Dusty Rusty
Grey Hound
Hierdie is nie 'n regte ride report van ek en Charlie wat die bosse en berge ingevaar het en gery het dat die klippe spat nie. Nee, die naweek was die "leer ken mekaar" naweek.
Saterdag na sy diens was dit die eerste keer dat ek op hom gery het. Ever. Sjoe wat 'n verskil tussen die twee bikes!
Met beide van die bikes kan ek platvoet sit. Maar die XR voel hoer. 'n Mens se lyf is ook verder veg van die handlebars af.
Al sit 'n mens net op die XR kry mens dadelik die gevoel dat 'n mens meer kan sien.
Wel, die XR het net 'n kickstart en alhoewel dit nie geskop hoef te word soos die XR 500 en die groter boeties van die XR 200 nie kan ek net se ek het sommer lekker vinnig warm gekry! Die tdub het beslis baie makliker geskop.
Om op die XR te klim in vergelyking met die tdub is ook beslis anders. Waar 'n mens net klim op die tdub en pad vat is dit eers die been lekker hoog oor die saal optel en dan die bike tilt om die bike weer mooi regop te kry.
Oeeeee! En die levers maak seer! Veral die cluch. Seker maar omdat dit 'n bejaarde bke is. Waar die tudb se levers nader aan die handlebars gesit het en 'n mens dit net 'n entjie hoef te getrek het om dit toe te maak, moet 'n mens met die XR regtig jou hand so groot as moontlik probeer maak en met mening trek as jy 'n gear wil verander. En gepraat daarvan, .....blykbaar werk en te rof met die gear onder!
'n Mens moet dit nogals versigtig trap. Ek het Saterdag te hard getrap en toe't ek die ding gebreek. Toe moes ek al in eerste op en af in die pad! Gelukkig het ek my les geleer en Sondag het ek bietjie sagter met dit te werk gegaan.
Ek sukkel meer om nutreul te kry met die XR as met die TW
Aanvanklik het ek myself net eers probeer gewoond maak om te draai met die XR. Die TW het baie lekker gedraai! Omdat die XR hoer voel het ek eers my draaie gepaddle (ja lag maar!) en later het ek wye draaie begin ry.
Het bietjie gewigs verplasing ook gedoen en ek moet se dit voel moeiliker om die XR tussen jou kuite rond te gooi as die TW. Dalk omdat die bike hoer is?
Oeeee! Amper vergeet ek; om te staan en ry met die XR is poeding! Geen vooroor gele-ery met 'n krom rug soos op die TW nie. Nee. 'n Mens staan mooi regop sonder dat 'n mens jou knie hoef te buig en 'n mens kan beslis beter sien waar jy ry omdat jou liggaamsposie beter is.
Die XR het lekker krag, beslis meer as die Tdub. As jy die petrol oopmaak dan is die bike dadelik daar. Met die tdub het dit 'n rukkie geneem voordat die bike gekliek het sy moet vinniger ry!
Die XR se suspensie agter is wel nog baie soos die van 'n trampolien, so ek was maar versigtig oor die paar boomwortels wat ek gesien het en hobbels. Ek is nog nie reg om te val met Charlie nie!
Ek verstaan ook nou uiteindelik wat beteken dit om 'n losser bike te he. Die tdub was soos 'n plank met wiele die XR is meer soos 'n besemstok. Jy kan die hele bike onder jou voel beweeg en woel. As jy oor 'n hobbel gegaan het die die tdub was dit net "glonk", met die XR is dit meer van 'n jy voel hoe die voorwiel oorgaan dan jy en dan die los suspensie! :biggrin:
Oppad huistoe van die speelplek af, het ek 'n klein bietjie vinniger gery .... oe! dit was lekker!
Ek kan my maar net indink hoe dit moet voel om op 'n groot bike te ry. Maar op die oomblik is my klein 1982 XR200 R vir my meer as genoeg. :love1:
En die tdub was 'n goeie beginnersbike!
Fluit-fluit my "ride report" is uit!
xxxxx