So 140 na 150 km/h GPS spoed as ek nie kyk nie. 
 
Mev Vis Arend said:
DUSTRIDERS said:
VA wat cruise jy op die oop stukke met bloues?

So vinnig as wat ek hom toelaat.  :lol8: :lol8: :lol8: :lol8:

Ok, ek speel maar net.  So 140 na 150 km/h GPS spoed as ek nie kyk nie.
So jou "knyp in die midderifvelle" cruisecontrol werk net as jy kyk?!! ;) :peepwall: :lol8:
 
Ons covid papiere is reg, ons boek deur die grens, kry ons padpermit, word deursoek deur doane en ons is deur.  Dit het effe langer geneem maar dit was nog steeds pynloos.  Ons stop aan die anderkant by die vulstasie en maak vol.  Ons kry ook sommer 'n Nam sim kaart.  Ons is so bietjie agter met tyd, maar daai sal ek opmaak op die pad. 

Ons is oppad Keetmanshoop toe, ek gee gas en raai wie kom kuier weer?  Die flippen WIND, reg van voor.  Hy pla effe, maar hy werk my brandstof sake.  Ek sou Keetman haal op 'n tenk met baie om te spaar, maar nou hoop ek om Grunau te haal.  :eek7:    My 180/170km/h raak nou 140km/h en ons gooi vol op Grunau.  Nou kan ek die laaste 160km weer stoot. 

Een minuut oor 12 stop ons by ons vrindien in Keetmanshoop.  :biggrin:

 

Attachments

  • IMG_7072.jpg
    IMG_7072.jpg
    114.9 KB
  • IMG_7082.jpg
    IMG_7082.jpg
    100.5 KB
  • IMG_7100.jpg
    IMG_7100.jpg
    91.1 KB
DUSTRIDERS said:
VA wat cruise jy op die oop stukke met bloues?

Chris, ek probeer hou by so 140km/h, dan raak hy nie swaar op die sak nie.  Natuurlik daar by die tuinroete waar jy maar 100 of 120 kan ry smile ek alpad, maar dis te eentonig op die Nam lang paaie. 
 
Vis Arend said:
DUSTRIDERS said:
VA wat cruise jy op die oop stukke met bloues?

Chris, ek probeer hou by so 140km/h, dan raak hy nie swaar op die sak nie.  Natuurlik daar by die tuinroete waar jy maar 100 of 120 kan ry smile ek alpad, maar dis te eentonig op die Nam lang paaie.
Daal blerrie ridders van het koeltebomen het my net buite Grunau gevang op 126!!! :biggrin: :(
 

Latest posts

Top