van 'n koei (tdub) na 'n ponie (xr 200r)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Hierdie is nie 'n regte ride report van ek en Charlie wat die bosse en berge ingevaar het en gery het dat die klippe spat nie.  Nee, die naweek was die "leer ken mekaar" naweek.

Saterdag na sy diens was dit die eerste keer dat ek op hom gery het.  Ever.  Sjoe wat 'n verskil tussen die twee bikes! 

Met beide van die bikes kan ek platvoet sit.  Maar die XR voel hoer.  'n Mens se lyf is ook verder veg van die handlebars af. 

Al sit 'n mens net op die XR kry mens dadelik die gevoel dat 'n mens meer kan sien.

Wel, die XR het net 'n kickstart en alhoewel dit nie geskop hoef te word soos die XR 500 en die groter boeties van die XR 200 nie kan ek net se ek het sommer lekker vinnig warm gekry!  Die tdub het beslis baie makliker geskop. 

Om op die XR te klim in vergelyking met die tdub is ook beslis anders.  Waar 'n mens net klim op die tdub en pad vat is dit eers die been lekker hoog oor die saal optel en dan die bike tilt om die bike weer mooi regop te kry. 

Oeeeee!  En die levers maak seer!  Veral die cluch.  Seker maar omdat dit 'n bejaarde bke is.  Waar die tudb se levers nader aan die handlebars gesit het en 'n mens dit net 'n entjie hoef te getrek het om dit  toe te maak, moet 'n mens met die XR regtig jou hand so groot as moontlik probeer maak en met mening trek as jy 'n gear wil verander.  En gepraat daarvan, .....blykbaar werk en te rof met die gear onder! 

'n Mens moet dit nogals versigtig trap.  Ek het Saterdag te hard getrap en toe't ek die ding gebreek.  Toe moes ek al in eerste op en af in die pad!  Gelukkig het ek my les geleer en Sondag het ek bietjie sagter met dit te werk gegaan. 

Ek sukkel meer om nutreul te kry met die XR as met die TW

Aanvanklik het ek myself net eers probeer gewoond maak om te draai met die XR.  Die TW het baie lekker gedraai!  Omdat die XR hoer voel het ek eers my draaie gepaddle (ja lag maar!) en later het ek wye draaie begin ry. 

Het bietjie gewigs verplasing ook gedoen en ek moet se dit voel moeiliker om die XR tussen jou kuite rond te gooi as die TW.  Dalk omdat die bike hoer is? 

Oeeee!  Amper vergeet ek;  om te staan en ry met die XR is  poeding!  Geen vooroor gele-ery met 'n krom rug soos op die TW nie.  Nee.  'n Mens staan mooi regop sonder dat 'n mens jou knie hoef te buig  en 'n mens kan beslis beter sien waar jy ry omdat jou liggaamsposie beter is. 

Die XR het lekker krag, beslis meer as die Tdub.  As jy die petrol oopmaak  dan is die bike dadelik daar.  Met die tdub het dit 'n rukkie geneem voordat die bike gekliek het sy moet vinniger ry! 

Die XR se suspensie agter is wel nog baie soos die van 'n trampolien, so ek was maar versigtig oor die paar boomwortels wat ek gesien het en hobbels.  Ek is nog nie reg om te val met Charlie nie! 

Ek verstaan ook nou uiteindelik wat beteken dit om 'n losser bike te he.  Die tdub was soos 'n plank met wiele die XR is meer soos 'n besemstok.  Jy kan die hele bike onder jou voel beweeg en woel.  As jy oor 'n hobbel gegaan het die die tdub was dit net "glonk",  met die XR is dit meer van 'n jy voel hoe die voorwiel oorgaan dan jy en dan die los suspensie!  :biggrin:

Oppad huistoe van die speelplek af, het ek 'n klein bietjie vinniger gery ....    oe!  dit was lekker! 

