Na wat ek hoor van Pierre (wat ek nog nie ontmoet het nie btw) is dat hy kan gogel met n 500, plus dat hy & Conrad pelle is - en die laaste het ek
ook misbruik om Conrad probeer oortuig om saam oppi trip te kry! En ja, jy weet ek's skaam en teruggetrokke, dus ek probeer altyd om
al my pelle saam te sleep op toere, al was dit net om vinniger as hulle te probeer wegry as ons leeus of olifante raakry erens: ek's eenvoudig n egois, lat ek dit maar self hier opbieg.
Daai 300-rede is biki lang vir nou, ek sal jou vertel as ons weer erens innibos braai... maar ek
kan, so
sal - en sien selfs
uit om dit op n smoker te gaan doen! Uregewys pas dit perfek, en ja Werner, ek sal n top-end (moet) doen as ek terugkom, dis dan omtrent tyd vir die eerste een.
Kraggewys sal dit my pas in die sandvlaktes asook op die biki tegniese ryery wat ons te wagte staan.
Nie soseer op die long hauls nie, maarrrrr..... daar's help at hand: Hardy het aangebied dat hy my&bike sal 'lift' op die "kyk noord en fok voort"-dag - en ek beplan om hom op te neem vir daai aangename aanbod: jinne, ek ry dan
ook n dag cruiser, in geselskap nogals, luister musiek terwyl ek omtrent naaste aan die koelerboks is - what's more to wish for hmm?
Ja, ek's ook verbaas dat Martin (ook nog nie ontmoet nie)
of n boffin
of n masogis blyk met sy 990 - ma whatevs, hy mag maar.... en, beter
hy as ek!
Neeeeeeee swaerie, jy beter die BO op daai lys sit: volgende jaar Mei, maak spasie
nou reeds!
Kak my hier uit later as jy dit
nie geniet het nie, of kom my uitkak tuis, ek sal jou die adres sommer nou gee.... hoekom dink jy ek doen die trip
weer, vir die derde opeenvolgende keer hmm?
So, jy't biki huiswerk om te doen: kry daai Mini klaar
en wees nice vir jou vrou sodat jy permissie kry om 2 weke lang Himba dames te gaan fotografeer.... en as jy met n leeuloop foto terugkom dan des te beter!