Ek kan my maar net indink hoe dit moet voel om op 'n groot bike te ry.  Maar op die oomblik is my klein 1982 XR200 R vir my meer as genoeg.    :love1:

En die tdub was 'n goeie beginnersbike! 

Fluit-fluit my "ride report" is uit!
xxxxx
 
Hey N, keep practicing and start slow.Do the slow corners and figure of 8's and learn your bikes capabilities.
It will feel strange but the more you ride her the better you will get.
She is really a great bike and at one time or another most have ridden and enjoyed that kind of bike. I have owned 2.
So learn to kick a 4 stroke cold and hot.
As you ride her more you will get to know your specific bike and enjoy her more and more.
Good luck, all the best, safe and happy kms on your bike!
 
Thank You!

Sodra hy by my bly sal ek verseker baie met hom speel :biggrin:

 
Hi Dusty,

Kyk hier . Jy sal nie weer sukkel om jou bike te start nie. https://webviet.us/web-hosting/how-to-kick-start-a-honda-xl500r-or-xr500-motorcycle/
 
Dusty...congrats.

Is die gear lever 'n OEM, klink fishy dat jy hom so maklik aftrap.

Vir die clutch, kry a cable lube dingejie, en maak seker die kabel in die sheath is seepglad.

Klink vir my ook die shocks, veral agter, het 'n service nodig, en daarna stel die "sag"

Waar is die kiekies  :deal:
 
HI Dusty, well done! It is always scary riding a new bike. The XR200R is an absolute classic and loved by all.

The only problem with a kick start only bike, is when you're lekker tired and facing an uphill, or on it......"dis Kark". This, especially if you just fit on the bike. If you can, get a CRF230 she has a happy button, I ride a YZ250F and a WR450F and although the YZ250 is an absolute blast, I prefer to ride the WR450 because of the electric starter, I am too lazy to kickstart the YZ, especially after a long hard ride. The electric start was the best invention for a bike ever! especially for lazy guy's like me........ ;D

I am 6'4" so the tall bike thing is not a problem, but I have a friend who is vertically challenged, and each time he rides the YZ and stalls or stops, has to find an anthill or rock to assist as a step up >:D

Enjoy the Bike you ride :thumleft:
 
Dankie!  :)

Ek hou nogals van die ou XR bikes.  Ek sal graag eendag die 500 wil he! 

En blykbaar wil daardie bike eers getrap word! 

Wat is 'n OEM? 

Die kiekies kom, daar is ongelukkig net een waarvan ek weet!  Ek steur my nie eintlik aan picks as ek wil ry nie. 

Die voorste shocks is fine, dis die agterstes wat kapoet is.  But it's all good.  Dit was maar net om te voel hoe die bike voel.  Na die strip sal ek seker 'n ordentlik ent gaan ry!
 
Dusty Rusty said:
Dankie!   :)

Ek hou nogals van die ou XR bikes.  Ek sal graag eendag die 500 wil he! 

En blykbaar wil daardie bike eers getrap word! 

Wat is 'n OEM?  Original Equipment Manufacturer

Die kiekies kom, daar is ongelukkig net een waarvan ek weet!  Ek steur my nie eintlik aan picks as ek wil ry nie. 

Die voorste shocks is fine, dis die agterstes wat kapoet is.  But it's all good.  Dit was maar net om te voel hoe die bike voel.  Na die strip sal ek seker 'n ordentlik ent gaan ry!

Miskien het die oorspronklike een gebreek, en iemand het dit met 'n cheapie vervang.

My arm is af, ek kyk net kieikies....vir nog 3 maande  :-[

Vat die agtershock MP toe, dit is nie so duur nie...
 
Ai tog!  Dis nie goeie nuus nie! 

ROV Rat help my met Charlie.  Ek weet hy sal 'n goeie job doen en dis lekker om so bietjie te leer van wat met die bike aangaan.

Die naweek sal ek seker darem skroewe kan uitdraai! 

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=69395.20

Dis ongelukkig al foto's wat ek op die oomblik van hom het
 
Top